Sies! Dis ‘n skande.

Desember 20, 2013 at 5:36 nm 3 Kommentaar

baba

Kan julle glo? Daar was blykbaar in die afgelope jaar ten minste 2000 gevalle van “Child abandonment” in Suid Afrika. Dit word blykbaar kinderverlating in Afrikaans genoem. Kinderverlating klink vir my soos soggens wanneer Mamma’s hulle kinders by dagsorg of die kleuterskool of Ouma se huis los omdat sy moet gaan werk. Dis in my boek glad nie dieselfde as die euwel van Child Abandonment nie. CHILD ABANDONMENT? Vra ek jou met trane in my baba bruin ogies. Na my mening is CHILD ABANDONMENT nie alleen hier ter sprake nie. Maar nou ja, blykbaar word die euwel van ‘n kind, in die geval ‘n hulpelose’ pasgebore baba, ‘n saak van kinder verlating en verwaarlosing deur die Justisie stelsel gesien. Die ou baba op die foto hier bo het die nie oorleef nie. Die ou dingetjie kon nie vir haar/homself ‘n ete losbedel vir oorlewing nie. Tog word so ‘n ma? (Ek is ‘n ma en neem aanstoot dat ‘n ding wat so iets aan ‘n baba kan doen, ook ‘n ma genoem word. Ek voel sommer grof beledig.) nie van moord aangekla nie, maar wel van verwaarlosing.

Die koerante en sosiale media sowel as waar daar geskinder word, wemel dit van sulke gevalle. In sommige gevalle met vol kleur foto’s soos die een hierbo. Tog skitter die gevalle in hulle afwesigheid op hofrolle en arrestasie verslae. Hoekom is dit so? Is dit dan reg as ‘n baba weggegooi word as dit jonk genoeg is? In die geval is die naelstring nog vas. Dit moes omtrent net na geboorte gebeur het. In nog ‘n koerant, ook een van die huidige week waarin ons lewe, is daar ‘n berig op die voorblad van ‘n 5 dae oue babatjie wat ook “verlaat” is. Die keer in ‘n plastiek sak toegeknoop op die treinspoor gelaat. Sekuriteitswagte het die ding dopgehou toe sy die baba in die sak toegeknoop het en op die treinspoor gelos het. Die blote feit dat die baba in die sak gesit was, heelwaarskynlik sodat sy kon versmoor as ‘n trein nie gou genoeg verby kom nie, het die baba se liggaamshitte konstant gehou en dus haar lewe gered.

baba1

Hierdie dametjie is nou vyftien dae oud en floreer blykbaar in die sorg van ‘n besorgde wit mens wie die ou babatjie ingeneem het en versorg het. Die blote feit dat oortredings van die aard gesoftsoap word met ‘n ou naampie soos “CHILDABANDONMENT AND NEGLECT” en dit heelwaarskynlik nooit sal maak tot in die geregshof nie, vertel vir my dit is toelaatbaar, solank die kind nog klein genoeg is.

Gedagte van die dag: Swyg Olga! Swyg! Die gereg sien dit nie as moord nie. Hoekom doen jy?

Advertisements

Entry filed under: Askies????.

Kers geskenke koop. Wat het geword van …. Integriteit

3 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  Desember 20, 2013 om 7:05 nm

    Dit laat my dink aan ‘n gedig wat ek op skool moes doen. Kan gelukkig nie die digter of die titel onthou nie.

    Dit gaan oor ‘n swart meisie wat haar baba op die ashoop los vir die honde om te verskeur. Die digter reken dan dat sy onskuldig is omdat sy ‘n slagoffer van apartheid is.

    Almal ken my mening. As jy nie reg is vir ‘n baba nie, sorg dan dat jy nie een maak nie.

    Antwoord
  • 2. Klip  |  Desember 20, 2013 om 7:31 nm

    Ek het nie woorde nie……………..Ek sal ook maar eerder swyg soos jy Olga

    Antwoord
  • 3. Klip  |  Desember 22, 2013 om 7:40 nm

    Donald Duck and Daisy Duck were spending
    the night together in a hotel room and Donald
    wanted to have sex with Daisy.

    The first thing Daisy asked was, “Do you have
    a condom?”

    Donald frowned and said, “No.”

    Daisy told Donald that if he didn’t get a condom, they could not have sex.

    “Maybe they sell them at the front desk,” she
    suggested. So Donald went down to the lobby
    and asked the hotel clerk if they had condoms.

    “Yes, we do,” the clerk said and pulled a box
    out from under the counter and gave it to Donald.

    The clerk asked, “Would you like me to put them
    on your bill?”

    “Thit No!” Donald quacked, “I’ll thuffocate!”

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: