Kers geskenke koop.

Desember 17, 2013 at 7:09 vm 3 Kommentaar

geskenke

Wat ‘n stryd. Dit word wraggies elke jaar moeiliker om geskenke te koop. Dalk is dit die hitte wat mens so uitput. Of dalk die pryse van die goed. Aan die anderkant weer, die pryse maak my eerder depressief. Dalk maar net dalk is die keuses die moeilikheid. Wat koop ek vir wie? Gaan sy/hy hiervan hou? Gaan hy/sy dit gebruik? Het hulle nie dalk al reeds so iets nie? Moet ek dit nie eerder vir XXXX gekoop het nie? Eh.

My noolste Nolie het reeds Saterdag gesê hy dink voortaan gaan hy net geskenkbewyse koop en vir almal gee. Toe wou Mina dadelik weet waar id die pret daarin? Toe wou ek nogal met haar saamstem. Maar teen daardie tyd was my voete so seer. Ons sou oorspronklik net as adviseurs saamgegaan het. Toe ek vir my kom kry, toe stoot Homer ook ‘n boeppens vol trollie die winkels vol. Ek moet egter erken, die malls was nogal taamlik stil. Dalk omdat die land in rou is??? Hoe dit ookal sy, ons het die stilte gebruik om self ons inkopies af te handel.

As ek nou soos Ousus was, het ek die mense betaal om my inkopies toe te draai. Maar nou ja, soos Mina gesê het, waar is die pret daarin? Tuis gekom wou Nolie en Mina hulle geskenke toedraai dan hoef hulle dit nie saam te piekel en volgende week weer al die pad terug te bring nie. Kan julle glo? Die vabond het nie eers een rol geskenkpapier gekoop nie. Hy wou die geskenke met koerantpapier toegedraai het. Toe het sy ma nie ‘n krieseltjie koerantpapier gehad om hom te gee nie.

In elk geval, nou kort ek geskenkpapier om nog die laaste paar geskenke toe te draai. Wie hou tog van geskenke toedraaai? Ag, hoe vergeet ek nou. EKKE!

Gedagte van die dag: So het elke diertjie sy plesiertjie.

Geniet die week en vir diegene wie alreeds op verlof is, geniet dit en kom veilig terug.

Advertisements

Entry filed under: Huis en Haard.

Wat het van die son geword Sies! Dis ‘n skande.

3 Kommentaar Add your own

  • 1. Kersgeskenke | Herriemerrie  |  Desember 17, 2013 om 12:21 nm

    […] die wat Olga so ywerig geskenke koop en toe draai, moet ek seker ook ‘n plan […]

    Antwoord
  • 2. Selene Phoenix  |  Desember 17, 2013 om 2:45 nm

    Ek is MAL daaroor om geskenke toe te draai! Die jaar is so lekker, ek koop net speel goed!! 🙂 Vir myself sommer ook ‘n pophuis gekoop hehe!

    Antwoord
    • 3. Olga  |  Desember 17, 2013 om 5:28 nm

      😆 oe, ek dink dis ‘n pragtige geskenk Leentjie en dan het jy nog ‘n speelmaatjie sommer in die huis. Dìt kan ook net leke wees.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: