Van onder die eier uit.

Desember 6, 2013 at 10:10 vm 3 Kommentaar

mandela

Ek was onder die indruk dat die man al 2011 oorlede is. Vroeg in daardie jaar was die laaste keer dat hy op sy eie met ‘n kamera in sy gesig met die media gepraat het. Toe het ‘n storie onder die plaaslike swart mense die rondte begin doen dat Mandela in Februarie oorlede is. Ons het iemand wie in ‘n ander provinsie woon eendag ontmoet wie uit die bloute aangekondig het dat die swartmense in sy provinsie te vertelle het dat Mandela dood is. Hoekom word dit nie aangekondig en aan die groot klok gehang nie? Dadelik het my tong weggehol met my en het ek gesê dat dit te ver van die die volgende verkiesing is om enige propaganda waarde te hê. Vanmore se eerste bbm dat hy oorlede is het ‘n eier avalanche eier in my gesig gebring omdat dit ook te vroeg is om regtig propaganda woorde te hê. Of is dit?

Ek was onder die indruk Mandela se dood sal kom nadat hy ‘n groot openbare of dan ten minste media konsert gehou het om ondersteuning vir die ANC en pres J. Zuma vr die 2014 verkiesing te vra.

Hy het gisteraand gesterwe. Nou sal ons seker almal gevra word om uit respek en nederige dankbaarheid vir die ANC te stem. Ek hoor die populêre datum vir sy begrafnis is 16 Desember. Met ander woorde die van ons wie nie dissipels is nie, sal in elk geval die dag herdenk, al sal dit vir ‘n ander rede wees. Volgende jaar gaan die menigtes wereld wyd begin druk die 18 Julie ook ‘n vakansie dag moet wees. Enter Mandela dag en die 16 Desember sal ook ‘n nuwe naam kry Exit Mandela dag. Ons weet mos hoe lief is die ANC om dorpe, stede, provinsies, strate te annekseer en nuwe name te gee. So hoekom nie dae ook nie?

GEdagte van die dag: Stil, siniese Olga. Laat jou swye respek toon.

Hoe dit ook al sy, hy het probeer om regverdig teenoor almal te wees. Rus in vrede tate Madiba. Alle simpatie aan sy familie.

Advertisements

Entry filed under: gleeenthede.

Elke een tel, Luister maar hoor nie.

3 Kommentaar Add your own

  • 1. Kameel  |  Desember 6, 2013 om 2:29 nm

    Kan ook net sê “Rus in vrede!!”

    Antwoord
  • 2. Klip  |  Desember 6, 2013 om 5:39 nm

    *snik*

    Antwoord
  • 3. Ramon V. Griffin  |  Desember 17, 2013 om 3:30 nm

    Ek probeer, Here, regtig, ek probeer. Ek versamel “scrap metal” en ek pas die mense se karre op by die Spar en soms kry ek ‘n “tip” of ‘n brood, maar ek vra nie ander mense om agter my te kyk nie, regtig! Ek sál nie vra nie! Ek kán nie, Here, ek voel ek mág nie! Ek sal eerder iets by iemand vat en u my laat straf – al is arm wees genoeg van ‘n straf. Ek sal eerder nóg straf vat, maar ek kán nie ‘n ander mens vir iets vra nie. Asseblief, Here, moet my nooit so arm maak, dat ek moet vra nie. Ek vra net vir u, Here, want u weet. U móét weet, want u het dan alles gemaak. Of het ék hierdie omstandighede gemaak? Is dit my skuld dat ek hier is? Is dit iets wat ek gedoen het en nou verdien ek om arm te wees? Miskien nog ek, Here, maar nie my kinders nie! Hulle het mos nie gevra om hier te wees nie. Hulle het mos nie gekies nie… Hoe maak u kinders en laat hulle doodgaan van koue … doodgaan omdat hulle nie medisyne kan kry wat die siekte stop nie? Hoe laat u kinders vanaand honger gaan slaap omdat hulle ma net water het om te kook? Hoekom laat u toe dat wrede, ryk kinders hulle spot uitspoeg na dit wat ons huis noem? Hulle weet nie wat hulle doen nie!

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: