Luister maar hoor nie.

Desember 6, 2013 at 11:24 nm 2 Kommentaar

Vrydag oggend toe ek wakker word van my selfoon se getjirp wat gesê het daar is nog ‘n bbm, het ek aangeneem dis my jeugvriendin wat ‘n môre sê boodskappie stuur. Wanneer ek wakker word, kan ek wragtig net met een oog op ‘n slag lees, dus neem ek aan die ander oog slaap dan nog. Be that as it may. Ek het gelees, die ander oog oop gemaak en weer gelees. Na die ander gescroll, almal het dieselfde gesê “Mandela is gisteraand dood.” Almal weet mos dat ek gedink het, hy is laaaaaanal dood.

Ewentwel, soos die gewoonte op Vrydag is dat ek dorp toe gaan, het ek so skrams na twaalf by my vriendinne aangekom. dan luister ons gewoonlik na die kerkdiens wat uitgesaai word voordat ons eet of gaan eet. Voor die diens, is daar gewoonlik versoekies vir gebed vir sommige mense of gebeure. Die een vriendin, Pam, was besig om tee te maak toe haar oor iets op die radio vang.

Vererg vra sy toe wat hulle storie vandag met Madiba is, hulle kerm al heeldag oor hom ”
and it’s all about condolennces. Now I’m asking you” sê sy taamlil vererg. “Did his dog vrek or did his cat vrek?” Huh? Elo? Haar radio is al heel môre aan want hulle het die ‘Rosary’ ook al geluister. Sy klap sommer die suikerpot op die skinkbord neer en kyk na my vir ‘n antwoord. Kan julle glo? Toe het sy wragtig nie geweet nie. Die ander een het deur ‘n tydskrif gesit en blaai. Twee meter van die radio af. Toe sê ek: “No. He vrekked last night.” (Die VREKKED was nie uit disrespek nie, maar eenvoudig omdat sy die woord gebruik het. As dit die koningin van waarookal was, sou ek die woord ook gebruik het.) Sy het na my gekyk en begin lag. Toe skree sy “Hilda, did you hear what this mad woman says? She say Madiba vrekked last night.” Hilda het opgespring en ook begin lag. Toe het hulle agtergekom ek lag nie saam nie. “He really died last night.” Het ek gesê en Hilda het gesê “You’re talking nonsense.”

Toe die stem op die radio weereens ‘n versoekie uitlees wat “Condolences” oordra aan die Mandela familie met die heengaan van Madiba. Toe luister die twee al ‘n twee ure of meer radio sonder om te hoor wat gesê word. Is dit nie maar nes ‘n mens is nie?

Geniet die naweek. Bly droog.

Advertisements

Entry filed under: Mense en hulle dinge.

Van onder die eier uit. Uxolo! Ntate

2 Kommentaar Add your own

  • 1. Klip  |  Desember 7, 2013 om 7:05 vm

    Dis soos wanneer ek die Hustler lees, As iemand my vra wat ek gelees het kan ek ook se ek weet nie wat geskryf staan nie

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Desember 7, 2013 om 9:44 vm

      Maar jy het al die foto’s gesien. 🙂

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: