Vir Reinhardt

Desember 2, 2013 at 7:22 vm 14 Kommentaar

Ons het Saterdag Nelpruit toe gegaan en na “The Naked Sheep” wol winkel gegaan om foto’s te gaan neem van hulle boom wat ook aangetrek is. In volle glorie getooi met hekellappies wat daarom gespan is. Ek het sommer ook die pilare afgeneem want dis ook pragtig met hekelwerkies versier. Spesiaal vir Reinhard.

Ek is nie seker hoe lank terug ek die wol winkeltjie ontdek het nie, maar wat ek wel weet is dat die boom van die begin af, geklee was in die lappies. Dit begin nou egter verbleik, die Laeveldse son is darem nie
‘n lammetjie nie.

Gedagte van die dag: Eintlik sien ons die son deesdae so selde dat ek nou mer verlange gevul is.

Advertisements

Entry filed under: Mense en hulle dinge.

Versoek haar nie Tref voorsorg.

14 Kommentaar Add your own

  • 1. Natasha  |  Desember 2, 2013 om 9:44 vm

    Dit is vrek mooi!

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Desember 2, 2013 om 6:10 nm

      Regtig besonders, ek stem saam.

      Antwoord
  • 3. Klip  |  Desember 2, 2013 om 12:15 nm

    Ek sien tattoo’s nou in n ander lig.
    Hekel n tattoo en maak n biker gelukkig

    Antwoord
    • 4. Olga  |  Desember 2, 2013 om 6:11 nm

      😆 Nou is jy nie ‘n biker nie, Klip. Anders kon ons dit beproef het. ;

      Antwoord
      • 5. Klip  |  Desember 3, 2013 om 7:58 vm

        Ek ry nie op n ding wat nie n dak liggie het nie

  • 6. Klip  |  Desember 2, 2013 om 12:17 nm

    Daar is seker nie hondjies wat teen daai boom pieps nie?

    Antwoord
    • 7. Olga  |  Desember 2, 2013 om 6:14 nm

      Wel, ek sal nie dat my hond daar “oorhaal” nie.

      Antwoord
  • 8. Reinhardt  |  Desember 2, 2013 om 1:52 nm

    Ag dankie Olga. Dis pragtig! Ek was baie stil die laaste ruk, het ‘n paar uitdagings gehad waardeur ek werk. Ek sal nog met jou opvang, intussen heniet ek jou blog. 🙂

    Antwoord
    • 9. Olga  |  Desember 2, 2013 om 6:12 nm

      Noudat ek weet jy is nog op en aan die gang Reinhardt, sê ek verder, “GENIET DIT!”

      Antwoord
    • 10. Kameel  |  Desember 3, 2013 om 10:59 vm

      Ek gaan loer ook kort kort of daar nuwe fotos op is Reinhardt. Gedog jy het jou kamera ingeruil vir ‘n ander hobby 🙂

      Antwoord
  • 11. Klip  |  Desember 3, 2013 om 7:59 vm

    Die laaitie vra vir sy pa:
    “Pappa, ek weet babas kom uit hul
    ma’s se maag, maar hoe kom hulle daar in die eerste plek?”
    Nadat die pa effens ge-um en –ah het voordat hy probeer antwoord,
    kom die kommentaar: “Pa hoef nie ’n storie uit te dink nie,
    dis alles reg as Pa nie weet nie.”

    Antwoord
    • 12. Olga  |  Desember 3, 2013 om 9:42 vm

      Een van die dae vertel hulle ons.

      Antwoord
  • 13. Kameel  |  Desember 3, 2013 om 10:57 vm

    Dit is nou te pragtig!!!

    Antwoord
  • 14. Klip  |  Desember 3, 2013 om 12:44 nm

    “Om tienuur skakel ek die ligte af,” sê die kwaai pa vir die ou wat by sy dogter kom kuier.
    “Nee, dis reg,” antwoord die ou.“Ek het in elk geval nie kom lees nie.”

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: