Versoek haar nie

November 29, 2013 at 7:46 vm 5 Kommentaar

Ek het lanklaas van my gunsteling oom geskinder. Alhoewel, die keer is dit eerder van sy ma wat ek wil praat, nie hy nie.

Kyk, my groot-tante Doep was ‘n stoere vrou. Doep geword deur troue nie gebore nie. So sy was dan nie ‘n danige prater nie. So het sy, nes my Papa, eerder geheel en al glad nie van ‘n mens gepraat tensy hulle goed van die mens kon praat nie. Dit was in albei se gevalle ‘n karakter eienskap van hulle wat aan een en almal bekend was.

So gaan kuier die liewe Padré een keer by tante Doep. Hy besluit toe dan hy gaan toets. Hy het absoluut elke slegte eienskap moontlik aan die duiwel toegedig. Tante Doep het net na hom bly kyk. Toe sluit die Padré maar af en sê die duiwel bly maar ‘n slegte karnallie. Eerder te vermy, onder alle omstandighede. Tensy jy natuurlik in die vuur van die ewige verdoeming wil beland.

Nadat die Padré sy groot vertelling afgesluit het en na sy bybel getas het, het tante Doep haar spreekbeurt geneem en hom vertel “Ja, nee Vader. Daar is darem ook een goeie eienskap aan ou Satan.” Die Padré het haar aangekyk asof sy van lotjie getik was. Toe het sy dood bedaard aangegaan en gesê: “Hy het wragtig nie een lui haar op sy kop nie.”

Gedagte van die dag: Praat goed van almal, dalk bewys hulle jou reg.

Geniet die naweek en bly veilig.

Advertisements

Entry filed under: Staaltjies.

Bitch Vir Reinhardt

5 Kommentaar Add your own

  • 1. KlipKlip  |  November 29, 2013 om 2:09 nm

    A man was walking across the road when he met the accident. The impact was on his head which caused him to be comatose for two days before he finally regained consciousness. When open his eyes, his wife was there beside him.

    He held her hands and said meaningfully : “You have always been beside me. When I was a struggling university student, I failed again and again. And sometimes, even my re-papers as well. You were always there beside me, encouraging me to go on trying.”

    She squeezed his hands as he continued :”When I went for all the major interviews and failed to clinch any of the jobs, you were there beside me, cutting out more advertisements for me to apply.”

    He continued “Then I started work at this little firm and finally got to handle a big contract. I blew it because of one little mistake. And you were there beside me.”
    Then I finally got another job after being laid off for some time. But I never seem to be promoted and my hard work was not recognized. As such, I remained in the same position from the day I joined the company until now…And you were there beside me.”

    Her eyes brimmed with tears as she listened to her husband. “And now I met an accident and when I woke up, you are here beside me……..There’s something I’ll really like to say to you…”

    She flung herself on the bed to hug her husband, and sobbing with emotion.

    He said…, ” I think you really bring me bad luck..”

    Antwoord
  • 3. Olga  |  November 29, 2013 om 8:55 nm

    Ek sien jou evil twin het saam gekom?

    Antwoord
  • 4. Klip  |  November 30, 2013 om 7:08 vm

    Goeie more . Ek sien toe ook hier is nog n klip op my skouer.

    Antwoord
    • 5. Olga  |  November 30, 2013 om 9:39 nm

      Maar jy het darem die klippertjie afgerol gekry?

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: