Talks like a woman and vloek soos ‘n man.

November 24, 2013 at 11:14 nm 8 Kommentaar

Ons het Saterdag vir BB gehelp trek na ‘n woonstelletjie in Middelburg. Toe ons gedoen het wat ons kon om te help, het ons vertrek te midde van Homer se klagtes oor hoe honger hy is. Ari gedori nog voor die bult het ons gesien dat ons reg by PnP se parkeerarea verby gaan.

Homer het gestop en gevra vir ‘n pastei. Ek het ingestap en nog voordat ek by die deur ingegaan het, het ek ‘n defnitiewe vrouestem hoor sê “Middag dame.” Ek het gekyk en daar het ‘n wit mens gesit-lê teen die muur. Dit was ‘n geval van “talked like a woman but looked like a man.” die persoon het nie gestap nie, maar daar gesit-lê teen die muur. Ek het terug gegroet soos my wyse Moedertjie my geleer het. Toe kom die verbasende vrouestem weer “Ek soek geld.” Ek kon net antwoord “Lekker man.”

In die verbystap, het ek gesien dat Pep nog oop was en gou ingehol want toe het ek weer onthou dat BB daar in sy woonstelletjie was sonder enige vadoek. Ons het Homer se bril-lap by hom gelos totdat hy winkels toe kon gaan om te gaan koop. Ewentwel, behalwe die opwas en afdroog lappe het ek ‘n skoppie en handbesem onder andere ook gekoop. Toe het ek uitgeloop om die goedjies gou in die bakkie te gaan bêre sodat ek ‘n pastei of so by PnP kan gaan koop. Daar het ‘n dame ook by die deur gesit met
n pennieblik en geld gesoek vir gestremde kinders. Sy het ‘n brief met ‘n amptelike stempel gehad en ek het met my hande vol gesê dat ek net gou die goed wil gaan bêre dan sou ek haar ‘n donasie kom gee.

Sy het my vreeslik skepties aangekyk en ek het haar verseker ek sal terug kom. ek het buitendien nie kontant by my gehad nie, behalwe die paar sente wat ek so pas by Pep van my R100 teruggekry het. Wragtig toe ek by die deur uitkom het die man met die vrouestem my weer vertel “Onthou om my geld ook saam te bring. Ek het jou eerste gevra. So met die uitkom het ek gesien dat daar ‘n wegneem-ete plek se sak nou ook daar staan. Maar ek kon ook sien dat daar twee boksies in was. Wat my laat wonder het of dit ‘n donasie kon wees. Mens gee tog nie twee “Streetwise” etes nie. Daar was defnitief twee bokse in die sakkie. Daar het ook ‘n blik Coke gestaan en nog een in ‘n sakkie.

Ek het vir Homer gevra of hy kleingeld gehad het. Hy het ‘n noot gegee en twee munte wat dieselfde waarde as die noot het. Maar toe ek aangestap kom, het die bedelaar ‘n pakkie uit sy sak gehaal wat ek seker was Stuyversant was. Elo? Sigarette maar jy wil geld vir kos bedel? Nee! Nee! Nie by Olga nie. Ek betaal nie vir enige een se sigarette, drank en prostitute nie. Toe ek verby gestap het, het die mens agter my aangeskree “Dame, hier is ek. BRing my blerrie geld hier. Jy verwag tog nie ek moet agter jou aanloop nie.” Toe het ek egter net omgedraai en gesê “As jy kan rook, kan jy bekostig om te eet.” Voordat ek ingestap het. Sal die mens mos mooitjies wag totdat ek die geld vir die vrou met die pennieblik gee om agter my aan te sis “Fokken teef.” Weet jy die lus was om die mens sommer in die ribbes te gaan skop? Sommer sy / haar tande ook uit te skop. Teef? Fokken teef inderdaad.

Die kompleks was amptelik toe toe ek uitgekom het. ek wou so graag gewag het om te sien hoe die mens daar weg sou kom, maar Homer wou voor donker tuis wees.

Gedagte vir die dag: Dankie Vader vir ‘n sterk skoot selfbeheer.

Geniet die week.

Advertisements

Entry filed under: Askies????.

vyf en dêtag Inkopies

8 Kommentaar Add your own

  • 1. thysleroux  |  November 25, 2013 om 8:01 vm

    Olga! dankie dat jy daar by my kom inloer het! Hierdie inskrywing laat my dink aan the Kinks se “Lola”, onthou jy daai een?

    Antwoord
    • 2. Olga  |  November 25, 2013 om 11:26 vm

      Dit was presies waaraan ek gedink het. Ook gedink die geldjie sou my laat sien of daar kurwes is wat die geslag sou weergee. 😉

      Antwoord
  • 3. Selene Phoenix  |  November 25, 2013 om 11:26 vm

    Sjoe ek sou daar persoon sommer met iets wou gooi, want net om te dink om aan “dit” te vat sou my naar maak! Ek weet van mense in daai omgewing wat mense help – so “dit” wil lyk dit my op die straat sit.

    Wonder hoe die PnP dit toe laat!

    Antwoord
    • 4. Olga  |  November 25, 2013 om 1:12 nm

      Ek het al dikwels geswonder hoekom die inkopiesentrum dit toelaat. Dalk wil hulle eerder hê ons moet ander plek gaan koop of vir die mense die geld gee. Glo my Lietjie, “dit” was skoon en netjies aangetrek vir ‘n straatloper. Homer het gehoor dat “dit” gepraat het en wou weet wat “dit” gesê het om my rug so styf te trek.

      Antwoord
  • 5. Kameel  |  November 25, 2013 om 3:33 nm

    Ek weet nooit wat om met hierdie mense te doen nie. Hierdie mens was voorwaar voor op die wa 😯

    Antwoord
    • 6. Olga  |  November 25, 2013 om 8:41 nm

      Ek was regtig van voornemens om die persoon ook ‘n donasie te gee, Sally. Maar as jy kan rook, Peter Stuyversant ook nog (Seker by R30 per pakkie 20?) kan jy kos koop ook.

      Antwoord
      • 7. Kameel  |  November 26, 2013 om 11:59 vm

        Ek voel ook so oor die rokery, en dan bedel Olga. Dit is nou maar eenmaal ‘n feit, eers geld vir drank en sigarette… en daarna kos. 😦 Sad state of affairs!!!

      • 8. Olga  |  November 26, 2013 om 6:11 nm

        Net so Sally. Die dem ergste is wanneer hulle by supermarkte toegelaat word om te bedel asof die die supermark-mense alreeds nie diep genoeg in ons beursies geklim het nie, dan kom jy nog die mense tee voordat jy binnegegaan het. So teen die tyd dat ek daardie pakkie “kaas en uie” tjippies in die trollie sien, dan dink ek aan die persoon buite en sit maar die ou pakkie tjippies neer. Dis R10 wat daar buite kan help. Vra maar nie waarvoor nie. Ek sal nou altyd wonder. Snaak hoedat die mense wat regtig nood het, jou kar wil was, oppas of self in jou tuin wil kom werk. Die ene wat “entitled” voel is altyd die wetter wie op jou gewete werk en dan nog aggro raak.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: