Dis mos weer lente.

November 18, 2013 at 9:45 vm 7 Kommentaar

Ek het gisteraand gesit en vandag se post getik toe die weer, wat al ‘n paar ure lank gerammel het, skielik woes raak en uit is die krag. Ek dink Klip was nie aan diens nie. Maar in elk geval. Net ‘n paar minute later het die krag weer aangekom. Toe het ek maar weer bietjie pêrefien in ou Sally gegooi en haar gestart. Genugtig tot nou toe nog toe. My post was weg.

Wel, alles was nog vars in my geheue en ek het oor begin. Gou opgestaan om ‘n teetjie te maak. Kan jy dit oorvertel? AF IS DIE KRAG. Die swets het nog uitkom plek gesoek, toe was die krag weer aan. Gou weer bietjie pêrefien en aan is ou Sally. &^%$#$ )(^&% *%#@$!!!!!!! Kyk, ‘n grap is ‘n grap. Maar dit raak darem bietjie dik vir ‘n daalder. Toe sit ek vir Sally af. Nie weer nie. Bogger dit. Bed toe met my beker tee en ‘n boek. Kan jy dit glo? Drie hoofstukke verder, brand die ligte steeds en net ek is by die huis. Gou op om vir Bessie uit te sit terwyl die pêrefien weer inloop.

Weer my sit gekry en die toetse laat sing. Bessie het later by die deur geroep en ek het gou opgestaan om die deur vir haar oop te maak. My selfoon het in die kamer gelê, saam met die enige iets anders wat ‘n bietjie lig kan verskaf was in die kombuiskas. Kadwa!!!! Slaat die donnerweer en die blits het al vinger oopmakend deur die lug geklief. Terwyl ek die straal met my oë gevolg het. Toe die vuurvingertjies oopkloof en verdwyn, hoor ek die “surge protector” tik, tik, tik. Af is die krag. Daar het ek toe by die deur gestaan, in die pikdonkerte. Sleutel gedraai in die veiligheidshek maar was in my kanon om die regte sleutel vir die hout – en – glasdeur te vind. Dit moes maar genoeg gewees het om net die deur toe te maak. Wel, ek was nie van plan om Sally se pêrfietjies te deel met ‘n lamp nie en het toe maar twee kerse opgesteek en weer op my bed met my boek tussen die liggie wat die twee gooi gaan sit. Net die blakers het hulle uitmekaar gehou.

Vyf hoofstukke later was die krag steeds af. Ek het gou deur die venster gaan loer. Soos julle kan dink het die stoor se alarm drie minute aaneen geloei dan was dit weer vir drie EN NET DRIE sekondes stil dan weer die allertreurigste geloei vir blerrie drie minute aaneen. Drie hoofstukke later, tref iets my maar ek kon toe nie besluit of dit die “surge protector” of ‘n kriek was nie. Nog ‘n hoofstuk later, toe val iets anders my op. Dis heelwat ligter in die kamer. Ek het gou gaan loer of die maan agter die wolke uit is. Dit het dan nog steeds gereen Dan harder dan sagter en op die stadium was dit reeds sagter. Toe sien ek dat al wat stoor en straatlig het gebrand. Geen wonder dis ligter nie. Hoekom is ek dan nog in die donker?

Gou die flits gegryp en na die kragpaneel gehaas. Wragtig getrip. ‘n Paar swetse later was daar lig. Maar toe was dit al na middernag ek het ek maar ligte afgesit, die kerse doodgeblaas en in die bed geklim. Toe ek vanmore weer vir Sally gestart het, WHAT DO YOU KNOW? Uhm, well, this is embarrassing….” Nou, ja. Toe sê ek “HOU DIT”

Gedagte van die dag: Glimlag Ollie.

Geniet die dag en die week.

Entry filed under: Bitch en Moan.

Kyk hoe hard val die reën Die goeie meester

7 Kommentaar Add your own

  • 1. Klip  |  November 18, 2013 om 10:45 vm

    Hallo Olga
    Dieselfde het my ook al oorgekom, nou is die kragboks die eerste waar ek gaan kyk of die toevoer nie dalk uitgeklink het nie.

    Antwoord
  • 2. Klip  |  November 18, 2013 om 10:53 vm

    THE HINGE
    Charlie was installing a new door
    And found that one of the hinges was missing.

    He asked his wife Mary if she would go
    To Builders Warehouse and pick up a hinge.

    Mary agreed to go.
    While she was waiting for the manager to finish serving a customer,
    Her eye caught a beautiful bathroom Tap.

    When the manager was finished, Mary asked him, “How much is that Bath Tap?”

    The manager replied, “That’s a gold plated Bath Tap and the price is R3450.00.

    Mary exclaimed, “My goodness, that is a very expensive Tap.
    It’s certainly out of my price bracket.”
    She then proceeded to describe the hinge that Charlie had sent her to buy.

    The manager said that he had them in stock and went into the storeroom to get one.

    From the storeroom the manager yelled.
    “Ma’am, do you wanna screw for the hinge?”

    Mary paused for a moment and then shouted back,
    “No, but I will for the Bath Tap.

    This is why you can’t send women to Builders warehouse.

    Antwoord
    • 3. Olga  |  November 18, 2013 om 11:05 vm

      😆 😆

      Antwoord
  • 4. Klip  |  November 18, 2013 om 11:01 vm

    Lekker man Lekker

    • Dit reën al vir 3 dae in Witbank. Al wat my skoonma doen is deur die venster staar. As dit so aangaan , sal ek haar seker moet laat in kom!

    • Ek loop uit Witbank Spar met ‘n Pie & Coke. Boemelaar sê dat hy 2 dae laas geeët het. Ek sê vir hom Fokkit ek wens ek het jou wilskrag gehad

    • Witbank Graad 1 vraag – Wat is manlik en vroulik van meel? Mieliemeel en koekmeel.

    • Witbank seun: Ma die kinders spot my oor my groot ore. Ag, moenie jou aan hulle steur nie. Staan net bietjie soontoe dat ma die TV kan sien.

    • Hoekom word daar nie karre in Witbank gesteel nie? Want in elke huis woon daar ten minstens 2 karwagte!

    • Wat noem jy dit as iemand ‘n kar oor spray in Witbank ……. Change of ownership.

    Witbank bo!!!

    Antwoord
    • 5. Olga  |  November 18, 2013 om 11:08 vm

      😆 😉 🙂 Die klem verskuif nou. Whew. ek sal een van die dae kan sê dat ek van Brakpan kom.

      Antwoord
      • 6. Olga  |  November 18, 2013 om 11:09 vm

        😳 Het ek die naam wragtig hardop gesê?

  • 7. Klip  |  November 18, 2013 om 12:16 nm

    Na aanleiding van n kommentaar wat vroeer gelewer was

    “”ongelukkig vat dit alle soorte om die lewe vol te maak. witbank rubbish ook.””

    Het gedink aan al die “rubbish” wat hier in ons stad woon.

    Antwoord

Lewer kommentaar op Klip Kanselleer antwoord

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter