Die goeie meester

November 18, 2013 at 11:29 vm 10 Kommentaar

‘n Goeie meester kan geëien word aan die vordering wat sy student maak, nie waar nie? Eers was onse prossie en die fucked upste kleuter in die hand vreeslik hand op die blaas. Toe was hulle geswore vyande en die arme kleuter word uit die ANC en ANCYL geban. Te leke. Maar ons ken mos al teen die tyd die kleuter.

Gou bons hy terug as leier van die EFF. Die Economic Freedom Fighters. Almal het kop geskud en gesê dit gaan nie werk nie. Dit kan nie. Hello? Sy volgeling – getalle lyk glo baie goed as mens in ag neem dis ‘n politieke party wat eers heelwat onlangs gestig is.

Nie net dit nie. Sy saak waarin hulle beskuldig word van bedrog, korrupsie, geld wassery en uitbuitery (fraud, corruption, money-laundering, and racketeering)is so pas tot Oktober 2014 uitgestel. Great. Geen wonder die hofrolle is stampvol onafgehandelde sake nie. Hy het blykbaar ook aansoek gedoen om op alle klagtes vrygeskeld te word. Whoop! Whoop! Viva die tegstelsel van Nuwe Suid Afrika!

Maar waar het ek al voorheen identiese klagtes teëgekom? Wat? O, ja. Dit was ons agbare pressie wie op oor die sewehonders (HUH? MEER AS SEWHONDERD????) sulke klagtes wat boewery as ‘n bonus ingesluit is, kwytgeskeld was. Sien julle waar gaan ons heen?

Gedagte van die dag: ‘n Goeie meester kweek ‘n beter student as homself.

Advertisements

Entry filed under: Go Go.

Dis mos weer lente. Wat praat jy?

10 Kommentaar Add your own

  • 1. Klip  |  November 18, 2013 om 12:09 nm

    Hond eet hond!!

    Antwoord
  • 2. Klip  |  November 18, 2013 om 12:23 nm

    Warm koppe!!!………g’n wonder hulle dra rooi beret’s nie

    Antwoord
    • 3. Olga  |  November 18, 2013 om 4:36 nm

      Bo oor blink Vaseline koppe.

      Antwoord
  • 4. Klip  |  November 18, 2013 om 2:14 nm

    Oude Meester het my ook al baie geleer

    Antwoord
    • 5. Olga  |  November 18, 2013 om 4:36 nm

      Veral jou tong geolie. 😉

      Antwoord
  • 6. maans  |  November 18, 2013 om 7:05 nm

    ek reken hy gaan net dle stoel warm hou. ek wil graag een ding weet ne. wat maak hulle struggle anders as wouter basson sin. hoekom kak hy in die pomp en die swartes is helde van die struggle. altwee kampe het lelike dade gepleeg.

    Antwoord
    • 7. Olga  |  November 19, 2013 om 11:59 vm

      Goeie vraag. Ek het al dikwels gewonder oor dieselfde ding enige struggle het mos twee kante gehad. Ek sou dink die ou Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag moet verantwoordelikheid (OF was dit SAP?) neem vir Wouter Basson se dade. Hy het dit seker in die lyn van sy plig gedoen. Ek sal wragtig nie weet nie. As hy dit oor hulle koppe gedoen het, was dit in elk geval hulle plig om hom daarvoor te straf.

      Antwoord
  • 8. Klip  |  November 19, 2013 om 1:40 nm

    Die spoke van die verlede gaan ons bly jaag. Wit spook , swart spook, noem dit wat jy wil.

    Antwoord
  • 9. Klip  |  November 19, 2013 om 1:41 nm

    Nou vertrou ek maar op die Liewe Meester

    Antwoord
    • 10. Olga  |  November 19, 2013 om 10:45 nm

      Hy weet darem beter as Oude Meester.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: