Molle Ouma

November 11, 2013 at 9:26 nm 5 Kommentaar

frikkie

Ek het die afgelope naweek die amper 400km,s terug na die ou tuisdorp aangedurf. Wel, Homer was saam. So toe was dit darem heel aangenaam. Alhoewel mens deesdae soveel trokke op die pad kry dat dit meer as net ‘n blerrie irritasie is.

Ons het ons mensies, ons liefies, ons kleinkinders, gaan oppas vir die naweek. Dit was tog so lekker om hulle net vir onsself te hê. My Frikkedillie wat wat ewe parmantig vir my vra ” is ek nie dierbaar nie?” toe ek hom bedank en prys omdat hy iets uit sy eie gedoen het. Toe sê hy, “So by the way, ek het Ouma Maandag geteken by die skool en hardloop gou op sy twee lang maer bene weg kamer toe om my portret te gaan haal. Dit is nou teen die yskas opgesit.

Die twee grotes wie kort kort hap na mekaar. Soos alle voortieners maar is, die die een bang die ander ene gaan minder as hy / sy doen. Dan was daar my Marshmallow – Meisie. Net drie jaartjies oud. Sy het elke more voor die bed kom staan. Ek moet hier erken, sy staan al voor haar ouma op. Dan het Oupa en die ouer kinders haar besig gehou. Maar wanneer sy die geleentheid gekry het, het sy voor die bed kom staan. Haar haartjies soos ‘n sonneblom se kroonblare om haar gesiggie. Dan het sy geroep “Ouma, is jy wakke?” Ek sou dam my oë op ‘ skrefie oop maak en sê: Jaaaa. Môre my Poppie.” Dan sou sy op die bed spring en sê: “Molle Ouma, ek het jou ‘n soemtjie gebling hoor.” Waarop sy dan die daad by die woord sou voeg en my wawyd wakker soen.

Gedagte van die dag: Kindertjies is sowaar die hemel se pêrels. Ons moet hulle altyd oppas en bewaar.

Advertisements

Entry filed under: Hartsake.

Waar is dit nou? Meer dae meer dinge

5 Kommentaar Add your own

  • 1. Toortsie  |  November 12, 2013 om 8:30 vm

    Oeeee ek is heel tranerig na ek my liefiekind gaan aflaai het.

    Antwoord
    • 2. Olga  |  November 12, 2013 om 12:45 nm

      eisj, ek ken daardie gevoel. Maar ons moet terugstaan en laat gaan nê. Dan lag ek maar hard sodat die traan as ‘n lagtraan verby gaan.

      Antwoord
      • 3. Toortsie  |  November 12, 2013 om 1:06 nm

        Tjank al 2 dae. Dit moet nou end kry.

  • 4. Kameel  |  November 12, 2013 om 1:15 nm

    Ek het altyd gewonder hoe jy lyk Olga…. nou weet ek!!!
    Laat ons skyn vir Jesus met ‘n helder glans….. net ‘n kind kan dit doen.

    Antwoord
    • 5. Olga  |  November 12, 2013 om 11:04 nm

      My Frikkedillie is ‘n ware kunstenaar, Sally. 😉

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: