Waar is dit nou?

November 6, 2013 at 10:48 nm 6 Kommentaar

Elke jaar omtrent hierdie tyd sal ‘n swerm bye in my tuin kom rus. Hulle bly ‘n paar ure waartydens hulle bedrywigheid soms met ‘n bietjie angstigheid dopgehou word. Dis eintlik ongelooflik hoe hulle kan raas. Die gedreun van hulle gezoem, die tik tik tik teen die ruite soos hulle kort kort teen die vensters vas vlieg, die malle beweging wat nooit stil word nie.

Ek het die vensters aan die kant waar hulle die bedrywigste was altyd toegemaak en die outjies wat wel reggekry het om binne te kom sou ek dan oorreed om weer deur ‘n skrefie wat ek die venster oopgemaak het, uit te vlieg. Dit het nog altyd gewerk. Lapman blaf mos in kode. Dindag het ek gehoor hy gebruik die “Kom verduiedlik tog gou” blaf. Terwyl ek in die gang afgestap het, het ek die bye weer gehoor. Ek het die kamervensters by voorbaar die een na die ander gaan toemaak. Mensdom! As ek kon, sou ek ook Lapman se kode gebruik het. Die bye het verdwaal. Hulle het nog nooit aan die agterkant van die huis saamgedrom nie.

Toe ek in die kombuis gekom het, was daar sommer ‘n klomp bye in die kombuis. Ek het die vensters toegemaak. Toe het ek die deur ook toegemaak en in die tuin gaan vroetel. Toe honger en dors my ‘n paar ure later weer kombuis toe gejaag het, was die dosyne bye teen die ruite vergader in hulle soeke na ‘n pad buitentoe. Ek het weer die vensters op ‘n skrefie oopgemaak en hulle met ‘n opgerolde koerant in die regte rigting begelei. Die malle gejaag van die bye buitekant was nog in volle swang. Ek het dit vreemd gevind maar nou ja. Hulle verstaan nie Afrikaans nie.

Na nog ‘n paar kruiwavragte takke en dooie blomkoppe was ek behoorlik lippe op die klippe. Gedorie, ek het nog in die gang afgekom, toe hoor ek al die bye kuier nog vreeslik lekker. Dis was al ses ure sedert ek hulle ontdek het. Ander jare het hulle ‘n uur of twee gebly. Ek het toe suutjies uitgegaan en hulle beskou. Hulle het die heeltyd luidrugtig in en ‘n skeur in die houtmuur gevlieg en om die skeur saamgekoek. Lapman wou nie vir ‘n vy nader aan die rasende, vlieende, malende massa gekom het nie. Ek was maar te bly daaroor want gewoonlik is die hond mos in FIAT. “First In All Trouble.” Ek het begin kos maak en toe alles gaar was, het ek besluit die bye was op die “verkeerde” plek omdat hulle gaan bly. Ek het ‘n vriendin gevra wat ek kan doen om hulle te verwilder. Sy het laat weet “Byt vas tot donker. ‘n Byeboer gaan hulle kom haal.”

Hy het nie hier uitgkom nie. Woensdag oggend was hulle nog steeds raserigbedrywig. Ek het my gang gegaan en hulle hulle gang en Lapman het sy gang gegaan. Nodeloos om te sê het nie Bessie of Katterjaans ‘n saak met hulle nie. Toe dit begin skemer raak, het die vriendin gebel en gesê die byeboer was oppad. Moet sy my kom geselskap hou terwyl hy sy ding doen. Gedoriewaar. Toe die man hier opgedaag het, was die bye skoonveld. Daar was nie ‘n teken van enige van hulle nie. Nerens nie. Daar was nie ‘n vlerk, ‘n dooie by of enige gezoem om te getuig dat hulle ooit hier was nie.

As dit nie was dat Bettie hoogs ontstoke wou weet hoekom ek hulle nie met “Doom” gespuit het nie, sou ek wragtig gedink het dat ek my die hele bye petalje verbeel het.

Gedagte van die dag: Die bye petalje het my darem geleer dat Lapman vir homself kan dink.

Advertisements

Entry filed under: Diere Maniere.

Dis sommer bakgat. Molle Ouma

6 Kommentaar Add your own

  • 1. Klip  |  November 7, 2013 om 10:29 vm

    Dink ek nou aan die liedjie “Die gezoem van die bye”

    Antwoord
  • 2. Klip  |  November 7, 2013 om 10:31 vm

    Dominee: “Gatiep, hoeveel vroue dink jy moet ‘n man hê?”
    Gatiep: “Sestien, Dominee.”
    Dominee: “Hoekom sestien?”
    Gatiep: “4 richer, 4 poorer, 4 better, 4 worse! “

    Antwoord
    • 3. Olga  |  November 11, 2013 om 6:23 nm

      Whew, ou Gatiep het high hopes.

      Antwoord
  • 4. Toortsie  |  November 7, 2013 om 11:11 vm

    Ek dink jy moet “beys” leer praat!!

    Antwoord
  • 5. Kameel  |  November 11, 2013 om 2:41 nm

    Olga hoe seker is jy die bye was daar 😆
    Ek het jou storie nou baie geniet….. sien hoe stap jy met daardie wit klere, hoed op kop, net/gaas oor gesig en bye vang…..

    Antwoord
    • 6. Olga  |  November 11, 2013 om 6:14 nm

      😆 Met ‘n netjie en kas om hulle gevange te hou. Maar hier is steeds van hulle. Nie so baie soos Woensdag nie, maar onmiskenbaar Maja se maters en familie.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: