Daardie gewraakte woord.

November 3, 2013 at 11:02 nm 3 Kommentaar

Julle weet hoe die lewe maar gaan. Soms staan ‘n mens in ‘n ry en voordat jy vir jou kom kry, is jy land en sand aan die gesels met ‘n persoon wie ook in die ry staan. So het ek al vertel van die man wie so die “k” rond gegooi het die dag in ABSA. Ek het al dikwels aan die dag gedink en die argwaan wat die ander teenoor hom geopenbaar het. Hy het ‘n saamry geleentheid geweier, want hy (homself swart) was nie bang vir die, ja, julle het reg geraai, nie.

Ek het onlangs weer tou gestaan. Die swart dame voor my en ek het aan die gesels geraak. Kom toe uit dat haar egskeiding vroeg November gefinaliseer word of wat ‘n mens dit ookal noem. Sy praat saggies en ek het die indruk gekry dat sy nogal hartseer is daaroor. Sy vertel verder dat haar (amper gewese) eggenoot van oor die dertig jaar ‘n baie goeie vader vir sy kinders is. (Slaat my dood met ‘n nat brood.) Wonders hou nooit op nie. Maar ‘n lousy, rondloper man. Hy sorg baie goed vir sy volwasse kinders. Een is gestrem en hy betaal sy dogter ander om na die broer om te sien. Al woon albei uit die aard van die saak by die ma.

Agter ons het ‘n wit dame gestaan. Sy het saam gesels. Sy en haar man is vervreem. Hy is ook baie lief vir al wat ‘n vrou is. Kleur, geloof, oortuiging was al pre-1994 bysaak. Sy kinders het net so min saak gemaak soos sy vrou of haar gevoelens of hulle welstand of veiligheid. Hy het haar aangerand, toe haar pa nog gelewe het, was dit selde en nie te erg nie. Want elke keer as hy haar geslaan het, het haar pa hom geslaan. Ek lig my hoed vir die oom. Die wit man het ook ‘n gestremde seun. Die een is absoluut hulpeloos. Hy kan nie praat nie, nie loop nie, niks vir homself doen nie. Hy is toet en taal afhanklik. Die strooi wat in hulle geval die kameel se rug gebreek het, was toe hy haar so hewig aangerand het dat hulle seun ‘n toeval gekry het. Toe het hy die seun gevloek en op die hulpelose kind afgestorm. Sy het toe moed, krag wat mens dit ookal kan of wil noem van iewers af gekry van agter op sy rug gespring en toe hy geval het, het sy die lesse wat hy haar geleer het, op hom toegepas en was vinnig besig om gelyk te breek nadat sy die besem in die hande gekry het. Die dapper kryger het van die balkon van hulle woonstel op die tweede verdieping afgespring om van sy verwoede vrou weg te kom.

Dis so jammer die luis het nie altwee sy enkels in die sprong gebreek nie. Die voorval was ses jaar gelede en tot vandag toe het hy nog nooit ‘n sent onderhoud betaal vir sy gestremde seuntjie nie. Kan julle glo? Die hof laat hom weg kom, keer op keer op keer. Ewentwel, nou sit ek en wonder. Wie was nou die K….r? Met die beste wil op aarde kan ek die woord nie aan die swart man toeken terwyl ek kennis dra van ‘n witman wie die titel verdien nie.

Gedagte van die dag:

Advertisements

Entry filed under: Askies????.

Sies Transmed Dis sommer bakgat.

3 Kommentaar Add your own

  • 1. Jocelyn Hurley  |  November 15, 2013 om 1:19 nm

    Die blou hond bo-aan my Boernaal: Ha! Dit blyk vir my die skryfkuns is ‘n hallusinerende verdowingsmiddel vir diegene wat nie oor de vermoë of dan braafheid selfs, beskik om werklik te LEWE nie! Hulle kan liefhê, ly, banggat wees en braaf, ja – in een novelle ná die ander. En heeltyd sit hulle in ‘n stoel of lê iewers op ‘n bed, dalk. Ek dink die kuns is net ‘n konkoksie van emosies en ondervinding wat die illusie van ‘lewe’ skep. Miskien is dít hóékom ek so baie van díé “Blou Hond” – deur Rodrigues, hou. Eenvoudig en sonder om wat die oog sien te wil na-aap. Ek dink dis hóé ‘n mens moet skryf ook. Eenvoudig. As mens so na die Blou Hond kyk, nê, dan is jy daarvan bewus dat hy ‘m ietwat treurig lyk. Alleen. Maar méér…eensaam. Lees gerus die byskrif en maak jou eie mind op van hoe jy die wil interpreteer. En dít is juis wat ek wil sê: daar moet in beide skryf en skilderkuns, ook beeldhou – ‘n geleentheid bestaan vir die ‘aanskouer’ om sy/haar eie interpretasie te maak en moontlik iewers in die kern van alles, ‘n ietsie te vind wat vergelykbaar is met ‘n gebeurtenis/persoon/faset van sy/haar lewe. Dán, is jou leser, kunsliefhebber en kritici werklik betowerd. En dit IS wat jy wil hê en hoor…wees eerlik!

    Antwoord
  • 2. Olga  |  November 16, 2013 om 3:46 nm

    Jocelyn, ek praat onder korreksie, maar klink of jy impliseer ek sit iewers op ‘n stoel (korrek) of lê in my bed en plaas die twak op die blog omdat ek nie ‘n lewe het nie. 😆 Staan jou vry om te dink wat jy wil. Ek wil tog net sê, al is ek nou dan (as ek reg verstaan) die lewende lyk, is dit jy wat dieselfde text drie keer met verskillende name en epos adresse geplaas het. Asof jy net eenvoudig moet seker maak dat jy nog lewe. 😉 Sterkte. Lekker naweek.

    Antwoord
  • 3. Joel R. Torres  |  November 16, 2013 om 5:25 nm

    Daar is in 2001 met die oprigting van ‘n doelgerigte gebou van 340m2begin en in Oktober 2003 is daar met opleiding begin. Tot datum het onsmeer as 180 jong en partykeer nie so jong mense opgelei en almal wat wouwerk het onmiddelik werk gekry. Daar is van ons jong seuns wat so goedgevorder het dat hulle binne ‘n paar weke die toesig houers oor dieander sweisers aangestel is terwyl andere nou al in volwaardige vakmanneontpop het.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: