Sies Transmed

Oktober 29, 2013 at 11:23 nm 13 Kommentaar

Die talle maniere waarop ouer mense uitgebuit word, is regtig ‘n skande vir ons as nasie. Ek weet van die oom en tannie. Hy het van na sy sestiende verjaardag vir SAS&H gewerk. Sy was ‘n verpleegster. Ook maar direk van die skoolbanke af hospitaal toe. Vandag is albei al in hulle 8o’s.

Soos sake maar destyds gestaan het, kon die tannie natuurlik nie medies of pensioen (bid jou dit aan) hê nie. Dit was blykbaar ontoelaatbaar. Ewentwel, die oom het aan destyds se Spoorweg se mediesefonds behoort van dag een af. Teen die tyd dat hy op pensioen gegaan het, het hy nege en veertig jaar vir die Spoorweg gewerk. Steeds lid gewees van hulle mediese fonds. Nou, sewentien jaar nadat hy op pensioen gegaan het, is hy steeds lid van hulle mediese fonds. Ek het so paar jaar gelede geskinder oor sy geval. Toe het die oom geval en sy heup gebreek. Die hospitaal wou toe R40 000 deposito hê voordat hulle hom kon opneem. Met dien verstande dat enige en alle kortvalle wat die mediese fonds nie gedek het nie, binne dertig dae betaal moes word.

Hulle kry albei uit die aard van die saak kroniese medikasie. Die tannie het nou ‘n operasie nodig en raai wat? Transmed weier volstrek om een enkele rooi sent tot die operasie of hospitaal verblyf, medikasie wat daaruit spruit of nasorg, by te dra. Ek praat nou onder korreksie, maar sy mediesefonds bydrae vir die jaar beloop in die omgewing van R40 000. Die kroniese medikasie wat hulle kry, kom nie eers naastenby by die bedrag uit nie. Wat maak Transmed dan met die res van hulle bydrae?

Die mediesefondse se klassieke verskoning is “By goverment decree” Nou wonder ek steeds, ek het ons mediesefonds al ‘n paar keer gevra wie hulle betaal, Homer of die goverment. As goverment reëls wil neerlê, dan moet hulle dit gaan doen daar waar hulle diens verskaf en die betalende res uitlos. Hulle subsideer nie die mediesefonds nie. Hulle subsideer nie ons bydraes nie. Hoekom wil hulle reêls daar neerlê? Dit het nie gestop met die ou bbbee aanstellings nie. Hulle wil besluit hoeveel en wat die mediesefonds mag betaal. Dit verklaar seker hoekom ouderdomspensioenarisse so skandalig uitgebuit word. Hulle moet nou behalwe die mediesefonds bydraes, nog hulle swaargespaarde geldjies aan dokters oorhandig wie ‘n vy voel vir enige iets anders as hulle eie sakke.

Ek sal tog so graag wil sien dat die mediesefonds en gesondheidsorg verskaffers “goverment” vertel waar die busstop is. Hulle lede hou hulle in besigheid, nie “goverment” nie.

Gedagte van die dag: Steel bly steel. Maak nie saak watse “decree” daaroor gesmeer word nie.

Advertisements

Entry filed under: Bitch en Moan.

Willem wat maak jy? Daardie gewraakte woord.

13 Kommentaar Add your own

  • 1. Kameel  |  Oktober 30, 2013 om 4:10 nm

    Chaos net waar ‘n mens kyk. As ek met tye moedeloos wil raak vir alles onthou ek eendag sal elkeen verantwoording moet doen vir sy werke hier op aarde.

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Oktober 30, 2013 om 9:50 nm

      Skrale troos Sally.

      Antwoord
  • 3. Xena Phoenix  |  Oktober 30, 2013 om 6:28 nm

    Dan praat ons nie eers van die skande wat die spoorweg se pensioen is nie. Ook maar geen genade vir slawe nie.

    Antwoord
    • 4. Olga  |  Oktober 30, 2013 om 9:50 nm

      Gedori, val ek nou wragtig van my stoel af. Ek dag teen die tyd jy is net so weg soos jou tweeling se drielling se kloon wie almal in die OBS tenk versuip het.

      Antwoord
  • 5. Klip  |  Oktober 31, 2013 om 10:49 vm

    Guy goes in an adult store and asks for an inflatable doll.

    Guy behind the counter says , ‘Male or female?’
    Customer says , ‘Female.’

    Counter guy asks , ‘Black or white?

    Customer says , ‘White.’

    Counter guy asks , ‘Christian or Muslim?’

    Customer says , ‘What the hell does religion have to do with it?’

    Counter guy says , ‘The Muslim one blows itself up.’

    Antwoord
    • 6. Olga  |  Oktober 31, 2013 om 1:55 nm

      😆 😆 😆

      Antwoord
  • 7. Klip  |  Oktober 31, 2013 om 10:52 vm

    WELCOME TO THE 21ST CENTURY!!!
    *Our Phones ~ Wireless
    *Cooking ~ Fireless
    *Cars ~ Keyless
    *Food ~ Fatless
    *Tyres ~ Tubeless
    *Dress ~ Sleeveless
    *Youth ~ Jobless
    *Leaders ~ Shameless
    *Relationships ~ Meaningless
    *Attitude ~ Careless
    *Wives ~ Fearless
    *Babies ~ Fatherless
    *Feelings ~ Heartless
    *Education ~ Valueless
    *Children ~ Mannerless
    ZUMA ~ CLUELESS ����

    Everything is becoming LESS but still our hopes are ~ Endless.
    In fact I am ~ Speechless.

    Antwoord
    • 8. Olga  |  Oktober 31, 2013 om 1:54 nm

      Goeie een. So eie aan die lewe vandag.

      Antwoord
  • 9. Klip  |  November 3, 2013 om 5:36 nm

    After a church service, a little boy told the Pastor, “When I grow up, I’m going to give you some money.”

    “Well, thank you,” the Pastor replied, “that would be very nice of you,” he smiled, “but why?”

    “Because my daddy says you’re the poorest preacher we’ve ever had.”

    Antwoord
  • 10. Klip  |  November 3, 2013 om 5:39 nm

    Hoop julle het n lekker naweek gehad.

    Antwoord
    • 11. Olga  |  November 3, 2013 om 10:24 nm

      Lekker, dankie en jy?

      Antwoord
  • 12. Klip  |  November 4, 2013 om 9:32 vm

    Werk al van Donderdag, en maak eers Sondag klaar.

    Antwoord
    • 13. Olga  |  November 4, 2013 om 9:08 nm

      Eisj, dis nou wraggies nog 6 skofte. Sterkte. Ek hoop jy maak darem Klippie M se bottel vol uhm, ys.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: