Hello die fotograaf…..

Oktober 22, 2013 at 10:10 vm 6 Kommentaar

Ek het onlangs foto’s gekry van my mensies se gradeplegtigheid by die kleuterskool. Ai, die roemsug van die mens tog!

My Pokkedillie se rug met die juffrou, vooroor gebuig, se gesig. Elo die fotograaf!!! Is ek ‘n bietjie simpel of het jy die verkeerde gesig afgeneem? Dit gaan oor die kind, die enetjie in die klein swart toga met die hoedjie op sy kop. Nie oor die juffrou nie. Ek vir een, gee nie een bloue duit om wie sy is nie. Oor veertig jaar gaan ek nie eers omgee dat sy daar was nie. Ek sal my seuntjie die foto van sy eerste gradeplegtigheid wil wys. Nie wie sy juffrou by die kleuterskool was nie.

Dit laat my dink. Laat my teen die kas se rakke opklim om die foto albums uit die kas te kry. Raai wat? Op alvier se kleuterskool “gradeplegtighede” is die juffrou se gesig met my kinders se rue. Alvier is ander juffroue. Nee genade my!!!! Wat gaan met julle aan? Ons moes die foto’s ten duurste koop. Laat my wens dit kinders was nog op kleuterskool sodat ek nou kon gaan bitch en moan het omdat hulle my laat betaal het vir my kind se foto, toe gee die blikslaers my ‘n foto van die juffrou waarin my kind se rug en een wang sigbaar is.

Gedagte van die dag: Dit werk nie so nie.

Advertisements

Entry filed under: Bitch en Moan.

Aandadigheid? Ek leen alweer

6 Kommentaar Add your own

  • 1. Klip  |  Oktober 22, 2013 om 3:33 nm

    Dinge wat MOEILIK is om te sê wanneer jy gesuip is

    1. Innoverend
    2. Preliminêr
    3. Verspreiding
    4. Kaneelsuikerkorreltjie

    Dinge wat BAIE MOEILIK is om te sê wanneer jy gesuip is

    1. Spesifiseer
    2. Anti-konstitusionalisties
    3. Passief-agressiewe afwyking
    4. Transubstansieer

    Dinge wat F@KKEN ONMOONTLIK is om te sê wanneer jy gesuip is

    1. Nee dankie, ek is getroud.
    2. Nee dankie, niks meer vir my om te drink nie.
    3. Jammer, jy is nie my tipe nie.
    4. O nee, ek kan nie. Niemand wil my hoor karaoke nie.
    5. Ek stel nie belang om met jou te baklei nie.
    6. Dankie, maar ek wil nie dans nie. Ek het nie ko-ordinasie nie en wil nie soos ‘n gek lyk nie.
    7. Waar’s die naaste toilet? Ek weier om in die parkeer area, op die gras of langs die pad te piepie.
    8. Nee, ek bel nie my vriende die tyd van die aand nie.
    9. Ek moet nou huistoe gaan. Ek werk môre.

    Antwoord
  • 2. Olga  |  Oktober 23, 2013 om 2:27 nm

    Elo die Klip. Ek het gedink jy is op verlof of terug in die verbeteringskool. Ek dink die laaste stel dinge is veral moeilik ne,

    Antwoord
  • 3. Klip  |  Oktober 23, 2013 om 3:46 nm

    Hi daar Olga. Ja was my nagskofte bietjie af , moes klomp goed reel nadat hulle by my huis ingebreek het…

    Antwoord
    • 4. Olga  |  Oktober 23, 2013 om 11:32 nm

      Sulke lae luise.
      ek hoop die fokkers word gou gevang. Wee jy.

      Antwoord
  • 5. Klip  |  Oktober 23, 2013 om 3:47 nm

    Nou is elke fokker n verdagte…………..

    Antwoord
    • 6. Olga  |  Oktober 23, 2013 om 11:33 nm

      Hou jou kettie byderhand.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: