Aandadigheid?

Oktober 20, 2013 at 11:23 nm Lewer kommentaar

As ‘n mens kennis dra van ‘n misdaad wat gepleeg was en jy meld dit nie aan nie, maak dit jou volgens wet aandadig aan die misdaad. Of as mens kennis dra van ‘n misdaad wat gepleeg gaan word en jy meld dit nie aan nie, kan jy as aandadig gesien word reeds omdat jy dit nie aangemeld het nie.

Nou ons weet reeds almal dat die ANC die reël blykbaar geskrap het, hulle wou immers die sloer wet instel, onthou. Ewentwel, toe lees ek nou ook nog ‘n artikel waar die skrywer reken dat indien mens weet van ‘n misdryf wat teen ‘n vrou of kind gepleeg word, maak dit jou skuldig aan “Simboliese Geweld.” Kan jy jou voorstel in ‘n land waar geen wette meer duidelik gedemarkeer is nie, hoe de hel weet mens wanneer jy kan gaan kla? Bid jou aan! As jy weet van iemand wie sielkundig afgeknou word en jy gaan kla nie, dan is dit jou skuld. Ek wonder of die Padre wie die artikel geskryf het weet hoe sommige vroue se koppe werk.

Jy sien hoe slaan haar man haar. Dan loop jy hom by en donner hom ondat hy haar geslaan het, volgende wat jy weet, het jy jou hande vol om haar af te weer. Want omdat jy haar wou help, val sy jou aan. Kan jy jou voorstel wat kan gebeur as jy die SAPD moes uitgekry het? Die skrywer reken dat as mens sou sê of dink “Dis nie my besigheid nie.” Maak dit jou skuldig aan onverskilligheid. Wat in ‘n mate waar is. Maar vraag is, waar trek jy die lyn? Waar stop jy dan en sê “Dit gebeur met jou, hanteer dit?”

Gedagte van die dag: Ek glo aan ‘n pakslae op sy tyd. As dit my skuldig maak aan Simboliese Geweld as ek swyg wanneer ‘n kind ‘n welverdiende pakslae kry, dan is dit maar so. Vir enige iets anders sal ek na my gewete handel.

Advertisements

Entry filed under: Uncategorized.

Ek wens ek was daar. Hello die fotograaf…..

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: