Piesangs

Oktober 14, 2013 at 7:53 vm 6 Kommentaar

Die piesangs aan die bome is nou uiteindelik ryp. Maar wat om daarmee te maak? Ek het uitgedeel, maar dit wil net nie klaar kom nie, toe gaan stel ek ondersoek in na buurvrou Martha se piesang “piekels.” Heerlik. Regtig die moeite werd. Sy stel voor mens gebruik dit met braaivleis en ander vleis geregte, maar ek het agtergekom dis ewe lekker met eiers, tussen ander slaai op ‘n Maandag sonder vleis, of sommer op ‘n toebie ook.

PIESANG BLATJANG

12 piesangs, geskil en in ringe gesny
2 groot uie, gekap
15 ml kerriepoeier
15 ml sout
2 groot stukke pypkaneel
250 ml sultanas
250 ml suiker
500ml asyn
rooipeper na smaak

Meng bestanddele in ‘n dikboom kastrol en prut oor matige hitte sowat 35 minute tot dik . Kook sonder deksel en roer gereeld, dit brand maklik aan. Verwyder kaneel en skep in gesteriliseerde flesse. Verseël.

Gedagte van die dag: Hopelik kry ek vanjaar ‘n geelperske of twee van my boom af.

Veels geluk liewe Boeta omdat jy verjaar. Mag die Here jou seën en nog baie jare spaar.

Advertisements

Entry filed under: Huis en Haard.

Verdraagsaamheid? ma checkas

6 Kommentaar Add your own

  • 1. Tienky  |  Oktober 14, 2013 om 9:27 vm

    wow, ek vrek oor piesangs.Dankie vir die lekker resep wat jy met ons deel, gaan beslis dit probeer 🙂

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Oktober 14, 2013 om 2:24 nm

      Ek geniet die bladjang met absoluut alles. 😉 eks ook ‘n piesang freak.

      Antwoord
  • 3. Toortsie  |  Oktober 14, 2013 om 6:52 nm

    Ek wil dit ook maak. Ek is mal daaroor om potte slaai in te lê en dit altyd byderhand te hou.

    Antwoord
    • 4. Olga  |  Oktober 14, 2013 om 8:42 nm

      Op die manier het jy altyd ‘n bietjie skop vir as die bord iets kortkom ne.

      Antwoord
      • 5. Toortsie  |  Oktober 14, 2013 om 9:51 nm

        Netso. Met ‘n vinnige tjoppie uit die vrieskas, is die bord verder gou vol uit die potte. Dan is daar natuurlik vriendin Werda ook, maar dis duur om altyd te gebruik.

  • 6. klippie  |  Oktober 15, 2013 om 5:34 nm

    Klink lekker.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: