Ek sal terug wees.

September 8, 2013 at 7:57 nm 10 Kommentaar

terug

So aan die begin van die winter kry die uwe toe mos weer ‘n verkoue. Ari gedorie. Het ek nou ellendig gevoel. (Pieperigheid, ek weet.)

Ennie hoe. Toe ons Vrydag uit die dorp teruggekom het, het ek gesien die aarbeie sit ingeryg. Ek het Homer gevra om vir my die aarbeie te pluk. Hy was ook vroeer verlede week huis toe gestuur met ‘n dr’s brief en ‘n sak pille om te kom gesond word. Toe hy Sondag middag ry, het ek oor die heining gesien die aarbeie sit steeds ingeryg. Ek het aangeneem hy het nie gepluk nie, die ou mens was mos maar ook siek.

Aangesien ek nou nie die papsak uit die kas kon sleep nie, het ek maar die vergietes uit die kas geneem en die mandjie uit die spens om te gaan aarbeie pluk. Ek het agter begin, in die ry wat die minste son kry en waar die minste aarbeie is sodat ek nie heeltyd na die mandjie moes terug loop om te gaan leegmaak nie.

Goeie geefbol! halfpad in die ry af, slaan my voet en been tot amper in my lies aan die kriewelende brand. Dit het ek dadelik herken. Niks anders kan dit pynlike, brandende, kriewelende pyn oor ‘n helse area op een slag veroorsaak nie. Ek het die vergietes gegryp en gehardloop. Met Lapman al huppelend agterna en Bessie wat al snorkend die agterhoede gedek het. Maar eina pyn. Ek het dit nie eers uit die tuin gemaak nie. Toe was ek verplig om die vergietes neer te smyt en te vryf. En te vryf. En te vryf. As dit nie was dat ek die buurman op sy skoetoet vroeer hoor verby gaan het nie, sou ek seker die temptasie om my broek net daar af te pluk nie kon weerstaan nie. Maar ek kan die ou omie wragtig nie die skok van sy lewe op ‘n Sondagmiddag besorg sou die skoetoet daar uit die bosse bars en hier staan ek indelicato met my broek om my enkels om blerrie rooimiere, balbyters, (wat ek nie het nie) wat mens die goed ookal wil noem, van my been af te vryf.

4kers! Toe weer gryp en hardloop. My tekkie en sokkie is steeds buite. Ek het daai aarbeie geplant! Nadat ek hulle met oorleg gaan steel het. Sederdien het ek Jamez en ook Life al self betaal om my te help om die jong plante oor te plant. Ek sal terug wees. Net more. Die rooi gevaar is nou in my tuin. Se moer. Dis my aarbeie! EK WIL DIT Hê!!!!!

Advertisements

Entry filed under: Bitch en Moan.

Groot goed In my verdediging……..

10 Kommentaar Add your own

  • 1. Kameel  |  September 9, 2013 om 9:35 vm

    Ek kan die prentjie sien 😆 Wonder wie die aarbei-oorlog gaan wen???

    Antwoord
    • 2. Olga  |  September 12, 2013 om 11:28 vm

      Ek isi vanplan om die geveg te verloor nie, Sally. 😉

      Antwoord
      • 3. Kameel  |  September 12, 2013 om 11:55 vm

        Dis die gees!!!!

  • 4. Klip  |  September 9, 2013 om 12:28 nm

    Goeie middag

    Hoop jy het die aarbeie al gepluk. Hulle is gewoonlik lekkerder in n botteltjie gekamofleer as konfyt….

    Ken ook daai balbyters, ek kan net dink wat se sielkundige skade hulle gaan kry as hulle “daar” kom en daar is “niks” om aan te byt nie *S*

    Antwoord
    • 5. Olga  |  September 12, 2013 om 11:27 vm

      ek het so bietjie van ‘n respyt gekry. Ek wonder hoe sal rooimier-konfyt werk?

      Antwoord
  • 6. Klip  |  September 9, 2013 om 1:23 nm

    A father walks into a restaurant with his young son. He gives the young
    boy three one Rand coins to play with to keep him occupied.

    Suddenly, the boy starts choking, going blue in the face. The father
    realizes the boy has swallowed the coins and starts slapping him on the
    back. The boy coughs up two of the coins, but keeps choking. Looking at
    his son, the father is panicking, shouting for help.

    A well-dressed, attractive, and serious looking woman in a blue business
    suit is sitting at the coffee bar reading a newspaper and sipping a cup of
    coffee. At the sound of the commotion, she looks up, puts her coffee cup
    down, neatly folds the newspaper and places it on it on the counter, gets
    up from her seat and makes her way, unhurried, across the restaurant.

    Reaching the boy, the woman carefully drops his pants; takes hold of the
    boy’s testicles and starts to squeeze and twist, gently at first and then
    ever so firmly. After a few seconds the boy convulses violently and coughs
    up the last coin, which the woman deftly catches in her free hand.

    Releasing the boy’s testicles, the woman hands the one Rand coin to the
    father and walks back to her seat at the coffee bar without saying a word.

    As soon as he is sure that his son has suffered no ill effects, the father
    rushes over to the woman and starts thanking her saying, “I’ve never seen
    anybody do anything like that before, it was fantastic. Are you a doctor?

    “No,” the woman replied, “I’m with the South African Revenue Service”

    Antwoord
  • 7. Reinhardt  |  September 9, 2013 om 3:05 nm

    En so kom laai vroulief my op by die werk vandag. Eerste ding wat sy my vra nog voor ek in die kar kon klim is “het jy Olga gelees vandag?” Sy het toe pas, en blykbaar het boetie so effe geïrriteerd gevra mamma moet nou asseblief ophou lag want die kar skud te veel! Jy het ons albei se dag gemaak Olga! 🙂

    Antwoord
    • 8. Olga  |  September 12, 2013 om 11:25 vm

      😆

      Antwoord
  • 9. Klip  |  September 9, 2013 om 4:18 nm

    So kort voor die runderpes in Namakawaland is daar ‘n oom en antie.
    Hulle het kinders by dosyne. By die geboorte van die laaste een waarsku die dokter dat die antie se masjienerie nie meer so lekker is nie en dat sy bes moontlik nie nog ‘n geboorte sal oorleef nie.
    Die oom en antie skrik, want hulle is lief vir mekaar en wil nou nie sommer moedswillig die antie laat dood nie. Nou slaap hulle apart op sulke ysterkateltjies, maar die ongedurigheid broei in hulle.
    Een nag lê die oom wakker en hy hoor die antie se kateltjie kraak en kreun soos sy rondrol. Ná ‘n rukkie is dit stil en hy kyk na haar, net om te sien dat sy hom met groot oë beloer.
    “Jy keek vi my,” sê hy.
    “Ja,” sê sy, “ek keek vi jou.”
    “Nou maar hoekom keek jy vi my?” vra hy.
    “Ek dink,” sê sy.
    “Nou maar wat dink jy so innie laatnag?” vra hy.
    “Ek dink jy moet my maar die doodskoot kom sjee…”

    Antwoord
    • 10. Olga  |  September 12, 2013 om 11:24 vm

      😆
      ek wonder wat sê haar grafsteen?

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: