Verraai

September 3, 2013 at 11:10 nm 22 Kommentaar

Ons was Saterdag Nelspruit toe, maar ek het dit mos klaar gesê. Toe ek van die spazasjops oppad gepraat het. Ons laaste stop in die mall was by PnP.

Toe ons aanbeweeg na die kasregisters toe, het ek nog ietsie onthou en Homer het aangestap met die trollie terwyl ek gou gaan haal het wat nodig was. Toe ek terug kom, het ‘n swart paar my sien kom en net omtrent voluit gesnol om voor my in die tou te kom. Ek weet nie van ander PnP’s nie, maar die ene staan jy in een lang tou en gaan dan na die kassiere wie beskikbaar is. Soos in sommige banke. Enniehoe,ek het die swart paartjie mooi beleefd gevra om my verby te laat. Die man het effens pad gegee. Veral toe hy agtergekom het dat Homer, reg voor hulle na my beduie om deur te kom. Die vrou het egter geweier. Sy het die kamoerse groot trollie vierkantig agter Homer in gedruk en bly staan. Toe het ek haar baie vriendelik gesê: It doesn’t matter, you know, we will get to the front. Toe bly staan ek pik tussen haar en haar man.

Die ry agter ons het gou vol geword en vorentoe was dit ook maar nie beter nie. Maar ek weet mos, voor sal sy my nie meer kan blokkeer nie. Toe kom ‘n maer swart dametjie en vra ook om deur te kom. Baie teësinnig het sy haar trollie begin maneuvreer om plek te maak. Toe het ek maar agter die jong dametjie deurgeskuur. Elke keer dat die tou kon vorentoe gaan het sy ‘n punt gemaak daarvan om my met die trollie te stamp. Dan het sy al te lekker gestaan en lag. Ek het gedruk en gedruk. Net miskien is daar ‘n ou windjie los. Ek kan dit mos buitendien nie voel voordat dit losbars nie. maar my derms of kolon of windvervaardiger het my verraai. Daar was heelwat vars produkte aan die voorpunt van die waentjie wat sy so in my kolon wou parkeer. So ‘n erg stinke kontaminasie sou haar verdiende loon gewees het. Maar ek was absoluut windloos.

Toe ons egter voor kom, is ek seker was sy bitter spyt dat sy nie harder gestamp het nie. Toe het Olga haar bootse geplant en begin terug leun. Sy het hoorbaar na haar asem gesnak toe sy agtergekom het dis “payback tyd.” Ek het nog harder geleun. Haar man het “gema’am” en ek het gedink “jou moer ook, tatta>” Hy het mos geweet wat sy gedoen het. Ek het gehoor hoe die mense agter hulle begin mor en ek het nog harder teruggeleun. Toe het ek gehoor die blikstem beveel die volgende kliënt om na kassiere drie te beweeg. Toe het ek ‘n tree of twee vorentoe gegee en met ‘n harde stamp agtertoe gestamp. Sy moes net haar balans begin herwin het toe ek die “butt thrust” uitgevoer het. Sy kon omtrent nie anders as om agteruit te steier tot groot gemor van die toustaanders agter haar nie.

Toe die blikstem hulle geroep het na teller elf, het ek omgedraai en baie liefies vir hulle geglimlag. Kyk, gelukkig was daar nie dolke in haar oë nie, maar haar metgesel het heel geamuseerd terug geglimlag.

Gedagte van die dag: Moenie uitdeel wat jy nie wil ontvang nie.

Advertisements

Entry filed under: Moeder Natuur.

Held??? in blou Groot goed

22 Kommentaar Add your own

  • 1. maans  |  September 4, 2013 om 2:48 nm

    soms dink ek dat ek van jou hou. ander kere ……

    weet ek dit.

    Antwoord
    • 2. Olga  |  September 4, 2013 om 8:45 nm

      He he he.

      Antwoord
  • 3. Selene Phoenix  |  September 4, 2013 om 3:29 nm

    Whua ha ha ha ha ha ha!!!!!!! Dis nou ‘n priceless moment! Wens ek kon dit sien!!

    Party mense kan so spitefull wees! Haar verdiende loon! Sou nog beter gewees het as jou “silent but violent” windjie alles kon afsluit 😉

    Antwoord
    • 4. Olga  |  September 4, 2013 om 8:50 nm

      Jy verstaan darem Lienkie. Toe verrraai my derm my deur absoluut windloos te bly..

      Antwoord
  • 5. Klip  |  September 5, 2013 om 8:47 vm

    Goeie more !!

    Antwoord
  • 6. Klip  |  September 5, 2013 om 9:28 vm

    ‘n Baie vroom Moslem klim in ‘n Kaapse minibus-taxi en vra die bestuurder om
    die radio af te sit.
    Volgens sy geloof mag hy nie musiek hoor nie. In die tyd van die profeet was
    daar geen musiek nie.
    Veral nie Westerse musiek nie en geen radio’s nie – dis vir die ongelowiges.

    Die bestuurder skakel toe die radio beleefd af, stop die taxi en maak die
    deur oop.

    “Hei, wat maak jy nou?” vra die Moslem.
    Die bestuurder antwoord: “Lyste’, innie tyd vannie profeet was daar nie
    taxi’s nie, ve’staa’ djy?
    So kry djou gat yt my taxi yt en dan staa’ en wag djy vir ‘n kameel!”

    Antwoord
    • 7. Olga  |  September 5, 2013 om 8:34 nm

      Sy verdiende loon.

      Antwoord
  • 8. Klip  |  September 5, 2013 om 9:31 vm

    n Paar ou grappies:

    Ek het vir ‘n organisasie gewerk wat maaltye aan ouetehuise voorsien het. My 5-jarige dogtertjie het altyd saamgegaan wanneer ek aflewerings gaan doen het, en was altyd baie geïnteresseerd in “oumensdinge” soos rolstoele, ens. Een dag toe kry ek haar waar sy na ‘n paar vals tande in ‘n bakkie water staar. Ek het myself reggemaak vir duisende vrae. Sy het na my gekyk en gefluister:
    “Die tandemuis sal dit nooit glo nie!”

    Antwoord
  • 9. Klip  |  September 5, 2013 om 9:32 vm

    ‘n 6-jarige seuntjie het in ‘n groot gimnasium verlore geraak. Hy beland toe in die dameskleedkamers. Toe die dames hom sien toe hoor jy net gille en almal gryp na ‘n handdoek. Hy kyk hulle verbaas aan en sê: “Wat is fout? Het julle dan nog nooit ‘n klein seuntjie gesien nie?”

    Antwoord
    • 10. Olga  |  September 5, 2013 om 8:35 nm

      Goeie vraag.

      Antwoord
  • 11. Klip  |  September 5, 2013 om 9:32 vm

    Ek en my drie klein seuntjies was eendag op pad winkel toe in die kar, toe die dame in die “convertible” voor ons ewe skielik opstaan en vir almal waai.
    Sy het nie ‘n draad klere aangehad nie. Terwyl ek nog besig was om oor die skok te probeer kom hoor ek my 5-jarige van agter af sê: “Mamma, daai tannie het nie haar “safety belt” aangehad nie!!”

    Antwoord
    • 12. Olga  |  September 5, 2013 om 8:36 nm

      Opmerksame kind.

      Antwoord
  • 13. Klip  |  September 5, 2013 om 9:38 vm

    Volgens mense is ek nie vet nie, my liggaam is net poeselig.
    My reaksie was OK (maar ek moes dit gaan opkyk…)
    Woordjie vir die dag:

    ‘Poeselig”

    Volgens H.A.T. beteken dit “mollig en sag”

    En ek dog dis n spietkop se flits…..

    Antwoord
  • 14. Klip  |  September 5, 2013 om 9:40 vm

    Gister het ek by ‘n robot stilgehou waar ‘n man gestaan het met ‘n kartonbord wat lees “help, no job. 2 days without food”

    Vanoggend het ek weer daar gestop en soos dit maar gaan het ek my bes probeer om hom mis te kyk. Ek kon nie. Dit het my vreeslik gepla. Ek kon toe net nie meer hou nie en roep hom nader.

    Ek krap toe orals in my kar rond. Gelukkig kry ek toe ‘n koukie pen en help hom reg. Dis vandag dag 3.

    Antwoord
  • 15. Klip  |  September 5, 2013 om 9:41 vm

    Ek sien nounet n veearts se bakkie met die volgende bumper sticker:

    “Ek’s n veearts, ek ry soos n dier”.

    Toe dink ek so by myself, daar is darem baie ginekoloë ook op ons paaie!

    Antwoord
  • 16. Klip  |  September 5, 2013 om 9:42 vm

    Blondine koop 3 swangerskapstoetse en al 3 wys positief…

    Sy vee die trane af en sê: “Jissie, ek weet nie hoe ek vir ‘n drieling gaan sorg nie!”

    Antwoord
  • 17. Klip  |  September 5, 2013 om 9:42 vm

    My vrou was vreeslik beindruk toe sy hoor hoe baie geld ek elke maand vir Charity gee…

    Maar sy was hoogs bef** toe sy uitvind Charity werk by Teazers!

    Antwoord
  • 18. Klip  |  September 5, 2013 om 9:43 vm

    ‘n Vrou bel die Nelspruitse Polisiestasie en sê: ‘My man het twee dae gelede aartappels gaan koop en is nog nie terug nie!’

    Daar is ‘n lang pouse voor die polisievrou verbaas sê: ‘Eish Madam! Kan jy nie maar iets anders kook nie?’

    Antwoord
    • 19. Olga  |  September 5, 2013 om 8:38 nm

      SAPD mentaliteit sowaar.

      Antwoord
  • 20. Klip  |  September 5, 2013 om 9:43 vm

    Die dogtertjie se vir haar ma: “Ma, die seuns by die skool wil die heeltyd he ek moet wawiele maak vir hulle!”

    Die ma sê toe: “Moenie dit doen nie, hulle wil net jou panty sien” Die dogetrtjie se toe: “Ek weet, dis hoekom ek hom in my tas bere”.

    Antwoord
  • 21. Klip  |  September 5, 2013 om 11:28 vm

    Die indrukkery is ingebore . Dis in hulle DNA. Trek net my renoster vel aan en druk deur en maak asof niemand bestaan nie

    Antwoord
  • 22. Klip  |  September 5, 2013 om 5:33 nm

    Wou ook al so n windjie los in n ry , maar met my geluk het daai windjie n klontjie in……

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: