Kos vir die honde

Augustus 26, 2013 at 9:56 nm 11 Kommentaar

Ek gaan nou weer soos ‘n agtergeblewene vreeslik skinder. Maar dis regtig iets wat my pla.

Sondag middag laterig het ek ‘n sms gekry wat lui “kom asb hek toe, my ma het vir jou honde kos gestuur.” Toe ek buite kom, staan die buurvrou daar met twee sakke propvol en swaar gelaai. Ek het haar gaan verlos en moes my Nolie se hulp inroep om die sakke in te dra en in die “laundry” te gaan neersit.

vanmore moes ek my handskoene aantrek om die hoender vleis van die bene af te stroop aangesien my honde onder geen omstandighede hoender of dan eerder pluimvee bene kry nie. Eintlik hou ek glad nie daarvan om my honde “huiskos” te gee nie. dis vol sout en al wat ‘n ding is. maar ek moet sรช die honde geniet dit vreeslik. Daarom neem ek maar altyd in ag dat my wyse Moedertjie sou gesรช het: “Neem dit in die gees waarin dit gegee word.”

Ewentewel, Maandag oggend was die kos genoegsaam ontdooi dat ek dit kon opdeel. Ai, uit die eensak het daar onder andere twee hoender karkasse gekom waarvan net die sagte borsvleis gestroop was. Die vlerkies, dye en boudjies was nog aan die karkasse vas.

Ag wat. laat ek maar volstaan dat ek Blaffer se pot met ‘n inhoud van 5 liter en ‘n 2 l roomysbak albei boepens vol vleis gemaak het. Die honde kon nie die mildadige geskenk in twee etes opeet nie. Hulle is baie lief vir die tannie.

Gedagte van die dag: Los dit OLga.

Advertisements

Entry filed under: Askies????.

Kan ‘n hond taal onderskei? Ou Blaffer

11 Kommentaar Add your own

  • 1. Klip  |  Augustus 27, 2013 om 9:48 vm

    Honde poep lekker stink van oorskiet kos

    Antwoord
  • 2. Klip  |  Augustus 27, 2013 om 9:58 vm

    Ek hou ook van oorskiet hoender, maar ek is n “breast man” ek kan dit nie oor my hart kry om dit te eet nie. So as ek klaar is met n hoender is net die borsies oor

    Antwoord
  • 3. Klip  |  Augustus 27, 2013 om 9:59 vm

    As I’ve aged, I’ve become kinder to myself, and less critical of myself. I’ve become my own friend.

    I have seen too many dear friends leave this world, too soon; before they understood the great freedom that comes with aging.

    Whose business is it, if I choose to read, or play, on the computer, until 4 AM, or sleep until noon? I will dance with myself to those wonderful tunes of the 50, 60 &70 ‘s, and if I, at the same time, wish to weep over a lost love, I will.
    I will walk the beach, in a swim suit that is stretched over a bulging body, and will dive into the waves, with abandon, if I choose to, despite the pitying glances from the jet set. They, too, will get old.

    I know I am sometimes forgetful. But there again, some of life is just as well forgotten. And, I eventually remember the important things.
    Sure, over the years, my heart has been broken. How can your heart not break, when you lose a loved one, or when a child suffers, or even when somebody ‘s beloved pet gets hit by a car? But, broken hearts are what give us strength, and understanding, and compassion. A heart never broken, is pristine, and sterile, and will never know the joy of being imperfect.

    I am so blessed to have lived long enough to have my hair turning gray, and to have my youthful laughs be forever etched into deep grooves on my face. So many have never laughed, and so many have died before their hair could turn silver. As you get older, it is easier to be positive. You care less about what other people think. I don ‘t question myself anymore. I’ve even earned the right to be wrong. So, to answer your question, I like being old. It has set me free. I like the person I have become. I am not going to live forever, but while I am still here, I will not waste time lamenting what could have been, or worrying about what will be. And I shall eat dessert every single day (if I feel like it).
    MAY OUR FRIENDSHIP NEVER COME APART, ESPECIALLY WHEN IT ‘S STRAIGHT FROM THE HEART!

    Antwoord
    • 4. Olga  |  Augustus 27, 2013 om 3:19 nm

      Ek sal Homer se bottel klokke moet highjack.

      Antwoord
  • 5. Klip  |  Augustus 27, 2013 om 10:00 vm

    Askies Olga vir die copy en paste.

    Antwoord
  • 6. Kameel  |  Augustus 27, 2013 om 11:14 vm

    Olga ek is bly vir jou honde oor die fees….. maar is dit nie mors nie? My hart trek mos saam as ek sien hoe daar met kos…. en ander dinge gemors word.

    Antwoord
    • 7. Olga  |  Augustus 27, 2013 om 3:21 nm

      Hartseer saak, het ek ook gedink Sally.

      Antwoord
  • 8. Klip  |  Augustus 28, 2013 om 7:36 vm

    My wife found out that our dog (a Schnauzer) could hardly hear, so she took it to the veterinarian. The vet found that the problem was hair in the dog’s ears. He cleaned both ears, and the dog could then hear fine. The vet then proceeded to tell Andrea that, if she wanted to keep this from recurring, she should go to the store and get some “Nair” hair remover and rub it in the dog’s ears once a month.
    Andrea went to the store and bought some “Nair” hair remover.
    At the register, the pharmacist told her, “If you’re going to use this under your arms, don’t use deodorant for a few days.”
    Andrea said, “I’m not using it under my arms.”
    The pharmacist said, “If you’re using it on your legs, don’t use body lotion for a couple of days.”
    Andrea replied, “I’m not using it on my legs either. If you must know, I’m using it on my Schnauzer.”
    The pharmacist said, “Well, stay off your bicycle for about a week.”

    Antwoord
    • 9. Olga  |  Augustus 28, 2013 om 12:45 nm

      ๐Ÿ˜† ๐Ÿ˜† ๐Ÿ˜†

      Antwoord
  • 10. Selene Phoenix  |  Augustus 28, 2013 om 11:03 vm

    Ons gee ook nie hoender bene nie, eks te bang! Ons koop vir hulle groot volstruis bene.

    Met KM in die huis wat so lekker loop en mors, en self die honde voer kry hulle genoeg “huiskos” in! LOL As iets te min is vir “lunch” die volgende dag kry hulle lekker oorskiet – deesdae sonder extra sout ens. omdat KM ook nou saam ons eet.

    Antwoord
    • 11. Olga  |  Augustus 28, 2013 om 12:46 nm

      Die honde lief KM sooooooveel, ek weet dit sommer net. ๐Ÿ˜‰

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: