Alweer Bettie

Augustus 16, 2013 at 12:03 nm 7 Kommentaar

Gister middag toe ek oppad was aerobics toe, het Bettie vir my die hek oopgemaak. Sy het naby die hek op ‘n stomp gesit en brei. Sy het goed geleer. Mens sien deesdae selde vir Bettie sonder ‘n hekel- of breiwerkie in die hande. Sy werk nou wel net een keer per week vir my, maar sy plak in my buitekamer. Tjk! Klap sy haar tong. Ek het toe eers gestop en gevra: “Watter kind maak jou so kwaad?” Haar dogter is haar trots, maar sy kan haar skoonseun nie veel nie. Tipies ma. Haar seuns besorg haar plooie. Volgens haar. Hulle is mos nie “meisiekinders” nie.

Toe klap sy haar tong weer en loer in die Fordjie in. Toe stap sy om die Fordjie, maak die deur aan die passesierskant oop en druk die regte knoppie om die radio op Jacaranda te kry. Toe sê sy luister. Ek luister, wil die sangeres herken maar kan nie agterkom wat haar kuite so styf gepomp het nie. Toe vra wats fout daarmee. Sy sê “nou.” Ek kan nie so lekker die woorde onthou nie, maar iets van sy (sangeres) soek ‘n man wie met sy hande praat. Ek giggel want ek kan net dink dat dit nou weer nes die ou “Ah eh eh” in ‘n grasbrand gaan posvat. ‘n Veldbrand van mans wie se hande soos myne reg oor die plek is as ek gesels.

Eers dag ek “ou koei.” Maar toe luister ek want sy praat. “kan Miesies nou dink?” Sê sy. “Een van die dae praat elke man in die land van ons met sy hande. Nes jy, miesies Olga.”

Toe moes ek lag.

Geniet die naweek, al is dit nie ‘n langnaweek nie.

Entry filed under: Uncategorized.

Huh???? Lente is in aantog.

7 Kommentaar Add your own

  • 1. Kameel  |  Augustus 16, 2013 om 12:16 nm

    Dan moet ek en jy maar nie in een vertrek gesels nie…..”it will be a show of hands!!!” Mooi naweek vir jou 🙂

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Augustus 17, 2013 om 1:32 vm

      dankie Sally. vir jou ook.

      Antwoord
  • 3. Klip  |  Augustus 16, 2013 om 8:12 nm

    Mev Klip praat ook met haar hande , veral as dit in n vuis gemaak is.Lyk kompleet soos Rocky op steroids

    Antwoord
  • 4. Klip  |  Augustus 16, 2013 om 8:55 nm

    Ek praat al van kleins af met my hande. Hulle verstaan my gevoels darem so goed, en het my nog nooit in die steek gelaat nie.

    Antwoord
    • 5. Olga  |  Augustus 17, 2013 om 1:33 vm

      In perfekte harmonie. 😆

      Antwoord
  • 6. Reinhardt  |  Augustus 17, 2013 om 6:36 vm

    Ek sou graag vir Bettie wou ontmoet, sy klink na ‘n karakter! 🙂

    Antwoord
    • 7. Olga  |  Augustus 17, 2013 om 2:06 nm

      Mens moet haar beleef om haar te waardeer.

      Antwoord

Lewer kommentaar op Reinhardt Kanselleer antwoord

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter