Diefstal op skool???

Julie 31, 2013 at 7:53 vm 3 Kommentaar

Dit is nogal iets wat meer gereeld gebeur as wat enige mens mee gemaklik voel. Desjare al, toe Ousus gr 1 was, was haar nuwe blink gepoetsde skoolskoene sommer in die eerste kwartaal gesteel. Dit was toe daar net wit kinders in daardie skool was. Die skool sou eers sewe jaar later “oopgestel” word.

Ek het gister gehoor van ‘n seun wie se rugby bal sommer so onder die rugby oefening gesteel was. ‘n Bal waarop sy naam geskryf was. Groot geskryf was. Toe wonder ek mos, “Wat het sy bal by die skool gemaak?” Die antwoord was baie eenvoudig. Hulle word aangemoedig om hulle balle skool toe te neem, as hulle balle het. Dit maak die oefening net soveel makliker. Skryfbehoeftes is baie populere verdwyngoed. Dis klein en kan maklik verdwyn en die verdwyning word oor die algemeen nie opgemerk tot volgende keer dat die leerling dit nodig het nie.

Verder was dieselfde seun se splinternuwe skoolbaadjie gesteel op die dag wat hy dit die eerste keer gedra het. Sy naam was met groot swart letter met ‘n permanente ink pen in die baadjie geskryf. Toe het ek gewonder of die onderwysers dan nie die kinders se tasse deursoek as so ‘n diefstal plaasvind nie? Ek meen… HELLO?? In klastyd kon dit net ‘n klasmaat gewees het wat die goedere geneem het. Toe word ek vertel dat hulle net tasse deursoek as iets van die onnies gesteel was. Mag ek dit gesteel noem? Dalk moet ek eerder sê: “Ekskuus, as iets van die onnies geneem of verdwyn het.” In die geval waar ‘n kind gaan kla oor iets wat uit sy / haar tas, stoel, sak verdwyn het, dan kondig die hoof of kantoordame dit af en dan moet die kind wag totdat iemand, indien iemand dit by die kantoor gaan inhandig.

Ek weet dit is baie ongrondwetlik om ‘n kind se tas, sakke, hoed te deursoek vir gesteelde goedere. Maar ….. dis net so donners ongrondwetlik om hulle tasse, sakke en hoede te deursoek as ‘n onderwyser se besittings ander woonplek gekry het. Aan die einde van die dag kan die deursoekery, selfs net met die verdwyning van ‘n pen of uitveer die afskrikmiddel wees wat nodig is. Ek het toe ook gehoor dat ouers in sommige gevalle hulle kinders aanmoedig om te steel omdat hulle goed gesteel was. Of omdat hulle nie gehad het nie. Of omdat ouers voel dis beter dat hulle kinders steel as wat dit is vir die ouers om die geld op te offer vir wat hulle kinders op skool nodig het. Met die prys van skoolfonds vandag, kan min ouers seker bekostig om al die goed te koop. Die handelsmerke of name word nie net voorgestel nie, maar kinders kry raas as hulle met ander handelsware as die wat vereis word opdaag.

As my kinders by die huis opgedaag het met iemand ander se besittings, sou ek gesorg het dat dit terugbesorg word. Hoe maak hulle net die name wat op die artikel is? Di volgende skool dra immers nie dieselfde skool baadjies as die vorige nie.

Gedagte van die dag: Leer tog kinders dat mense hulle kinders se besittings merk om te verseker dat dit die betrokke kind se eiendom bly.

Entry filed under: Askies????.

Aandag afleibaar. Generaal generaal

3 Kommentaar Add your own

  • 1. Klip  |  Julie 31, 2013 om 11:34 vm

    My hart was so n paar keer gesteel op skool….. verlang ek darem nou weer terug

    Antwoord
  • 2. hoendersop  |  Augustus 1, 2013 om 9:14 nm

    My dogter se skoolbaadjie is in Gr 9 gesteel. Haar naam was ook groot in koki op die veering aan die binnekant geskryf. Sy’t geweet wie dit gesteel het maar sy was te bang vir die meisie om haar te konfronteer. Haar vriendin het toe maar net op ‘n dag die baadjie weer teruggesteel vir haar. Skokkend dat dit so gaan. Ek weet onderwysers wil ook nie betrokke raak by sulke sake nie.

    Antwoord
    • 3. Olga  |  Augustus 2, 2013 om 11:35 vm

      Dis is reeds na my mening as gevolg van die land se onbetrokkenheid dat die land elke dag sigbaar in sy maai gaan. Whoop whoop vir jou dogter se vriendin. ‘n Paar taai klappe daarby sou gawe beloning gewees het.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter