Aandag afleibaar.

Julie 29, 2013 at 10:58 nm 6 Kommentaar

tuin

Ek het om en by twee weke gelede vir myself ‘n taak gestel en oor die algemeen is dit genoeg rede om mymet my neus teen die meulsteen te hou totdat die taak voltooi is. Ewentwel, die taak was tweedelig.

tuin2

Toe die taak 70% voltooi was ek ek gesien het dat ek spertyd gaan haal, het ek bietjie asem geskep. Ek het buite geloop nadat ek Blaffer en Lapman omgeruil het. Toe vind my voete hulle weg tuin toe. Toe ek vir my kom kry het, het ek in die tuin gewerk en geoes ook. Omdat Lapman saam was, moes ek ‘n oog hou, hy onthou nie altyd dat hy nie in die tuin mag oorhaal nie. Dit is streng verbode. Hy mag eintlik glad nie in my groente tuintjie kom nie, maar solank hy hom gedra en uit sekere beddings wegbly, duld ek hom. Bessie lê in die skadu waar sy uit my pad is, maar my steeds onder oog kan hou. Toe kom ek agter dat hy homself help aan die kleiner wortels asof hy instinktief geweet het dit gaan in die sak vir hulle pap in die vrieskas land. Hy het al die klein wortels met smaak opgeeet.

tuin1

Ek wonder altyd hoe kan groente so verskil. Die wortels in die bedding was almal op dieselfde tyd geplant, tog was daar wortels wat ek moes uitspit so groot was hulle en ander wat ou Lapman as middag happie vir homself geneem het omdat hulle so klein was.

Gedagte van die dag: Ek het my taak voltooi en met tyd om te spaar.

Advertisements

Entry filed under: Uncategorized.

Wat is frustrasie ? Diefstal op skool???

6 Kommentaar Add your own

  • 1. Kameel  |  Julie 30, 2013 om 12:38 nm

    Daardie wortels wat Lapman so smaaklik geeët het laat my terugverlang plaas toe, Ons het sommer so in die speel vir ons ‘n wortel of twee uit die grond getrek, onder die kraan afgespoel, en al kouende verder gespeel. Geen wortel het ooit weer so lekker gesmaak nie.

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Julie 30, 2013 om 3:15 nm

      Lol, my oudste het ook graag BEET uitgetrek en al te smaaklik gekou. Darem ook gewas. 😉

      Antwoord
  • 3. Klip  |  Julie 31, 2013 om 7:36 vm

    Die natuur is sommer baie interresant(sp?)Net nadat ek gegradueer het in die sondagskool , en my eerste dag in die verbetering skool, het ek ook besef dat dit met ons klomp seuns dieselfde is as met daardie wortels van jou

    Antwoord
    • 4. Olga  |  Julie 31, 2013 om 9:27 vm

      😆 Het hulle jou gemaak of gebreek in die verbeteringskool? Is daar enige rekords wat jy opgestel het, klip?

      Antwoord
  • 5. Klip  |  Julie 31, 2013 om 11:31 vm

    Na drie jaar in st 1 , sit die juffrou nou nog in n inrigting.
    Rekords?? Ek het ere klere of is dit kleure gekry vir stront praat

    Antwoord
    • 6. Olga  |  Augustus 1, 2013 om 12:04 vm

      Geluk Klip. Het jy darem n trofee of medalje gekry vir jou mooi orestasie? 😆

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: