Hoe nou????

Julie 24, 2013 at 11:51 nm 6 Kommentaar

Mense kinders! Waar daar vier, ja vier motorhandelaars een werkswinkel deel, kan jy verseker nie flink diens verwag nie.

Verlede week het my Nolie se kar ingeneem vir ‘n diens en om ‘n olielek te laat herstel. Hy was Donderdag gesê dat hy die kar Saterdag kan terug kry. Uhmmmm. Wat weet jy. Vrydag middag net so voor vier kry hy ‘n oproep van Suzuki af, iets anders het gebreek aan die kar. Ekskuus? Die kar is agtien maande oud. Eers het iets aan die onderstel gebreek wat met die eerste diens herstel is. Mens sal tog verwag dat ‘n vier by vier ‘n taaier onderstel of dan “stablelizer arms” sal hê as ‘n gewone kar. Toe blykbaar nie. Want as jy ‘n slaggat of ‘n randsteen sus of so tref, dan knak die goed maar. ??? (Hoekom sal enige mens ‘n viertrekvoertuig wil hê vir glad geteerde paaie????) Wie op die gesig van die aarde ry oor randstene en deur slaggate met jou eie kar? Dis mos hoekom jy jou ma se kar ry, nie waar nie? Maar nou ja. Julle weet mos, dis altyd die bestuurder se skuld.

Ewentwel, Vrydag middag is iets anders stukkend aan die agtienmaande oue kar met net 40 000km op die klok. Maar, hulle sal die nuwe onderdeel eers Maandag kan bestel wat beteken die kar sal eers Woensdag reg wees. Nee, hulle het nie / gee nie hoflikheids of dan leen voertuie nie. As jou kar nog ‘n probleem optel tydens herstelwerk en hy is 400km van jou huis af, moet jy mos jou sterre dank dat hulle dit daar opgetel het en aangesien jy nie verlof kan kry nie, moet jy maar ‘n bus of taxi neem hulle het nie of gee nie leen kar of hoflikheidsvoertuig nie. Maar belowe hulle die volgende dag toe hy sy sleutel uit die stukkende kar gaan haal het, sodra die kar Woensdag klaar is, sal ons die kar by jou ma se huis gaan aflewer. Al is dit sowat 100km weg. Dis geen probleem nie.

Om ‘n lang storie kort te maak, vandag het hulle my noolste Nolie gebel en gesê hulle ry nou om sy ma te gaan oplaai, dan moet sy ma die bode terug neem Nelspruit toe, dan eers kan sy hus toe gaan met sy kar. Raai wat het sy ma hulle vertel? Dis reg! Om in hulle moere in te vlieg. As my kar gediens word, kry ek ‘n hoflikheidsvoertuig. Dit neem gewoonlik nie meer as ses ure nie. wat ek ook dink stront is. Somtyds het ek al my Fordjie 7.30 afgegee en 11 uur terug gekry. Maar nou ja. As dit is hoe hulle kliëntesorg is, hoop ek al wat mens is wie ‘n Suzuki wil ry gaan eerder Polokwani of Witbank toe. Maar maak net eers seker wat hulle kliëntesorg status is. Daar is wragtig perke aan alles en ‘n onderneming wat ‘n vy voel vir hulle kliënte behoort nie kliënte te hê nie.

Gedagte van die dag: ‘n Tevrede kliënt is een wie terug gaan. Maar ene wie swak diens kry gaan elders.

Advertisements

Entry filed under: Hoogsb4k.

Hoe sê mens Beloning oh yeah

6 Kommentaar Add your own

  • 1. d1rki3  |  Julie 25, 2013 om 10:01 vm

    Dit beleef ons deesdae met Versekeringsmakelaars..as daar nie kommissie te krye is nie..sukkel jy jou tot in grysheid vir diens en raad en wat ookal.

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Julie 25, 2013 om 10:17 vm

      Net so hoor. gaan loop rond in n winkel (meubel/ klere ens) en kyk hoe vinnig is daar n klerk by om jou te help. Maar loop in dieselfde winkel in met n pakkie in jou hand en kyk waar is hulle????? Weg!!!!! Suzuki het met die eerste diens vir my seun n kwitasie van oor die R8000 gegee vir die stablizer ding wat stukkend was. Toe hy vra of die waarborg dit nie dek nie, toe kan die ding deur geen tot die volgende diens. Toe het hy gese die kar is nou daar, HERSTEL dit.

      Antwoord
  • 3. maans  |  Julie 25, 2013 om 10:33 vm

    jy wag net twee dae ny plekke wat hulle parte by wapsites soos olx koop. dis mos goedkoper. se vir jou seun om te kyk of die nuwe parte geniune is.

    hulle sien anyway die jong latte wat daar rond staan met hulle jeep broeke en qs hemde en bloei hulle net omdat hulle kan. jy word mos geleer latte het meer ego as geld. hulle sal nie kla nie.

    Antwoord
  • 4. maans  |  Julie 25, 2013 om 10:46 vm

    en weet jy wat? jy moes dai bode by die taxierenk gaan aflaai het. dis mos sien en kom klaar. ek hoop jou laitie weet hoeveel km was op toe hy dit ingegee het. niemant hoef 3090 km te ry om n klient se kar te toets nie.

    Antwoord
    • 5. Olga  |  Julie 25, 2013 om 12:50 nm

      Uitstekende plan. Vir volgende keer. Het n herstel hawe soveel km’s op jou kar gesit tydens “herstelwerk?”

      Antwoord
  • 6. Klip  |  Julie 26, 2013 om 5:27 vm

    Party van die “mec kan niks” doen eers n kursus in bullshit voor hulle met kliente werk. Dis nou mense wat op hulle voete kan dink.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: