Dinge wat mens laat lag.

Julie 21, 2013 at 9:32 nm 3 Kommentaar

Ek het gister nuusgeluister soos altyd op die radio. Weet jy, deesdae loop en giggel ek so gereeld vir die stront wat die nuus maak, dat ek al bekommerd begin raak oor my gemoedstoestand. Ek dink ek met ‘n partydjie nodig. Wonder of ‘n sekere merrie iets sal kan reël? 🙂

Ewentwel, ek hoor toe onder andere dat die fliek “Of Good Report” die eerste fliek is om sedert 1994 verban te word deur die rolprent- en publikasieraad (FPB). Eers klap ek my tong, toe hoor ek “kinder pornografie” en klap my tong weer ‘n keer. Sedert die boek “Dis ek Anna” het soveel skrywers met die onderwerp begin hoer. Sommige was suksesvol, ander het ek gelees en het ‘n dem harde tyd gehad om dit te voltooi. Hoe verder ek gelees het aan sommige van die drek, hoe meer tee het ek daarvoor geword. Maar nou ja, wat ek begin,moet ek voltooi. Ewentwel, toe gaan die nuusberig verder en sê Jahmil XT Qubeka, regisseur, het sy ID boekie opgeskeer en gedreig om die land te verlaat. Toe blêr ek behoorlik van die lag.

Het die mens nou werklik gedink dat hulle die FPB gaan regop sit en hulle besluit omdraai omdat hy sy ID boekie opgeskeer het? Hoe dit ookal sy, dit het my laat wonder, wat laat ander mense lag?????

Gedagte van die dag: Bly warm en hoop julle het almal ‘n fantastiese week.

Advertisements

Entry filed under: Uncategorized.

….en ek gee jou ‘n skaap! Die hele wêreld wag.

3 Kommentaar Add your own

  • 1. Kameel  |  Julie 22, 2013 om 12:37 nm

    Daar kom tye in my lewe wat ek net weet as ek nie nou iets kry om oor te lag nie, gaan ek op ‘n hopie sit, en bitterlik huil. Ek vind komedies nie lagwekkend nie…. dus draai ek na “reisboeke” toe. Daar gebeur soveel lagwekkende dinge met mense in vreemde lande, dat dit soos ‘n tonikum (hoop daar is so ‘n woord) op my inwerk. Ek sou lekker oor die paspoortstorie in ‘n boek gelag het.

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Julie 22, 2013 om 9:42 nm

      Ek is soos in glad nie lief vir tv, fliek ens nie. Mees sielsdodend is ‘n musiek video. ek kan so vir my lewe nie insien hoekom mens musiek dvd’s kry nie. Maar, ek dwaal alweer, indien jy dit nog nie gekyk het nie, kyk gerus Piet se tante. Onverbeterlik. Steeds in swart en wit. As dit my lagspiere kon prikkel, Sally, glo ek dit sal vir jou ook iets doen. 😉 hopelik.

      Antwoord
  • 3. Kameel  |  Julie 23, 2013 om 1:02 nm

    Ons het soos gladnie DStv of Tv 1,2,3 en etv nie. As Piet se tante erens te koop is kan ek dit gerus kry. Het jy al “Dinner for Two,” gekyk? Weet nie wat dit met die “fliek” is nie, maar hy laat my skater.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: