bou ‘n ???

Julie 10, 2013 at 10:26 nm 5 Kommentaar

Luister jy radio of kyk tv en daar is die ou advertensies wat vir my neerkom op geestelike verkragting. Die soort wat sê hoedat ons nie moet krag mors nie. Ons moet krag spaar. Julle weet mos, die 49m ding ht ook hierop neergekom.

Ewentwel, Dinsdag moes ons Nelspruit toe gegaan het. Ons het vroeg gery aangesien ons al vroeg daar moes wees. Mis was bietjie dik, maar halfpad tussen Graskop en Sabie het die mis die wyk geneem. Toe ons egter aankom Sabie se kant toe, by die lokasie / township / nedersetting Simile, kom ek agter dat al die straatligte nog brand. As die nie was vir die wolke wat laag gehang het, sou die son al ‘n hele ruk lank geskyn het, dit was immers al 7.30. Aangesien ek ‘n passesier was, kon ek bekostig om goed te kyk. Nie net het die straat ligte en groot spreiligte gebrand nie, nee, nee. Elke huis se buiteligte het ook gebrand. Ek is ernstig. Ek kan met sekerheid sê dat by al wat huis was, ten minste een buitelig gebrand het.

Dis tog so lekker om te mors as mens nie self vir die verkwisting betaal nie. By my huis, moet ek die krag wat dit vat om ‘n buite lig te laat brand betaal.

Gedagte van die dag: Gee gee gee. Die “Nie Swart” bevolking betaal mos.

Advertisements

Entry filed under: Bitch en Moan.

Ek kan nie sien nie. Prettig

5 Kommentaar Add your own

  • 1. Klip  |  Julie 11, 2013 om 8:59 vm

    Goeie more! Ek het n prepaid meter , en ek gebruik my krag soos ek wil. Gisteraand was die krag af vir n ruk , maar die informal settlement se krag was nog aan. Ek sit fokkol af sodat die nigerians kan krag steel nie.Die onderwerp maak my beswaard………. Ek het n koei maar ek moet my melk rantsoeneer. En die koei word al hoe vetter en vetter

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Julie 11, 2013 om 9:17 nm

      Sodat die Nigerians haar kan kom leeg maak. Hulle maak dit oral in die media ‘n gewete saak. Maar dan ry jy verby die lokasie en die buiteligte brand almal. Wie betaal daarvoor? Ons.

      Antwoord
  • 3. Kameel  |  Julie 11, 2013 om 1:09 nm

    Hier in die stad is die krag nooit minder as R5,000 ‘n maand nie… en dit in die somer. Laas winter was die krag R8,000 ‘n maand. Skoonseun het intussen metertjies vir die geysers laat installeer… die water word net in oggend en aand warm. Ons gebruik nie hierdie winter verwarmers nie, alles om te probeer spaar.

    Antwoord
    • 4. Olga  |  Julie 11, 2013 om 9:19 nm

      Ek kan nie eers dink wanneer laas het ons ‘n verwarmer aangesit nie. As dit te erg raak gaan klim ek maar in die bed. Sonder ‘n elektrise kombers. Ek kry niks gratis nie. Moet betaal van die eerste tot die laaste eenheid wat ek gebruik.

      Antwoord
  • 5. brieweuitdievreemde  |  Julie 15, 2013 om 2:26 nm

    En kan daai geld vir die advertensies dan nie beter gebruik word nie? Ongelooflik hoe baie geld in hierdie land net gemors word. Ongelooflik. Hier’s genoeg geld, ek is oortuig daarvan. Maar……….

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: