Die hande met die merke op

Julie 5, 2013 at 1:21 nm 13 Kommentaar

Ons het almal seker al hierdie e-pos gekry, maar vanmiddag deel ek dit weer met julle. Dit is vir my so mooi dat dit trane na my oë bring.

DIE HANDE MET DIE MERKE

n Jong man het aansoek gedoen vir n bestuurspos by n groot
maatskappy. Hy het die eerste onderhoud suksesvol afgelê, en daar
was n opvolg onderhoud gereel sodat hy die direkteur van die maatskappy
kon ontmoet.

Deur sy CV het die direkteur gesien dan die jong man se akademiese
prestasies van uitstekende gehalte was. Die direkteur het na die jong man
gekyk en vir hom gevra: “Het jy enige beurse gehad waarmee jy gestudeer het?” en die jong man het geantwoord : “Nee”

“Was dit jou vader wat al jou studie geld betaal het”

“Nee,” se die jong man weer, “My vader is oorlede toe ek een jaar oud was, dit was my moeder wat vir al my studies betaal het.”

” Waar het jou moeder gewerk?”

“My moeder het ander mense se klere gewas ”

Die direkteur vra toe die jong man om sy hande vir hom te wys. Die jong man het sy hande uitgesteek en verbaas na die direkteur gekyk. Wat sou sy hande met die onderhoud te doen hê. Die direkteur het na die jong man se hande gekyk, hulle was glad en perfek versorg.

” Het jy ooit jou moeder gehelp om die wasgoed te was?”

“Nooit, my moeder wou altyd hê ek moet lees, en studeer, en buitendien kan my moeder wasgoed baie vinniger en skoner was as wat ek ooit kon droom om dit te doen.”

Die direkteur se toe vir die jong man, “Ek wil he jy moet huis toe gaan vandag, en dan moet jy jou moeder se hande met room smeer, en dan sien ek jou weer moreoggend hier”

Die jong man het gevoel hy kan dalk die werk kry, en hy is huis toe om vir sy moeder te vertel van die onderhoud. Toe hy later by haar sit, sê hy vir sy moeder hy wil graag haar hande room smeer. Vir die moeder was dit n snaakse versoek, maar met gemengde gevoelens het sy die buisie room na hom toe uitgehou en toe haar hande uitgesteek na hom toe.

Die jong man het sy moeder se hande in syne geneem, en toe begin die trane oor haar hande rol, vir die eerste keer in sy lewe het hy gesien hoe vol plooi, en eelte sy moeder se hande was. Plek plek was die hande oopgebars en het sy ineengetrek toe hy dit saggies met room begin invryf.

Dit was die eerste keer dat die jong man besef het dat daardie paar hande wat soveel bondels wasgoed gewas het, vir sy studiegeld betaal het. In ysige winter koue en stomende somer hitte het sy onverpoosd gewerk. Daardie vereelte hande het sy toekoms rooskleurig geverf. Daardie stukkende hande het gesorg vir n uitstekende geleerdheid.

Na hy sy moeder se hande goed gesmeer het, het hy die volgende bondel wasgoed opgetel en stil stil daarmee verdwyn om dit vir haar te gaan was.

Daardie aand het moeder en seun tot baie laat gesels. Die volgende dag het die jong man weer aangemeld by die direkteur virsy onderhoud.

Hy het gesien die trane sit nog baie vlak in die jong man se oe. “Het jy toe gedoen wat ek vir jou gese het?” het hy gevra.

“Ja, ek het my moeder se hande room gevryf en toe het ek die res van die wasgoed vir haar gewas. Ek het nou eers besef dat ek nooit waardering gehad het, vir dit was sy al die jare vir my gedoen het nie. Sonder haar sou ek nie vandag vir hierdie pos kon aansoek doen nie. Toe ek gister daardie vreeslike bondel wasgoed was, toe voel dit asof my skouers wil afskeur. Toe besef ek eers hoe groot haar opoffering was al die jare.

“Die pos is joune, eers as iemand waardering en dankbaarheid kan betoon, is hy gereed vir so n pos.”

Kyk vandag om jou rond, daar is baie mense wat baie opgeoffer het in die lewe om ons te gee wat ons vandag het. En dan is daar n Hemelse Vader wat alles opgeoffer het, sodat ek en jy nie nodig het om gestraf te word vir al ons verkeerde dade nie. Kyk na Sy Hande vandag, Hulle dra die merke van hoe Hy vir ons gely het, hoe Sy liefde ons straf gedra het.

Het ons al vir Hom die nodige dank en waardering gewys vir die merke op Sy Hande? Kom ons maak hierdie dag anders, kom ons wys waardering aan al ons geliefdes en kom ons wys dankbaarheid en waardering aan ons Hemelse Vader wat so mooi na ons kyk. Sonder Sy opoffering sou ons lewens baie anders verloop het.

Gedagte:
Bly warm en bly veilig.

Advertisements

Entry filed under: geleen.

Het jou! Ek stem.

13 Kommentaar Add your own

  • 1. tommieblog  |  Julie 5, 2013 om 3:26 nm

    Dankie Olga… nou sit ek ook en huil… 😀

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Julie 5, 2013 om 8:51 nm

      Tissue Tommie? 🙂

      Antwoord
  • 3. Klip  |  Julie 5, 2013 om 4:59 nm

    Pragtig , werd om te copy en ook aan te stuur wat ek gedoen het. Hoop nie dit het n kopiereg op nie

    Antwoord
    • 4. Olga  |  Julie 5, 2013 om 8:50 nm

      Nie sover ek weet nie Klip. Hou jy die naweek ons ligte aan?

      Antwoord
      • 5. Klip  |  Julie 7, 2013 om 7:28 nm

        Ek het gister vir my n groter generator aangeskaf, en met n 5000lt watertenk en n skerp graag om gaatjie te grou vir n toilet sien ek kans wir alles wat na ons kant toe kom hier in stinkbank

      • 6. Olga  |  Julie 7, 2013 om 9:05 nm

        Goed vir jou. Het jy ondergrondse bunker ook gegrou?????

      • 7. Klip  |  Julie 8, 2013 om 2:01 vm

        As n mens in die dorp n gat grou , gaan jy in elk geval op brandende steenkool afkom.

  • 8. maans  |  Julie 6, 2013 om 7:11 nm

    dankie.

    Antwoord
  • 10. Bryant H. Carr  |  Julie 15, 2013 om 8:51 vm

    Toe ek nog ’n jong meisie was, het my moeder soms daarvan gehou om ontbyt kos te maak vir aandete. Ek onthou een aand in besonder toe sy weer na ’n lang, harde dag se werk ontbyt kos aandete gemaak het. Daardie aand het my moeder ’n bord met eiers, worsies en besonder erg gebrande roosterbrood voor my vader neergesit. Ek onthou dat ek intens gesit en wag het om te sien of iemand die gebrande roosterbrood gaan opmerk of iets sê daaroor!Maar al wat my vader gedoen het was om sy roosterbrood te neem, vir my moeder te glimlag en my te vra hoe was my dag by die skool. Ek kan nie eens onthou wat ek hom daardie aand geantwoord het nie maar ek kan baie goed onthou hoe ek hom dopgehou het terwyl hy botter en konfyt op die roosterbrood gesmeer het en die laaste krieseltjie opgeëet het.Toe ek van die tafel af opstaan daardie aand, onthou ek hoe ek gehoor het my moeder verskoning maak aan my vader vir die gebrande roosterbrood. Ek sal nooit vergeet wat hy aan haar gesê het nie: “Liefie, ek hou van gebrande roosterbrood.”Later die aand het ek gegaan om vir vader goeienag te soen en hom gevra of hy regtig van gebrande roosterbrood hou. Hy het my in sy arms omhels en gesê, “ Debbie, jou moeder het ’n harde dag se werk agter die rug en sy is regtig moeg. En ’n bietjie gebrande roosterbrood het nog niemand doodgemaak nie!”Jy weet, die lewe is vol van onvolmaakte dinge……..en onvolmaakte mense.Ek is nie die beste huishoudster of kok nie maar wat ek geleer het oor die jare is om mekaar se foute te aanvaar – en eerder te verbly in mekaar se verskille. Dit is een van die belangrikste sleutel om ’n gesonde, groeiende en gelukkig verhouding te skepDit is my gebed vir jou vandag. Dat jy sal leer om die goeie en die slegte van jou lewe te neem en dit te lê voor die voete van Vader Yahweh. Want op die einde is Hy die enigste een wat aan jou ’n verhouding kan gee met ander waar gebrande roosterbrood nie saak maak nie.

    Antwoord
    • 11. Olga  |  Julie 22, 2013 om 10:26 nm

      So waar.

      Antwoord
  • 12. Myrna Russo  |  Julie 22, 2013 om 9:53 nm

    Punt nommer 3 – dit kom toe uit dat die dogtertjie op die foto in pleegsorg in Engeland deur ‘n ander kind gebliksem is. Ek praat nou hier van klein kinnertjies. En dis die punt – daardie kind sou nie die ander een geslaan het as hulle dit nie in hulle lewe ken nie. Daardie kind wat op daardie jong ouderdom daardie gedrag toon word verseker mishandel of het geweld om hulle.

    Antwoord
    • 13. Olga  |  Julie 22, 2013 om 10:31 nm

      Ai, waar is die dae toe ‘n “pak slae” nie onder geweld geressorteer het nie. Kinders slaan, kinders maak ander seer, of hulle nou daarmee saam lewe of nie. Hulle sien dit. Selfs op tv. Ek twyfel sterk of daar kinders is wie nie voor die aapkas gelaat word nie.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: