What is it good for?

Julie 2, 2013 at 11:25 nm 15 Kommentaar

bm

Absolutely something. Die ander dag roep my foon. Dis maar meestal “bm’s” maar soms ook een van my kinders of my mensies wat net “hello” sê. Ek moet nogal eerlik erken, ek geniet meeste van die “bm’s” ook.

Be that as it may, ek kyk en daar staan dit “Tannie as ek vir jou ‘n foto stuur, sal jy my kan sê hoe om dit te brei?” Ek het gesê miskien, stuur gerus dat ek kan sien. Toe ek die foto gekry het, kon ek darem help en die patroon uitlê. Toe kom die versoek “Kan Tannie dalk vir my ‘n foto stuur om te wys hoe lyk regs en aweregs?” So gesê, so gedaan. Die fotos wou nie te lekker werk nie. Ek het probeer verduidelik en later maar ‘n video greep opgeneem en nog een en nog een en nog een. Elke keer die foon op ‘n ander hoek probeer hou en na vele pogings darem ene reggekry waar die foon nie op elke moontlike plek los gekom en geval voordat die verskil gesien kon word nie.

Nie lank daarna nie, het ek weer ‘n foto gekry en sy het dit reggekry. Ons het gister ‘n truitjie begin. Sy het agtergekom dat sy dit geniet om te brei. Nou ja, my wyse Moedertjie het altyd gesê wees bly as jy iemand iets goeds kan leer.

Gedagte van die dag: Tegnologie maak alles net soveel makliker

Advertisements

Entry filed under: Waarhede.

Wat is dit? Oudag

15 Kommentaar Add your own

  • 1. seegogga  |  Julie 3, 2013 om 12:05 vm

    WOW, MISKIEN MOET JY VIDEO’S OP YOUTUBE SIT OM DIE JONGMENSE TE LEER!

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Julie 3, 2013 om 1:43 nm

      Dink jy hulle sal enigsins daarna kyk krappie? Miskien moet ek dit verduidelik en elke tweede word n vloekwoord maak. Dan sal dit miskien. 10 “hits” in 100 dae kry. 😉

      Antwoord
  • 3. Klip  |  Julie 3, 2013 om 11:06 vm

    Hulle moet nou net n iphone ontwerp wat soos n breinaald lyk , twee vir die prys van een aanbied en dan sal vandag se jongmense leer brei

    Antwoord
    • 4. Olga  |  Julie 3, 2013 om 1:46 nm

      Dalk moet daardie iphone se vermoee om musiek weer te gee afhang van die spoed waarteen hulle brei, Klip. 🙂 dan gaan jy hulee sien brei.

      Antwoord
  • 5. Klip  |  Julie 3, 2013 om 11:27 vm

    THE ‘Y’ CHROMOSOME

    People born before 1946 are called – The Greatest Generation.

    People born between 1946 and 1964 are called – The Baby Boomers.

    People born between 1965 and 1989 are called – Generation X.

    And people born between 1990 and 2010 are called -Generation Y.

    Why do we call the last group -Generation Y ?

    Y should I get a job?

    Y should I leave home and find my own place?

    Y should I get a car when I can borrow yours?

    Y should I clean my room?

    Y should I wash and iron my own clothes?

    Y should I buy any food?

    Antwoord
  • 6. Klip  |  Julie 3, 2013 om 11:29 vm

    Die jongmense kan mos maar “alles” doen, solank hulle net nie rook nie

    Antwoord
    • 7. Olga  |  Julie 3, 2013 om 1:48 nm

      😆 Ja nee, dan kan hulle maar kindeers maak en aborteer na hartelus. Solank hulle net nie rook nie. 😉 NSA logika verstom my. Moet wees omdat my ik so laag is.

      Antwoord
  • 8. Kameel  |  Julie 3, 2013 om 1:05 nm

    Ek en my vriendin praat nou die dag oor “brei kafees,” waar vroue saamkom en brei. Miskien moet jy so iets begin 🙂

    Antwoord
    • 9. Olga  |  Julie 3, 2013 om 1:51 nm

      Woon nie in die dorp nie Sally. 🙂 Cinderella wou anderdag my Nina vir naaldwerk klasse inskryf. Sal die klein snip haar ma vertel dankie, maar baie nee dankie. Dis vervelig sy wil eerder gaan vir dansklasse.

      Antwoord
      • 10. Kameel  |  Julie 3, 2013 om 7:05 nm

        Dit klink meer na vandag se jeug 🙂

  • 11. Klip  |  Julie 3, 2013 om 2:10 nm

    Oooops ek het aan iets anders gedink waar vrouens bymekaar kom, so dat die mans na hulle breiwerk kan kyk

    Antwoord
    • 12. Olga  |  Julie 3, 2013 om 4:26 nm

      😆 wou jy vooesitter van die kykklub gewees het?

      Antwoord
  • 13. Klip  |  Julie 3, 2013 om 6:46 nm

    Knit one slip one, dan nog plain en purl….. Waar meer as een vrou bymekaar is moet die mans maar weg bly *S*

    Antwoord
    • 14. Olga  |  Julie 3, 2013 om 10:17 nm

      Ai Klip, ek het gedink ek kan jou persoonlik wys hoe skpsso werk. Jy het dit dan nie op jou patroon hierbo nie.

      Antwoord
  • 15. Klip  |  Julie 4, 2013 om 7:06 vm

    nou het ek letterlik al my steke verloor *S*

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: