These boots

Junie 18, 2013 at 11:08 nm 4 Kommentaar

boots

Wie wil dan nou nie graag ‘n geskenk waarvan jy hou gebruik nie? My Tumi vir my vir Moedersdag ‘n pragtige paar stewels gegee. Die hakkies is dalk so bietjie hoër as waarmee ek gemaklik sal wees, maar ek het vir “Sisters with blisters” ‘n paar sandale gedra met 9.5cm hoë hakke en vier en ‘n half kilometers daarop geloop. Twee keer. Hierdie’s is dan net twee derdes daarvan.

Ewentwel, my noolste Nolie het sowat drie weke gelede huis toe gekom en ons is met sy bollie bike Nelspruit toe. Hy het my vertel dat die kar gaan vir ‘n reperasie. Toe het ek alreeds my nuwe stewels aangehad. Met ‘n paar tekkies in ‘n sak vir as die nuwe stewels my voete sou baasraak. Nou wel, aangesien die kar by die motorhawe sou wees vir ‘n paar ure moes ek toe maar my tekkies by die huis los. Dis nou wel nie my aerobics tekkies nie, maar ek wil hulle nie graag verpas omdat hulle met die een of ander motorhawe werker op die bus geklim het nie. Daar is ons toe weg. Arrie gedorie! By die motorhawe het hulle die onderdeel wat nodig is (op ‘n 2012) voertuig nie in voorraad nie en sal nie aan die bolliebike kan werk nie. Daar staan ek toe gestewel en gespoor. Moes toe maar sien en kom klaar.

Ewentwel, van die een winkel na ‘n ander. Van die een inkopie senter na die volgende. Aan en aan. Ek het later net eenvoudig geweet dat ek nie eers meer waggel nie. Ek wou op ‘n stadium sommer by Edgars of Mr P insnol om vir ‘n paar plakkies te gaan kry. Maar julle weet mos hoe dit gaan, daar was helaas niks die koop werd nie. Ek is beslis te suinig om iets te koop en goeie geld daarvoor te betaal en dan geen nut daaraan he nie.

Toe strompel ek maar voort, met pisvoetjies, op my opgehefde spore. Ek weet later nie meer watter kant toe nie. Maar ai, die nool neem ons na al wat winkel is, behalwe ‘n plek wat BLERRIE PLAKKIES of PANTOFFELS aanhou. Teen twee uur was ons in Clicks en sy Mina het al agter gekom dat ek in die dieptes van diepste voete hel verkeer. Toe sê sy: “Kom ons ruil skoene.” Ek het begin giggel. Toe sê sy, “soos regtig.” Ek kon omtrent net omkap van dankbare verligting. Net daar tussen die rakke haar produkte gryp ek ‘n Moedersdag stewel van en stoei dit van my voet af. Almal wie my ken weet hoe voel ek oor ‘n stoel wat warm gesit is. Ek voel net so oor ‘n skoen wat iemand anders warm gedra het. Maar ek kon nie gou genoeg my voet in daardie warm gedrade tekkie van haar steek nie.

Toe ek die tweede stewel aan’t afstoei is, kom Nolie agter ons is nie meer saam met hom nie. Toe kom hy in die gang afgewaad met sulke reuse lang tree. Toe hy by ons kom, sis hy so tussen sy tande deur “Blerrie amateurs>” En stap verby so asof hy bang is die mense sal dink hy ken ons.

Kyk, ek kon self met die tekkies aan, nie te gemaklik meer gestap het nie. Ook geen wonder nie. Ek het drie, ja, DRIE reuse pannekoeke op my voetsole gehad.

Gedagte van die dag: Nog nooit was iemand anders se warm geloopte tekkies so hemels nie.

Advertisements

Entry filed under: Mense en hulle dinge.

Winter Jesus se kind

4 Kommentaar Add your own

  • 1. Kameel  |  Junie 19, 2013 om 10:37 vm

    Ai Olga ek voel vir jou!!!! Voel ook soos jy oor ander se skoene, maar dink ek sou ook die genade aangegryp het.

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Junie 23, 2013 om 10:37 nm

      Glo vir my ek het dit met altwee hande aangegryp. Ek het hulle vandag weer kerk toe gedra en dit gaan nou al heelwat beter.

      Antwoord
  • 3. maans  |  Junie 21, 2013 om 10:16 vm

    4.5 km op 9.5 cm hakke? hoehie. my eerste tree sak ook my laaste tree wees.

    Antwoord
    • 4. Olga  |  Junie 23, 2013 om 10:41 nm

      Dit het altwee kere verbasend goed gegaan. Die tweede keer het ek nie eers ‘n blaas gehad nie.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: