Hele varke

Junie 12, 2013 at 11:10 vm 8 Kommentaar

Ek het vanmore in die ysige koue die epos gekry. Daar in nou nie ‘n terugstuur adres by nie. Dit wys net “anonimail” maar daar is mos ‘n naam by. Al was dit nou nie vir my nie, tensy ek ‘n bloedjong sussie en ‘n noemnaam bygekry het waarvan ek nie bewus was nie. Dit het my so lekker laat giggel dat ek dit graag met almal deel. 😆 Daar was ook geen belofte of dreigement by nie. Ek dink julle sal toegee die spelling is onverwags puik. 😉

Beste Ketoolsie

Ek skryf die briefie maar stadig omdat ek weet jy kan nie vinnig
lees nie.

Ons bly nie meer op dieselfde plek as toe jy weg is nie. Jou pa
het in die koerant gelees dat die meeste ongelukke binne 20 kilometer van
die huis af gebeur, toe besluit ons om te trek. Ek kan
ongelukkig nie vir jou die adres gee nie want die vorige familie
het die nommers saam gevat, seker sodat hulle nie hulle adres hoef te
verander nie.

Hierdie plekkie is regtig oulik. Hier is selfs ‘n wasmasjien, ek
is nog net nie heeltemal seker hoe hy werk nie. Laas week het ek ‘n bondel
klere ingesit en die ketting getrek. Ons het nog nie weer die klere
opgespoor nie.

Die weer hierso is ook glad nie sleg nie. Dit het net twee keer
gereen laas week; die eerste keer vir drie dae en die tweede keer vir vier
dae.

Omtrent daai jas wat jy gevra het ons moet vir jou stuur; oom
Frikkie het gese dit sal te swaar wees in die pos, toe sny ons maar die
knope af hulle is in die linker boonste sak van die jas.

Pietie het gister sy sleutels in sy kar toegesluit. Ons het
rerig bekommerd geraak want dit het hom twee ure gevat om my en jou pa uit
te kry.

Jou suster het vanoggend ‘n baba gehad, maar ek het nog nie
uitgevind wat dit is nie, so ek weet nie of jy ‘n oom of ‘n tannie is nie.
Die baba lyk net soos jou boetie.

Oom Wessels het laas week in ‘n vat brandewyn geval. ‘n Paar
manne het hom probeer uithaal maar hy het hulle afbaklei en verdrink. Ons
het hom laat veras. Hy het vir drie dae gebrand.

Drie van jou vriende het met ‘n bakkie van die brug afgery Koos
het bestuur, hy het sy venster afgedraai en na veiligheid geswem. Jou ander
twee vriende het agter op gesit. Hulle het verdrink omdat hulle nie die bak
se klap kon oopkry nie.

Daar is nie meer nuus nie. Niks anders as die normale het gebeur
nie.

Liefdetjies
Jou gunsteling tannie Betsie.

Ns. Ek wou nog vir jou R25 insit maar ek het al klaar die
koevert toegeplak

Advertisements

Entry filed under: geleen.

Geestelike verkragting Resep vir geluk

8 Kommentaar Add your own

  • 1. Kameel  |  Junie 12, 2013 om 11:33 vm

    Olga sowat ‘n week gelede het ek gedink aan die stukkies wat geskryf is aan – ek praat onder korreksie – boetie wat in die army was en briewe van sy ouers gekry het. Hierdie een van jou klink baie na een van diè briewe. Dit was skreeusnaakse briewe wat in een of ander vorm gepubliseer was. Kannie meer mooi onthou nie. Sou hulle graag weer in die hande wou kry.

    Antwoord
  • 2. gerdajansen1  |  Junie 12, 2013 om 10:15 nm

    As julle dai bundel opspoor publiseer asb die naam. as dit so ketoolsie se brief lui wil ek dit ook he.

    Antwoord
  • 3. Klip  |  Junie 15, 2013 om 7:24 vm

    Ou Klip stop by ‘n robot langs ‘n jong vroutjie.

    Hy glimlag vir haar en draai sy venster af.

    Sy smile ewe mooi terug vir hom en draai haar venster ook af.

    Hy vra vir haar: “My wêreld het jy ook gepoep?”

    Antwoord
  • 5. Klip  |  Junie 16, 2013 om 7:42 vm

    IMPOSSIBILITIES IN THE WORLD

    1) You can’t count your hair.
    2) You can’t wash your eyes with soap.
    3) You can’t breathe when your tongue is out.

    Put your tongue back in your mouth, you silly person.

    Ten (10) Things I know about you.
    1) You are reading this.
    2) You are human.
    3) You can’t say the letter ”P” without separating your lips.
    4) You just attempted to do it.
    6) You are laughing at yourself.
    7) You have a smile on your face and you skipped No. 5.
    8) You just checked to see if there is a No. 5.
    9) You laugh at this because you are a fun loving person & everyone does it too.
    10) You are probably going to send this to see who else falls for it.

    You have received this e-mail because I didn’t want to be alone in the idiot category.
    Have a great Day. Laugh, and then Laugh and sing It’s a Beautiful Morning even when it’s not.

    “Do not regret growing older. It is a privilege denied to

    Antwoord
  • 6. Klip  |  Junie 16, 2013 om 11:47 vm

    Dalk n gepaste vraag wat gevra moet word in die Parlement ?

    Mev. die Speaker , die Weermag se begroting is R 250 miljard en 70%
    van ons weermag personeel het vigs, so sal dit nie goedkoper en dalk
    beter wees as ons die vyand net spyker of byt nie ?

    Antwoord
    • 7. Olga  |  Junie 16, 2013 om 4:40 nm

      Kan ‘n bonus inisiatief wees.

      Antwoord
  • 8. Klip  |  Junie 16, 2013 om 12:36 nm

    I saw a car in England with a bumper sticker “EK MIS Suid Afrika”..

    So I broke his window,stole his radio & laptop & left a note which said: “Voel jy nou beter?

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: