Geestelike verkragting

Junie 10, 2013 at 7:27 vm 9 Kommentaar

Ek het hierdie boodskap al dikwels gekry. Ek is bly ek het dit nou weer gekry. Nou kan ek antwoord. Ek begin al dink die een of ander charismatiese pastoor genereer die boodskappe omdat die diensverskaffers dalkies in sy of haar bek spoeg. 😉 Dit lui soos volg:-

I asked these in Church when preaching and I want you to think about it and correct me.

(1) Why Do we feel sleepy in Prayer,
But stay awake through a 3 hour movie?

(2) Why are we so bored when we look at the HOLY BOOK,
But find it easy to read other books?

(3) Why is it so easy to ignore a msg about God,
Yet we forward the nasty ones?

(4)Why are Prayers getting smaller,
But drinking bars and clubs are expanding?

(5)Why is it so easy to worship a celebrity,
But very difficult to engage with God?

(6)Think about it, are you going to forward this?
Are you going to ignore it, cause you think you will get laughed at?

Forward this to all your friends. 80% of you won’t forward this.

God said:

(a) If you deny me in front of your friends, I will deny you on the day of judgment:
(b) When one door closes , God opens two : If God has opened doors for you , send this message to everyone including me….

# God has no BLACKBERRY but He’s my favorite contact … !!
#He is not on FACEBOOK but He is my best friend … !!
#He is not on TWITTER but I still follow Him … !!
#Even without the INTERNET I am always connected to Him … !!
#He is not on WHATSAPP but He’s always online … !!
#Forward this if God’s been good ♡

Ek vind smse, epos, bbm, whats app, facebook en twitter boodskappe soos die heeltemal onnodig. Dit kom neer op geestelike verkragting. Daarom pas die boodskap my eintlik so goed. Dit vra en maak pertinente vrae en stellings waarop ek kan antwoord. Hoe lyk dit Sally, Grieters, Toortsie, wil julle ook antwoord? Iemand het eendag so ‘n paar maande terug vir my ‘n vraag gevra op “Sak Sarel” oor my sieninge oor God en veral waar God is. Ek dink dit waar Maans, Dalk sal dit sy vrae ook beantwoord.

(1) Moet die gebed so lank wees om almal aan die slaap te maak? Is die gebed kort en kragtig en dek wat betrekking op ons het, twyfel ek of enige iemand gaan vaak word.

(2) Wel, vir iemand anders kan ek nie antwoord nie, ek vind oor die algemeen inspirasie uit wat ek in die bybel lees.

(3) Die “nasty” boodskap gaan kom sonder ‘n belofte van groot rykdom as ek dit aanstuur of ‘n dreigement van ewige verbranding in die helse vuur (om dit so te stel) as ek dit nie aanstuur nie. Die enigste voordeel gaan kom vir die diensverskaffers wie die geld wat die rits smse, eposse, w/a, twitter, fb of bbm boodskappe gaan genereer. Sien dit help nie om God aan gelowiges bekend te stel nie, die enigste manier om God’s guns uit die boodskappe te kry sal wees as ons dit aan ongelowiges oordra of verkondig. Ek ken geen ongelowiges nie.

(4) Dalk, of in elk geval uit my oogpunt, word gebede korter omdat ek dit deur die verloop van die dag dikwels doen. Ek hou nie al my dankseggings en hulpsmekings totdat dit “BIDTYD” is nie. As die nood of begeerte daar is, doen ek dit of ek in die toilet, kerk of tuin is. Ek was in jare nie ‘n klub of kroeg nie.

(5) “Worship” indien ek nie die pot ver mis sit nie, beteken aanbid. Ek het oor die algemeen nie eers respek vir die sodanige celebrities nie. Nie een van hulle het al ‘n rede gegee waarvoor hulle aanbid kan word nie.

(6) Of mense vir my gaan lag of nie, is irrelevant. Ek gaan dit nie aanstuur nie, want ek glo nie dit het enige nut nie. Behalwe vir die diensverskaffers wie gaan voordeel trek hieruit. Almal wie ek kan sms, W/A, of Bbm, bid, eer en dien God. Hulle slaap ook nie in die kerk nie.

(A) Ek ontken God nie. Ek sien getuienis van Hom oral om my. In die plante in my tuin. My honde wat oud maar gesond is. Kos in my bord. My vermoee om vir myself te doen. Ek dank Hom daarvoor sonder dat ‘n sms of boodskap nodig is.
(B) Die ‘Good News” bybel wat ek het, praat van as een deur toeslaan sal God ‘n ander open. Een, nie twee nie.

Ek het nie BLACKBERRY, FACEBOOK, TWITTER, INTERNET, WHATS APP of SMS nodig om met God te kommunikeer nie. Stuur vir my die boodskap sonder die dreigement, sonder die belofte en sonder die versoek en ek stuur dit aan almal omdat dit met my praat, omdat ek dink iemand kan nes ek, inspirasie daaruit put of omdat ek dit glo. Want sien, God is in my hart, my verstand, Hy IS. Daarom gaan ek hom nie op of met ‘n sms, blackberry, facebook, twitter, internet of whats app soek nie.

Kan jy glo? Deesdae kom die boodskappe al met ‘n klousule. “Do not cut or shorten” Ek meen, “Hello?”

Gedagte van die dag: God Is.

Advertisements

Entry filed under: Askies????.

Boontjie kry sy loontjie Hele varke

9 Kommentaar Add your own

  • 1. maans  |  Junie 10, 2013 om 9:04 vm

    was nie ek nie. nee nee. maar dis reg. God is. en as mens nie die msg bc nie meen dit nie jy ontken God nie. intken is om te se jy ken iemand glad nie. nie as jy nie bc nie.

    Antwoord
    • 2. maans  |  Junie 10, 2013 om 9:05 vm

      ontken

      Antwoord
    • 3. Olga  |  Junie 10, 2013 om 10:43 nm

      Ekskuus. ek sien dit was Chris wie my mening op waar God is wou hê.

      Antwoord
  • 4. seegogga  |  Junie 10, 2013 om 10:33 vm

    ek stuur ook meestal nie aan die. Daardie belofte en afdreiging aan die einde, bederf die hele boodskap. Nee dankie.

    Antwoord
    • 5. Olga  |  Junie 10, 2013 om 10:29 nm

      Nes jy daar sê Krappie. Ek haal gewoonlik die “brimstone and fire” uit. Maar nou kom hulle met die “Do not shorten or cut” gedeelte. Dit veroorsaak dat ek delete.

      Antwoord
  • 6. ss270157  |  Junie 10, 2013 om 10:38 vm

    Dankie tog jy het die moed om die sakie te berde te bring. Ek haat sulke boodskappe. Stem saam met die meeste van jou opmerkings en boonop glo ek is God nie goedkoop nie. Dus kan jy hom nie “like” op iets so common en niksseggend soos fb of twitter nie. Ek verseg om dit te doen, al voel dit my soms ek is die enigste “ongelowige” ‘n Goedkoop sms is nie troos nie. Net die gebed hondermaal vandag om my staande te hou in duur beginsels.en studie en lees van die Bybel. Leef in eenvoudig van gees naby die natuur en geniet die seëninge wat jou toebedeel word. Jammer oor die lengte van die antw.

    Antwoord
    • 7. Olga  |  Junie 10, 2013 om 10:28 nm

      Voel vry, sê jou sê of dit nou een of 100 woorde is. Ek sal dan ook maar as ‘n ongelowige deurgaan. Ek is lankal dik vir die boodskappe. Kom vir my al te vol op verkragting van die gewete neer. Waar blog jy dat ek ook ‘n courtesy call kan maak?

      Antwoord
  • 8. Kameel  |  Junie 10, 2013 om 12:45 nm

    Stem Olga. Ek verstaan nie die doel agter hierdie boodskappe wat probeer om jou ‘n skuldgevoel te gee nie. Elke kind van God het sy of haar eie unieke verhouding met God, en ek glo die Gees van God is daar om te leer, en te vermaan waar nodig.

    Antwoord
    • 9. Olga  |  Junie 10, 2013 om 10:46 nm

      net so Sally. Dis amper soos die Christelike boeke, dvd’s en cds wat soms sommer in die posbusse gedruk word. ek kyk, luister, lees net totdat hulle die gehate Roomse begin afkraak, dan smyt ek die ding weg. Ek het in my 108 jaar nog nooit gehoor dat enige en ek meen enige ander geloof deur die Katolieke beskinder of swart gesmeer word nie.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: