Slim vang sy baas.

Junie 4, 2013 at 11:15 nm 5 Kommentaar

Die byna nege jaar dat ons hier “tuis” noem, was na my mening veilig. Menige mens wie al gesien het waar ons woon het my al gevra “Hoe veilig kan dit wees?” Want sien, ons woon in die hartjie van die bos. Nege huise wat hier staan. Aan drie kant omring deur bos. Plantasie hoê dennebome. Aan die vierde kant die bosbou store.

Die eerste vyf jaar dat ons hier gewoon het, was daar nie eenbraak by die store nie. Die bosbou voertuie, onder andere ‘n ten volle toegeruste trok vuurtrok, ‘n paar kleiner trokke wat ingerig is as werkersvervoer, maar tog plek het vir ‘n watertenk en die nodige toerusting soos kragsae en bossiekappers, word daarin vervoer. Dan natuurlik die kragsae, bossiekappers en die diesel ook word daar gestoor. Dis mos wat dit ‘n stoor maak. Kan julle glo. Toe was daar so ‘n paar sporadiese inbrake nie eers altyd suksesvol nie.

Ek is ‘n naguil. Die kere dat daar inbrake was, het hulle darem gewag totdat my ligte afgesit was. Toe het die bosbou mense slim geraak en alarms ingesit. Dit het darem ‘n ruk lank gewerk. Toe gebeur dit sommer elke paar maande. Dan steel hulle al die kettingsae en bossiekappers. Die voertuie en diesel raak hulle nie aan nie.

Vreksels. Sowat vier maande gelede sit ek die aand weer in die kombuis en lees. Toe het die honde vreeslik begin blaf. Al wat hond is in die omgewing, nie net myne nie. Ek het die alarm hoor loei en dadelik stil geword. Toe het ek myself nog gesê dit kan nie ‘n inbraak wees nie. My ligte brand dan nog. Wragtig, die blikslaers het ingebreek. Toe sit die bosbou mense kameras in. Dit het hulle nie gepla nie. Hulle het eenvoudig gewag vir donker maan en toe ingebreek en weggekom met die hele lot kettingsae en bossiekappers. Met die volgende inbraak het hulle ‘n gat deur die muur gekap sonder dat ek of enige van die ander bure dit gehoor het.

Hier is heelwat bokkies wat tussen die huise rondloop en soms ‘n trop blerrie beeste ook. Dan blaf al wat hond is. Daarom stuur ek my nie veel aan die honde se geblaffery nie. Saterdagnag of dan Sondag oggend skaar ‘n halfuur nadat ek ligte afgesit het, waag die booswigte dit weer en steel weer die bossiekappers en kragsae. Maar die keer sit hulle turf. Hulle het nie rekening gehou met die helder maan en die feit dat daar nie een wolkie in die lug was nie. Mooi duidelike beeldmateriaal van die hele gedoente.

Gedagte van die dag: Ek het vertroue in die veiligheid van my bos verloor. Geniet die dag. Lekker werk.

Advertisements

Entry filed under: Uncategorized.

Brei patrone Boontjie kry sy loontjie

5 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  Junie 5, 2013 om 8:45 nm

    Eerste!!!

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  Junie 5, 2013 om 8:46 nm

    Wee jy! Hoekom ‘n mens enigsins slotte en goed nodig het, weet ek nie. Daar behoort respek vir ‘n ander se goed te wees. En ‘n mens behoort veilig te wees in jou eie huis. Waar dit ookal is.

    Antwoord
    • 3. Olga  |  Junie 5, 2013 om 10:08 nm

      Net so. Ek begin dit al ernstig oorweeg om tog maar eerder dorp toe te trek. Die grootste probleem in vandag se lewe is die gebrek aan respek vir mekaar en mekaar se eiendom.

      Antwoord
  • 4. vecksy1  |  Junie 8, 2013 om 1:13 vm

    Eerste! LoL!

    Antwoord
  • 5. vecksy1  |  Junie 8, 2013 om 1:15 vm

    Deure en slotte is net daar om mense soos ek en jy uit te hou. Sad but true…….

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: