Daai rooskleurige bril

Mei 31, 2013 at 7:27 vm 1 comment

rose_colored_glasses

Ek het gister op radio nuus gehoor ons agbare president het ‘n toespraak gegee om beleggers vertroue te herstel en net daarna het die dierbare rand soos ‘n hardlywige drol geval. Dit was natuurlik nie as gevolg van sy uiters ingeligte woorde nie. Nee! Nee! OOk nie oor die stakings en tantrums vir alles wat sy mense nie voor gewerk het nie. Nee! Nee! Be that as it may. Dit het my so herinner aan ‘n storietjie wat my oom Doep ons vir die waarheid vertel het. As ek dit al voorheen met julle gedeel het, vra ek vreeslik om verskoning. Die ooreenkoms is net te treffend om te ignoreer. Vir die waarheid daarvan sal ek nou nie ma staan nie, maar ek smous dit vir die prys waarteen ek dit bekom het.

Man, hy was mos nie altyd “oom Doep” nie. Nee! Nee! Hy en sy tweelingboetie was bekend as Gustie en Gaspard. Nog voordat hulle skool toe is, was hulle al in die wandel bekend as Gister en Kastird. Ewentwel, ek is seker baie van ons onthou ook maar hoe die posman desjare sy fiets getrap het met sy bruin sak oor die pyp. Straat op en straat af. Huis tot huis om die pos af te lewer. Die twee wou toe al die posman omkoop om sy fiets te ry. Hy het geweier. Hulle het al ‘n keer of twee reggekry om sy fiets sonder toestemming te gebruik. Daarom het hy nooit in die omgewing van hulle huis van sy fiets afgeklim nie. Hy het maar die fiets vasgehou en na die muur of heining geskuifel om die pos in die poshokkie te sit dan het maar aangeskuifel totdat hy weer so martelpyp met veiligheid kon bestyg en trap vir ‘n vale om weg te kom.

Die twee het al wat plan is beraam en dikwels bedroëe daarvan afgekom. Een skool vakansie het hulle ‘n onfeilbare plan beraam om hom te ontsetel. Toe hulle dus die posman sien aankom het, het een in die boom opgeklim wat so effe oor die posbussie hang en gewag. Die ander ene het maar loop en klippe skop. Ewentwel, toe die posman oor die muur reik om die pos in die hokkie te sit, het die ene in die boom die “dropzone” oop gesien en net toe die niksvermoedende posman sy pet gelug het om die sweet van sy aangesig af te vee, het ‘n baie onwelriekende warmte op sy kop neer geplons. Dit was die laaste strooi. Hy het in die boom probeer opklim maar die klein rakker was te vinnig vir hom. Diep beswaard is hy die padjie op voordeur toe. Die klok gelui en nie opgehou voordat Ou tannie Doep oopgemaak het nie.

Hy het na sy kop gewys en gesis “Mev, kyk wat het jou seun gedoen.” Sy het om hom geloop, meer om hom kans te gee om af te koel maar nou ja. Toe vra sy “Watter seun meneer?” Daar staan die man en rond trap. “Is dit Gustav?” Toe hy nie dadelik antwoord nie het sy gevra “Of is dit Gaspard? Toe hy net staan en kyk het sy die wandel name ingespan. “Is dit Gister? Of is dit Kastird?” Weer het hy getrippel van ongeduld. “Wel?” Het Ou tannie Doep gevra “Is dit Gister?” Hy het skouers opgetrek. Ou Tannie Doep het gevra “Is dit dan Kastird?” Hy het geantwoord “Een het in die boom gesit en DIT gedoen” terwyl hy driftig na sy pan kop beduie het “en die ander ene het my fiets gegryp.” Weer het die tannie gevra “Is dit Gister?” Toe het hy deur stywe lippe in ‘n dun stemmetjie gesis “Dit het vandag gebeur. Nou net.” Asof sy nie gehoor het nie het sy gevra “Of is dit Kastird?” Kyk, toe trippel die mannetjie glo op stywe bene en sis met ‘n nog dunner stem “NEE! DIS KAK!”

Gedagte van die dag: Nou ja. Ek sê ook so.

Geniet die naweek en bly veilig.

Advertisements

Entry filed under: Staaltjies.

Vol sein Republiek dag

1 Kommentaar Add your own

  • 1. ss270157  |  Junie 2, 2013 om 8:11 vm

    Kostelik! En nogal van toepassing op die ekonomiese situasie!

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: