Wanneer die alwyne blom
Mei 26, 2013 at 9:09 nm Olga 3 Kommentaar
Ek was die afgelope naweek God Window uit omdat my Nolie en sy Mina kom kuier het en hulle lanklaas daar was. Wat ‘n pragtige gesig. Plate Kransalwyne in alle rigtings.
Op een plek het ek natuurlik weer my neus ingehad om mooi te kon sien hoe die klein plantjies geanker was op die rots. Wraggies gegroei op ‘n lagie ou wortels van die een of ander plant wat voorheen daar gegroei het. Moeder Natuur sorg tog so wonderlik vir haar kinders.
Nogal opvallend dat net die orange kleurige Krans Alwyn daar groei. My Krans Alwyn (Sowat drie jaar gelede gesteel) staan in die skadu. Dit soek son om te kan blom.
Geniet die week.
Gedagte van die dag: Neem ‘n paar sekondes, ‘n minuut om te sien wat om jou aangaan.
Entry filed under: Moeder Natuur.
3 Kommentaar Add your own
Lewer kommentaar
Trackback this post | Subscribe to the comments via RSS Feed
1.
Kameel | Mei 27, 2013 om 1:04 nm
Asof God’s window alleen nie mooi genoeg is nie!! Dit moet ‘n gesig wees om dit te sien wanneer die aalwyne blom…. gelukkige vrou 😉
2.
Olga | Mei 27, 2013 om 10:40 nm
die aalwyne is vroeg vanjaar.
3.
Toortsie | Mei 28, 2013 om 5:40 vm
Hier by ons begin die aalwyne nou ook blom. Eintlik nog net koppies maak, maar dit sal binnekort begin blom. Ek is mal oor aalwyne en besig om ons hele werf met aalwyne te beplant. Ag, en dan is daar net een trop beeste nodig wat oor die werf gejaag word…. Dié wat nou staan, sal bly staan, glo ek. Pragtige foto’s.
Ja, ek het een keer gelees van “God se kombersie om die aarde”… soos daardie aalwyne wat geanker staan in die “kombersie”