Parakiet

Mei 24, 2013 at 7:04 vm Lewer kommentaar

parakiet

Ek het die ander dag weer op Reinhardhttp://deurmylens.wordpress.com/2013/05/20/the-rainbow-lorikeet/ se blog sy foto’s gaan kyk en die pragtigste bont voël gesien.  Dit het my hart sommer weer sag en warm laat word.  My weer ver paaie laat loop.  My weer my oom Doep laat onthou.

Die dag toe ek saam met hom gegaan het om vir tannie Doep ‘n geskenkie te gaan koop. Nadat ons ons inkopies gebêre het, het ons besluit om iets te gaan eet. Al rook ons nie, het ons buite op die dek, met ander woorde die rokers area gaan sit. Nadat die kelnerin ons bestelling gebring het, het twee jong dames by die tafel langs ons kom sit. Eisj, die ene se lang hare, klere, naels, lipstiffie alles was pik giet swart. Die ander een het ‘n reënboog van die helderste kleure in haar kort hare gedra.

Oom Doep het gekyk, toe “gedouble clutch” sonder om te spin en sy mond het oopgehang. Regdeur ete het hy telkens ‘n lang loer in hulle rigting gemaak. Ek het al begin ongemaklik voel vir hulle onthalwe en blykbaar het die bontkoppie dieselfde gevoel. “Jas ou pappie!” sis sy “nog nooit iets wild en ready gesien nie? Howsabout a f.ck on the wildside?”

Amper het ek my tong ingesluk. Met die ongepoetsheid het ek helemal vergeet dat ek klaar gesluk het. Nou kyk, my oom Doep is ‘n man wie op sy voete kan dink. Hy het heeltemal na haar omgedra, toe sê hy doodbedaard “Jy weet, Sussietjie, ek het ook wild geken. Vanmelewe het ek en ‘n groep vrinne heroine probeur. Toe ons so hoog soos kaaits was, het hulle my gedare om ‘n parakiet te spyker. Ek sit nou nog heeltyd en wonder of jy die produk van die wildheid was.”

Toe hoor ek sommer my wyse Moedertjie ook sing “Every face tells a story.”

Gedagte van die dag: Somtyds moet mens maar ‘n oumens los om te kyk.

Geniet die naweek en bly warm.

Advertisements

Entry filed under: Staaltjies.

The grapevine Wanneer die alwyne blom

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: