Wie die geelbaadjie dra.

Mei 20, 2013 at 7:47 vm 9 Kommentaar

geel

So nie my kleur nie, maar toegegee, daar is mense wie dit met panache dra. Afgestof, goed geborsel en reg om ten beste te vertoon.

So ken ek die twee oumas. Hulle het een klein dogter in gemeen. Kyk, meeste kere wat die twee bymekaar kom, eindig dit net kort voor ‘n volskaalse oorlog. Die kleindogter wat hulle gemeen het, is sieklik. Laat ek daarmee volstaan. Die patrilineale ouma, Bets, versorg die kindjie, Georgia, aangesien dit noodsaaklik geword het vir die mamma om ook te gaan werk om die mediesefonds kortvalle op die broodlyn te hou. Die matriagale ouma, Ella, weer, het ook ‘n kleindogter, Chrissie wie in haar sorg is. Chrissie is die klassieke atleet. Alles waaraan sy deelneem, vaar sy besonders goed in.

Ai, dan word Georgia siek en Ella gaan besoek haar kleindogter, dan mag sy Chrissie nie saam neem nie. Bets het dit belet want sy reken dit krap Georgia vreeslik om om haar niggie te sien. Haar niggie is bedrywig en sy is tot rolstoel beperk. Somtyds sal Georgia se ma of pa vra hoe gaan Chrissie aan in die skool. Arme Ella het eenkeer ‘n bietjie te entoesiasties gereageer en toe moes my ore dit ontgeld. Want Ella was leedvermakerig omdat die een kind so goed vaar en die ander ene was tot ‘n rolstoel beperk.

Ek het amper slae gekry toe ek gesê het dat dit nie so is nie. Ella het my al vertel dat sy soms so graag haar dogter wil vertel hoe goed haar sussie se dogter in atletiek is, maar sy voel so sleg oor die arme Georgia se onvermoë dan sê sy maar niks. Eenkeer was Georgia se foto in die koerant omdat sy so goed gevaar het, toe moes ek weer hoor dat dit net vermakerigheid was dat Ella nie vir Bets gesê het dat Chrissie so goed doen nie.

Wil iemand vriendinne ruil? Geen voorwaardes en geen waarborge nie.

Gedagte van die dag: Moet net tussen hulle inkom as hulle aanmekaar spring nie.

Advertisements

Entry filed under: Bitch en Moan.

Blaas my siel The grapevine

9 Kommentaar Add your own

  • 1. Kameel  |  Mei 20, 2013 om 10:41 vm

    Hierdie tameletjie kom seker in alle huisgesinne met kleinkinders voor. Praat te veel oor een, en jy kry daardie “look” van die ouers… of grootouers. Georgia se omstandighede in ag geneem, is jou twee vriendinne se tameletjie ekstra taai. En NEE, ek wil nie vriendinne ruil nie!!! 🙂

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Mei 21, 2013 om 4:31 nm

      Ag sies, man, dis dan so ‘n gulde geleentheid om nuwe vriendinne te maak.

      Antwoord
      • 3. Kameel  |  Mei 21, 2013 om 4:34 nm

        Jong die ding is netnou wil jy ruil, en ek het so ‘n pragtige vriendin dat ek haar nie vir enigiets in die wêreld kan opgee nie. En daardie twee vriendinne van jou… met dieselfde kleinkind; weet nie so mooi nie 😯

      • 4. Olga  |  Mei 21, 2013 om 4:35 nm

        Ek sal n mooie ook ingooi. Die mooiste heks wat ons ken sal dan ook jou vriendin wees.

      • 5. Kameel  |  Mei 21, 2013 om 4:37 nm

        Ek bang haar besem…. en brousels!!!

      • 6. Olga  |  Mei 21, 2013 om 4:47 nm

        ag nou ja, 👿 dan moet ek seker maar my tande kners. ek raak al goed gekonfyt om Chrissie onder geen omstandighede in die ander kamp te noem nie. Word sy deur die opposisie (?) moet ek ‘n dringende draai loop.

  • 7. Selene Phoenix  |  Mei 21, 2013 om 11:28 vm

    Ai dis omtrent ‘n storie! Die kant word ook deur ‘n sekere ouma vergelyk… en dan wanneer iemand iets beters of vinniger gedoen het word ons herinner dat hy (die gunsteling) ‘n prem baba was! Kan nie met haar wen nie!

    En nee wat die handtjie vol vriendinne wat ek het, hou ek dankie! 😉

    Antwoord
    • 8. Olga  |  Mei 21, 2013 om 4:34 nm

      Nou hoe moet ek nou voel? Dis dan so ‘n goeie aanbod Lientjie. Met sulke vriendinne sal jy altyd die jongste, die mooiste en die maerste wees.

      VIGA< KOM KYK HOE NAAR IS LIENTJIE MET MTY!!!!!!!!!!!!!! 😳 🙄 😥 😯

      Antwoord
  • 9. Jamar J. Nunez  |  Junie 6, 2013 om 8:43 nm

    Wat wel gebeur is dat, nadat Sjina sekere fasiliteite aangekoop en bekom het, vestig hy al vir dekades n miniatuur militêre mag op die eiendom, ‘om dit te beskerm’ siende dat dit Sjinese eiendom is. Sodoende deur een transaksie aan te gaan, kry jy op die koop toe, ‘n klein Sjinese weermag op die eie bodem, soos die geval was met SASOL in Sasolburg.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: