onthou jy nog?

Mei 9, 2013 at 10:23 nm 6 Kommentaar

Ek onthou nog die eerste keer toe ek nagereg vir Homer gemaak het.

Om daarby uit te kom, moet ek tog nou noem dat ek as tiener graag in die kombuis gehelp het. My wyse Moedertjie het my dikwels laat kos maak. So sien, teen die tyd wat ek die nagereg gemaak het, alleen, sonder my wyse ou Moedertjie wie my voorse wat om te doen. Ek moet ook byse, teen die tyd was ons seker al so ses maande getroud. So ek het toe al heelwat solo gekool. Maar nou ja.

Sy susters het die dag by ons geeet. Was ‘n Sondag middag. Ek het gekoop en nagereg gemaak. Nou moet ek ook verder skinder en se vir hulle was ingelegde vrugte, jellie en vla poeding. Be that as it may, Olga het defnitief meer as dit gemaak.

Toe die nagereg opgedien moes word, het die vlasous (Askies mies?) heeltemal koud geword want tot vandag nog, glo Homer en Kie dat warm vla die vreeslikste maagpyn veroorsaak. Vla kan volgens hulle net heeltemal koud geeet word en desjare was die enigste vla in ‘n boksie te kry “Moir’s”vla poeier. Maar nou ja. die nagereg en vla het op die kas gestaan en wag om geeet te word. Toe ek die vla oor die poeding wou skink het ek agtergekom dat die vla gestol het.

Ek het toe maar ‘n broadside daar na die tafel probeer gooi en die beker so effe ongeduldig geskud. Maar vla se kjend le pikstil. Weer so bietjie geskud. Destyds was daar ook gn mikrogolf oond om gou die vla te probeer red nie. Sou nou maar ‘n lepel moes vat en vla SKEP. Kry toe ‘n lepel daar uit die laai en steek dit in die vla en steek en steek. &^*%$ Die blerrie goed sit. Druk en draai daai lepel. Kan jy nou meer? Daar breek daar so ‘n golfbal grote van die geel – oranje gomlastiek van die vla in die beker af en trek met ‘n sierlike boog oor my skouer. Land mooi netjies in Homer se skoot en loop teen sy been af.

As ek daaraan dink, hoekom steeds vra terwyl hy en sy susters die balletjie onder die tafel deur agterna kyk. “Wat die dinges was dit?” Iemand anders wat hulle flops onthou?

Gedagte van die dag: Destyds was daar darem roomys ook. ‘n Netjiese reghoek in ‘n karton houer.

Geniet die naweek en bly veilig. Onthou, dis Sondag Moedersdag.

Advertisements

Entry filed under: Askies????.

Aanname, die vader van meeste foute Moeder

6 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  Mei 10, 2013 om 9:16 vm

    LOL!!!!

    Die eerste keer wat ek probeer vetkoek bak het, kon ek dit nie regkry nie. Buite was dit swart en binne rou. Die snaakste is dat ek wel pannekoek die eerste keer wat ek probeer het, reggekry het.

    Dan was daar die keer wat ek piesangbrood gebak het en die hoeveelheid meel misgelees het.

    Antwoord
  • 2. Olga  |  Mei 10, 2013 om 10:09 nm

    Bak goed is nogal tricky. Is jou olie te warm wel, nou weet jy mos. Is jou olie te koud, dan kry jy so ‘n taai ding wat jy bra versigtig moet eet anders skiet dit terug en is jy jou tande kwyt.

    Antwoord
  • 3. Kameel  |  Mei 11, 2013 om 9:45 vm

    Olga jy het my nou so lekker laat lag….. daardie bol vla πŸ˜†
    Tot vandag toe hou ek, en gelukkig my man ook van dik val…. en nog lekkerder as ek piesangs daarin fyngemaak het, en dit kook so saam. Maar ek het nog nooit ‘n balletjies vla geskep nie πŸ˜†
    Wens ek kon broodvetkoek bak…. dit wil maar net nie. Ek kon glad nie kook nie…. dus het ek ook maar my kwota flops gehad… meermale gebrande kos.
    Mooi naweek vir jou!!!

    Antwoord
  • 4. Everette Mcbride  |  Mei 17, 2013 om 2:20 nm

    Jou liggaam probeer eers ander maniere om van die glukose (suiker) ontslae te raak – soos om dit in vet om te sit en te stoor. Jy sit dus gewig aan, veral om jou middel, en sukkel om dit te verloor. ’n Bloedtoets sal nou waarskynlik wys jou bloedsuikervlakke is bietjie hoog en jy kan met pre-diabetes gediagnoseer word.

    Antwoord
  • 5. Connie X. Mcclain  |  Mei 20, 2013 om 7:27 vm

    Sit jellieblokkies in β€˜n bak en gooi die kondensmelk mengsel bo-oor en verkoel. Bedien met vla.

    Antwoord
  • 6. Santos L. Moreno  |  Mei 27, 2013 om 10:45 vm

    Skep β€˜n lepeltjie room onder in die poedingbakkie, skep die vrugte bo-op en sprinkel die krummels kwistig bo-op.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: