Sorrie Babba.

Mei 2, 2013 at 8:32 nm 16 Kommentaar

Mense en hulle dinge. Somtyds slaan ek my hande saam van verwondering en ander kere skree ek van die lag en soms, kan ek absoluut net my oe rol.

So blaai ek ander dag deur ‘n ou huisgenoot. Toe val die storie van ‘n bokser wie in ‘n rooftog doodgeskiet is se storie my weer op. Hy was platsak ten tye van sy moord, mens gee en gee en nou gaan daar weer ‘n “gee-tog” gereel word om die gesin te help. Hoe meer ek na die fotos kyk, des te minder kan ek die gerig lees. Gisteraand kyk ek weer deur die Huisgenoot, toe kry ek die klip in my skoen. Boetie sit daar met sy Puma hempie aan en Sussie dra ‘n toppie soos ene wat in my kas hang. Wat glad nie goedkoop was nie en ek wonder “Is dit hoe kla met ‘n witbrood onder die arm lyk?”

Sugtend smyt ek die Huisgenoot terug in die rakkie en neem die volgende ene uit. Blaai daar deur en toe val my oe op die berug van ‘n oud bok wie ‘n gevreesde aftakelende siekte opgedoen het. Sy maer gesig en rooi oe ontroer my soos niks wat hy en syne al ooit oor die jare gedoen of oor gespog het kon nie. Dit kan nie maklik wees nie. My oe gly oor die bladsy en vang woorde soos loopring en rolstoel op. Toe val my oe op sy maer GESPIERDE kuit en ek kon weer net van die begin af net wonder wanneer gaan ons nou hoor van die wonderwerk genesing wat hom te berde geval het. Lelik van my ek weet. As ek more op die nuus hoor hy is dood sal ek verseker moet gaan bieg. Tot dan sal ek altyd wag.

Dit neem my sommer terug na die “Hometown” in 1996. Ek en ‘n vriendin het die spesifieke dag in my kar gesit en wag vir ‘n derde vriendin wie moes gaan toustaan om haar kinders se onderhoudgeld te gaan kry. Ewentwel, ‘n blinknuwe vuurwa het aan die oorkant van die pad stilgehou. ‘n Madala het uitgeklim, darem aan die passesierskant, agtertoe gerek eniets utgehaal. Toe kom hy orent en daar was ‘n outyds kruk onder elk van sy arms. Toe kom hy moeisaam om die kar gestap. “Arme ding.” Prewel ek terwyl my vriendin se “Kyk hoe bly sit die bliksem. Hy kan sy pas mos oor die pad help.” Ewentwel, sy been die naaste aan my kar, swaai omtrent die hele wereld vol. Toe kap sy been teen my kar van en hy skree “eina.” Ek en my vriendin het so saam saam gese “Sorrie Babba.” Toe het hy sy hand in erkenning van die verskoning van die kruk afgelig.

Ons het maar gesit en gesels terwyl ons gewag het. Die vuurwa het vertrek nadat die Madala in die hof gebou in verdwyn het. Daar is dalk van julle wat weet hoe lank moes mense destyds wag voordat hulle uiteindelik met die paar randjies daar uit die hofgebou gekom het. Wag wag ons mos maar. Dit was ‘n koel dag wat die wag darem makliker gemaak het. Toe kom die Madala uit. Weer moeisaam met die krukke onder sy arm geknyp. Die moeilike been steeds styf swaaiend soos dit vir ons lyk. Weer styf teen my kar verby en weer kap sy spastiese been teen my kar vas. Weer het hy “Eina” gekree.

Net die keer het ons saam begin bulder van die lag. Want sien, die kom en die gaan was uit twee verskillende rigtings. Hoe kon dit dus altwee keer die been naaste aan my kar wees?
Gedagte van die dag: as jy moet lieg, sorg dat jou liggaam elke keer aan die regte kant saam lieg.
Geniet die naweek en bly warm

Advertisements

Entry filed under: Mense en hulle dinge.

Foute is baie duur Aag tog

16 Kommentaar Add your own

  • 1. val-om-fanie  |  Mei 2, 2013 om 9:14 nm

    is dit dan nou nie tipies nuwe suid afrika nie. Bedel steel of leen so lank jy die regte label dra. Die ou madaal he seker gaan *diesabielatie* trek.

    Antwoord
    • 2. kindvanafrika16  |  Mei 3, 2013 om 7:50 vm

      sê ek ook mos…..diesabielatie, maar klim uit ‘n blink kar

      ek dink party van die parlement se mense staan ook in die SASSA ry!!!

      Antwoord
      • 3. Olga  |  Mei 3, 2013 om 9:05 nm

        Nou kyk, dit is waarder as wat jy ooit sal besef. Wens hulle word uitgevang.

  • 4. kindvanafrika16  |  Mei 3, 2013 om 7:48 vm

    siestog shame, dit is maar swaar as mens so eenvoudig is om te wil bedel…. ek het al met ‘n leë magie gestap en gewens dat iemand my genadig sou wees, maar bedel!!! nee dankie, sore sal HY sore

    ek ken ook baie sulke mense, hulle staan bakhand, maar eintlik is hul bankbalans iets om maar net van te droom

    Antwoord
    • 5. Olga  |  Mei 3, 2013 om 9:07 nm

      Alles kan gaan solank iemand anders betaal. Jy was toe ook nie verkeerd nie. Hy het mos gesore.

      Antwoord
  • 6. Kameel  |  Mei 3, 2013 om 10:46 vm

    Is daar nie ‘n spreekwoord wat sê “lieg vang sy baas,” nie?
    Mooi naweek vir jou ook.

    Antwoord
    • 7. Olga  |  Mei 3, 2013 om 9:13 nm

      As daar nie is nie, Sally, behoort dit te wees. Die Suid Westers het vanmelewens altoos gese “Liegter se
      kierang gaan braai.” Of was dit nou skelm sn?

      Antwoord
  • 8. maans  |  Mei 3, 2013 om 6:04 nm

    nogal interesant dat nog n mens wag vir die wonder genesing. di sal wereld wyd n stof storm in die media veroorsaak. eintlik kan n mens jule nie blame dat jule so voel nie. maar ek stem nie saam nie.

    Antwoord
    • 9. Olga  |  Mei 3, 2013 om 9:19 nm

      Dit is jou preogatief Maans.

      Antwoord
  • 10. Shelly D. Marks  |  Mei 17, 2013 om 4:15 nm

    Swart Sersant skiet Wit vrou dood 2011-04-27 14:02 Sapa ‘n Swart Polisieman het ‘n 45-jarige Blanke vrou Dinsdagaand by die Kempton Park-polisiestasie doodgeskiet nadat sy glo teen ‘n polisievoertuig gebots het. Mnr. Moses Dlamini, woordvoerder van die onafhanklike klagtedirektoraat (OKD), het in ‘n verklaring gesê ‘n polisiesersant is gister in verband met die voorval gearresteer. ‘n Karwag het blykbaar gesien hoe die wit golf van me. Jeanette Odendaal teen ‘n stilstaande polisievoertuig bots buite die polisiestasie. Hy het in die polisiestasie ingehardloop om dit aan te meld. ‘n Sersant het uitgekom en Odendaal in die bolyf geskiet. Hy het blykbaar gedink die geluid van die stamp was ‘n skoot wat afgevuur is. Sy was steeds in die kar toe sy geskiet is. “Toe die nooddienste by die toneel opdaag was sy alreeds dood. Dit is nie duidelik hoekom sy by die polisiestasie was nie,” het Dlamini gesê. Die polisieman sal Vrydag in die Kempton Park-landdroshof verskyn.

    Antwoord
    • 11. Olga  |  September 8, 2013 om 8:07 nm

      Die tipe “ongelukke” is regtig onaanvaarbaar. Daar is nie ‘n manier op die gesig van God’s aarde dat mens enige iets, sweepslag, impaksknal, donderslag kan verwaar met vuurwapenskoot se knal nie. Hulle is polisie. Hoe de hel kan hulle toegelaat word om polisie te wees as hulle nie eers die verskil ken nie?

      Antwoord
  • 12. maans  |  September 8, 2013 om 5:49 nm

    ek sal nie weer met jou stry nie. ek dink jy kry iinside info. hdf het jy andersinds eweet?

    Antwoord
    • 13. Olga  |  September 8, 2013 om 8:02 nm

      Ek neem aan jy bedoel die springbok se wonderbaarlike herstel aan ‘n ongeneeslike siekte. Sad but true. Mense sal alles doen om aandag te kry. Ek wonder hoeveel geld hulle daaruit gemaak het? hulle het altyd vergeet om sy gesig, bene en nekspiere ook afgetakel te laat lyk. Daai siekte maak nie uitsonderings op spiere nie.

      Antwoord
  • 14. vvuureoc  |  Junie 21, 2016 om 1:55 vm

    Ek het jare terug so vir ‘n welsynswerstertjie ‘n lessie geleer.

    Ek het haar na ‘n winkelsentrum vervoer om o een of ander skenking te gaan optel. By die laaste robot staan toe een van die Gee Gawies en kollekteer Sy het hom dadelik bejammer en ek het haar gewed dat enige skenking aan Solly Kramer (drankwinkel) oorhandig so word.

    Om dit te bewys stop ek hom toe R50,00 in die hand steek die kruising oor en parkeer so dat ons hom kon dophou Dit was nie twintig minute nie toe kom hy uit die drankwinkel uit met ‘n goekoop bottel brandewyn en ‘n halfbotteltjie soetwyn.

    Nou drink of eet ek maar self my donasies dan swets ek darem minder

    Antwoord
  • 15. Olga  |  Junie 21, 2016 om 1:42 nm

    Voer my nou terug na ‘n paar jaar gelede. Ek het brandstof in my kar laart gooi. Die dorp se ridder met sy pienk battery suur bek, het my kom vra vir geld vir brood. Ek het hom R5 gegee. Op daardie stadium was ‘n witbrood wat Spar self gebak het R3,99. Hy het toe begin skree wat moes hy maak met R5 as ‘n brood (Albany / Blue Ribbon) R7 kos. Toe het hy weer sy hand met die R5 nog op sy palm deur die venster ingedruk. Toe het ek die geld teruggevat. Die polisie lede het hom nader geroep en hom R10 gegee. Toe het hulle gery. Hy het in Spar se rigting begin stap en toe hulle om die draai verdwyn (nie SAPD se rigting nie) het hy flink van rigting verander en oor die straat gestap. Bottelstoor wat op daardie stadium daar se knt toe. Toe hy uitgesteier gekom het, met ‘n quart bier in die hand, het die polisie voertuig weer om die draai gekom en gestop en hom raak gesien. Ek het tot langs hulle gery en gese “Lovely day isnt it Boyz?”

    Antwoord
    • 16. veselperske  |  Junie 23, 2016 om 6:03 nm

      o LA LA. toe wou mnr nie winkelbroodjie he nie. hy wou wys hy het style. hy ken duur brood. let net op how swart mense nie no name jam, koffie,seeppoeier, margerien etc loop nie. hulle loop all gold koo rama joffieguis en omo. maar hulle DRA jou no name produkte in elk geval weg. dan is sit aanvaarbaar be. ek sou sy bakkies wou sien toe hy agtergekomit jy het jou almoesie teruggevat

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: