Foute is baie duur

April 29, 2013 at 9:59 nm 6 Kommentaar

Foute kan ‘n mens darem duur te staan kom. Maak nie saak wat die omstandighede is nie, ‘n fout is ‘n fout.

Ek het ander dag gehoor van ‘n man wie by ‘n fabriek werk wat spaanderbord maak. By sulke plekke geld ‘n “lock out” reel. As ek dit nou nie mis het nie, kom dit kortliks daarop neer dat die werkers masjiene moet afsit voordat hulle daaraan kan werk. Dalk sal mag werk meer akkuraat wees. Ek neem maar aan dat meeste masjiene in enige fabriek baie gevaarlik kan wees. Daarom moet so ‘n masjien afgesit word en die kontrolebord waar dit aangesit kan word, word dan met ‘n slot gesluit waarvan net die betrokke werker ‘n sleutel het. Vandaar die naam “lock out.” Ewentwel, wat die man se oorsig om die reel te gehoorsaam veroorsaak het, sal ek wragtig nie weet nie.

Hy het in ‘n masjien geklim om daaraan te werk toe daar ‘n bord deurkom. Ek sal aanneem dat sulke borde tenminste ses meter lank is. Wel, die bord het deur gekom, aangedryf deur die volgende bord. Die voorste bord het na wat ek verneem het, albei die man se bene afgekap. Asof die erns van die besering nie erg genoeg is nie, is hy outomaties ontslaan. Daar kan geen verskoning wees as die “lock out” reel nie nagekom was nie. So nou sit nog ‘n gesin met ‘n spannetjie kleuter kinders in sak en as. Daar sal geen kompensasie wees nie. Blykbaar oor die “lock out” reel wat nie nagekom was nie.

Gedagte van die dag: Mag die liewe Vader hulle genadig wees. Die plek waar hy jare lange diens gehad het, het nie. Reels is reels.

Advertisements

Entry filed under: Uncategorized.

Vroue Sorrie Babba.

6 Kommentaar Add your own

  • 1. maans  |  April 30, 2013 om 2:35 nm

    i aandiens besering is i aandiens besering maak nie saak war die omstandighede was nie. in i masjien klim dit reg te maak klink na i ambagsman wat seergekry het. as hy in die lyn van sy werk seer gekry het gaan ccma nie sy firma toelaat om skouerz op te trek en die lock out clause asskuus te gebruik nie. a – a.

    Antwoord
    • 2. Olga  |  April 30, 2013 om 10:38 nm

      dis goed om te weet. Te veel firmas kom weg met die clause en daardie klousule.

      Antwoord
  • 3. Kameel  |  April 30, 2013 om 3:50 nm

    Toe ek lees die man klim in die masjien, draai my maag klaar. As Safety Manager is dit een van my man se nagmerries… ambagsmanne wat nie die veiligheidsreëls nakom nie.
    Hoop werklik die firma ontferm hulle oor die gesin.

    Antwoord
    • 4. Olga  |  April 30, 2013 om 10:41 nm

      Ons kan maar net hoop Sally. Kan net dink wat se ellende wag daar andersins op hulle.

      Antwoord
  • 5. Xena Phoenix  |  April 30, 2013 om 4:24 nm

    Ek stem saam met Maans. Ek is geen kenner nie, maar ek dink die man moet defnitief regsadvies kry.

    Die wet is nogal genadeloos as dit kom by veiligheid in die werksplek. Hoewel, dit beskerm die werker teen alle koste. Die werkgewer is ten alle tye verantwoordelik vir die veiligheid, al het die werknemer blatant die reëls verontagsaam of is sy beserings weens sy eie stupidheid. Daarom mag die werkgewer iemand afdank wat nie die veiligheidsreëls nakom nie.

    Hoewel, sover my kennis strek, bly ‘n besering aan diens ‘n besering aan diens. Ongeag wat daartoe aanleiding gegee het. Die werker is geregtig op sy salaris en mediese onkostes tot hy/sy weer geskik is vir diens. Waarna hy wel aan tug prosedures onderwerp kan word.

    Boonop moet – weer sover my kennis strek – die afdeling waar ‘n amputasie of dood voorgekom het, gesluit word tot die Departament van Arbeid se ondersoek afgehandel is.

    Dus, as jy die man ken, beveel hom aan om sy unie te nader en die CCMA te kontak. Hy kan niks verloor nie, maar hy kan dalk keer dat hy deur sy ore geskroef word.

    Antwoord
  • 6. Olga  |  April 30, 2013 om 10:54 nm

    Dan mag hy dit gelukkiger as homer vind. Hy het vier en twintig jaar gelede bo op ‘n masjien of motor of wat die donnerse ding ookal was gesit en die met ‘n kamoerse spanner gewerk. Toe het die spanner gegly en hy het daar afgedonner. Hy was amper ‘n jaar lank op die befaamde “light duty” Die kneusing het byna ‘n jaar geneem om weg te gaan. Daar is tot vandag nog ‘n “shade” en ‘n helse knop op sy heup. Die drs wie hom destyds behandel het, het die besering gerapporteer by die Ongevalle Wet Van 1933. Hulle reaksie het omtrent ses maande later gekom “As gevolg van u hoE salaris word u nie meer gereken as ‘n werkman nie.” Hy het destyd ook maar net ‘n standaard ambagsman salaris gekry. Hy ly tot vandag nog die gevolge van die besering. Sy mediesefonds het alle mediese koste gedek.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: