Vroue

April 28, 2013 at 11:42 nm 7 Kommentaar

daam

Dit blyk asof vanjaar die jaar is wat geweld teenoor vroue en kinders aangespreek gaan word. Nie net in Suid Afrika nie, maar blykbaar wereld wyd.

Geweld teenoor vroue is besig om epidermiese proporsies aan te neem. Nie net in Suid Afrika nie, maar wereld wyd. Wil my soms voorkom asof mans allerhande wreedhede wat hulle in boeke, lees, in flieks en op tv sien op vroue en kinders wil toets om seker te maak dit kan wel gedoen word. Wat ‘n siek wereld waarin ons woon. Hoekom gebeur dit? Is dit omdat howe te toegeeflik is teenoor die tipe geweld? Is dit omdat vroue as man se mindere gesien word? Of is dit omdat sommige sieke moere dit doen omdat hulle kan? Eintlik snaaks dat meeste van die wreedhede deur ‘n groep gepleeg word. Of nie. Defnitiewe bewys van hulle geelgattigheid.

Waar kom die opvatting vandaan dat die vroue ondergeskik aan die man is? Is dit omdat die bybel noem dat die vrou GEHOORSAAM aan haar man moet wees? Hoe neem die wereld die term GEHOORSAAM op om te beteken sy sal ondergeskik aan ‘n man te wees? Dalk ingekom met die vele vertalings van die bybel. Indien ek dit nie sleg mis het nie, word ons sommer al vroeg in die bybel vertel dat die mens geskep was. Man en vrou. Gelyk. Ewe veel werd. Reg deur die bybel word daar na vroue verwys wat prominente plekke volgestaan het.

Jesus het ook ‘n groot groep vroue volgelinge gehad. Dink maar hoe Hy vroue gekies het om sy opstanding aan die mans bekend te maak. As vroue so nietig gereken moet word, sou Hy hulle mos nie met die taak geseen het om die Wonderwerk, bokant menslike denke aan die mansgeslag oorgedra het nie.

Gedagte van die dag: Olga, dis groter as jy.

Advertisements

Entry filed under: Uncategorized.

Laai af, man, laai af. Foute is baie duur

7 Kommentaar Add your own

  • 1. kindvanafrika16  |  April 29, 2013 om 8:43 vm

    ek dink dit is in elkgeval mans wat aan hul manlikheid twyfel wat dit op vroue uithaal, want as hulle mans genoeg was sou hul dit nie gedoen het nie, of iemand van hul eie krag en sterkte aangevat het, so in my oë is sulke mans boelies, en eintlik diep in hul diepste wesens swakelinge, wat aan die wêreld iets wil bewys…….

    Antwoord
    • 2. Olga  |  April 29, 2013 om 9:26 nm

      Al manier wat hulle “iets” sal kan bewys is om op die swakkeres te teer. So al wat hulle eintlik bewys, is hulle lafhartigheid.

      Antwoord
  • 3. maans  |  April 29, 2013 om 1:16 nm

    ek wou gevra het “is dit nou so?” maar nou sien ek dis teen “mans wat sulke dinge doen.” kyk ek wil nou regtig nie stront praat nie maar kyk maar net wat gaan in hardcore bloufilms aan. en nou gaan dit nog makliker te siene wees. ek het my top tv gekanselleer.

    Antwoord
    • 4. Olga  |  April 29, 2013 om 9:28 nm

      Dan sou ek gesE het, “as die skoen pas, trek dit aan.” Maar nou sE ek eerder, Whoop whoop vir herman.

      Antwoord
      • 5. Olga  |  April 29, 2013 om 9:28 nm

        Ekskuus, vir Maans.

  • 6. Xena Phoenix  |  April 29, 2013 om 5:02 nm

    Dit kom blykbaar van die dae wat vrouens as mans se besittings en nie ‘n mens uit eie reg gesien is nie. Dan was die sienswyse elkeen kan met sy besittings doen wat hulle wil. Wat natuurlik absolute snert is.

    Antwoord
    • 7. Olga  |  April 29, 2013 om 9:30 nm

      ek sekondeer. Wys jou net wat labola in S.A help veroorsaak. Dit gebeur blykbaar meer in landelike gebied as stedelike gebiede. Weer ‘n goeie wegkruipplek, werkloosheid en armoede is meer in landelike gebiede.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: