Laai af, man, laai af.

April 25, 2013 at 9:58 nm 8 Kommentaar

ford

Ek het die ander aand “Konings’ gesit en kyk . Of dan die heruitsending van “konings.” Dis mos darem Afrikaans. Hoe die manne op heterdaad betrap was met ‘n trok vol vleis uit die buurland. My toe laat dink aan oom Doep se vertelling van sy “spietkop” jare.

Oom Lang Piet het nie te ver van die Botswana grens af geboer nie. Toe was dit ook maar onwettig om vleis oor die grens “intevoer” maar nou ja, solank jy nie uitgevang was nie. Ewentwel, almal het geweet oom Lang Piet het gereeld in die buurland gaan “poach.” Hy het egter die lekkerste biltong in die omgewing gemaak en was dus maar oor die hoof gesien. Een keer moes oom Doep ook ‘n pad blokkade gaan beman. Toe oom Lang Piet se bakkie aangery gekom het. Die senior polisieman daar was ‘n jong man wie homself wou bewys en vreeslik graag nek geskiet het. Hy merk toe op dat vandag die dag is dat hy oom Lang Piet aankeer. Hy het lank genoeg weggekom met sy skelm streke. Die bakkie hang reeds te laag na sy sin om leeg te wees.

Oom Lang Piet het gestop soos hy beveel was. Hulle het hom toe gevra “enige vleis wat u vervoer meneer?” Was glo ook in ‘n tyd dat bek en klouseer ‘n groot vrees was. Die oom se antwoord was “Nee.” Die polisieman het gevra “Kan ons maar kyk, Meneer?” Antwoord het dadelik gekom “kyk jou kyk, ek is haastig.” Terwyl hy hulle stip in die oE gekyk het. Oop en onbevange. Hulle het hier in die kajuit gekyk, daar gekrap. Oom Doep kon sien dat sy skoondogter, swanger, ongemaklik was. Hy het dus vermoed dat alles nie pluis is nie. Toe vra hulle of hulle die bagasie kan afpak. Die oom het weer stip in die vraer se oog gekyk en gese “Laai af, man, laai af. Ek moet nog ver gaan en wil voor donker weer terug op die plaas wees. Die polisie mannetjies het almal vir oom Lang Piet geken en maar bra onwillig begin aflaai. Toe het oom Doep besluit ‘n grap is ‘n grap, maar dit kan te ver gaan.

Hy het toe gevra, “Oom Lang Piet, laat ons nie mekaar se tyd mors nie, waar is die biltong?” Waarna die oom doodluiters uit die bakkie geklim het en die meelsakkie waarop hy gesit het te voorskyn gebring het. Hy het dit na oom Doep uitgehou. Oom Doep het toe gese,”pak maar terug boys, julle gaan niks kry nie.” Hy kon sien dat die senior polisieman wie natuurlik in beheer was, nie juis gediend was dat oom Doep sy beheer oorgeneem het nie. Maar aangesien oom Doep ouer was, het hy dit maar daar gelaat.

Toe oom Doep ‘n paar dae later die bottel brandewyn op daardie rooi volla se trapbord gekry het, het hy geweet hy het net betyds gekeer. Hy het agterna gehoor die bak was vol gelaai met biltong, sy seun en skoondogter se bagasie was maar skamele bedekking vir die vrag biltong.

Gedagte van die dag: ‘n Oog wat ‘n bars kan kyk? Ja, rite.

Geniet die naweek en bly veilig

Advertisements

Entry filed under: Uncategorized.

Laat ons soos spekbome wees Vroue

8 Kommentaar Add your own

  • 1. vecksy1  |  April 26, 2013 om 4:56 vm

    Toets 1 2 3

    Antwoord
  • 3. vecksy1  |  April 26, 2013 om 5:06 vm

    Dankie tog eks weer IN!! Hallo Olga 😀

    My magtag! Ek was so lanklaas hier, ek kan jou net sowel met die hand groet

    Antwoord
  • 4. Olga  |  April 26, 2013 om 1:24 nm

    Heng, ek dog eers dis ‘n aardbeweging, Toe kom ek agter dat dit ek is wat van die stoel afgefoeter het van verbasing. WILLEKJIND!!!!!!!!! Ag jouself gegroet Wk. Hoe gaan dit met julle?

    Antwoord
  • 5. vecksy1  |  April 26, 2013 om 2:09 nm

    Hi daar Olga. Dit Koning met ons dankie. Huganit daai kant vanni berg?

    Antwoord
    • 6. Olga  |  April 26, 2013 om 8:43 nm

      altyd goed, Wk, 😉 Ek jaag sleg weg.

      Antwoord
  • 7. Eunice Trujillo  |  April 27, 2013 om 8:55 vm

    En die einste Proppie toe hy op ’n dag in ’n hotel gevra word hoe hy in die oggend van sy eiers hou: “Liggies gekrap met die naels, asseblief.” By die Johannesburgse skou loop ek eendag ná jare weer vir oom Attie Maree by die beesbeoordeling raak.

    Antwoord
  • 8. kindvanafrika16  |  April 29, 2013 om 8:51 vm

    wat sou hulle met die goed gemaak het……… seer sekerlik self verober het!!

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: