Ds le besoek af

April 18, 2013 at 10:53 nm 5 Kommentaar

Weereens oom Doep. Ek sien nog hoe sit hy daar, tussen Ds en Mev, te bang om ‘n woord te se, ingeval daar ‘n uhm, Franse woord uitglip. As dit nou net Ds was, was daar geen probleem nie. Maar met Mev en tannie Doep eers teenwoordig is dit maar beter om stil te bly.

Dit pla Ds egter geen snars nie. Hy pak dit uit. van 10 t0t 100 soos hulle mos maar daar se. Dis die een storietjie na die ander. Julle weet mos maar hoe dit gaan. Ek persoonlik dink Ds wou maar so lank as moontlik tussen ander mense kuier voordat hy die stywelip Mev op sy eie moes aandurf. Want sien, Ds het net so erg soos oom Doep gesondig en dit agtergekom toe dit al te laat was.

Dit het nou daarop neergekom dat sy pa hom gestuur het met die treppie en geweer om ‘n springbok te gaan skiet. Pa – ds wou die vel he. Destyds was wild mos volop. Hy het toe maar in die pad geval. Ou Israel en Joseph agter op die treppie. Ds het nou letterlik van die een plek na n ander gery met die treppie en niks, maar niks teegekom nie. Uiteindelik, teen laat middag, het hy ‘n mooi troppie koedoes teegekom. Hy het tussend die ruigtes neergesak. Eers vergewis wat gaan aan. ‘n Man kan mos nie die bestes vir jouself uitskiet en die krummels los om te teel nie. Sy seleksie gemaak, le hy aan en trek die skoot af. Sekuur deur die hart. Een skoot. Dit was ‘n twaalfjarige se trots. Tussen die drie stuks en met baie moeite het hulle die jong bul op die treppie gelaai gekry en is vort, huis toe om die bul geslag te kry.

Tuis gekom het dit toe ook vasvat en raakvat gekos om alles gedoen te kry. Uiteindelik het die bulletjie van die dakbalk afgehang, om af te koel vir more se groot bewerk. Toe almal weg was, het hy en sy pa na die karkas gestaan en kyk. In sy eie woorde. “Toe gryp Pa die spantou. Kyk, daar in die skuur het ek goed op my moer gekry. Ek moes ‘n springbok gaan skiet, nie ‘n donnerse koedoe nie.

Gedagte van die dag: Ai, Mev, hy het klaar straf gekry.

Geniet die naweek en bly veilig.

Advertisements

Entry filed under: Staaltjies.

Bee Ou Sondag Gunsteling

5 Kommentaar Add your own

  • 1. Kameel  |  April 19, 2013 om 9:45 vm

    Arme dominee, al daardie harde werk en dan kry hy ‘n pakslae vir sy moeite.:( Wonder nou hoekom die pakslaes in die skuur uitgedeel is; my oupa het dit ook gedoen? Mooi naweek vir jou…..

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  April 19, 2013 om 2:39 nm

    Ek het nogal gewonder oor die Koekoe wat moet instaan vir ‘n Springbok. Shame, ‘n koedoe gee mos baie meer biltong as ‘n springbok. Hoop die laaitie het al die koedoe biltong alleen opgeëet. Niemand wil tog die vel eet nie.

    Antwoord
  • 3. maans  |  April 19, 2013 om 4:47 nm

    ek dink ds het seker lank n kouw skouer gekry vir die onvedagte woorde.

    Antwoord
  • 4. Olga  |  April 19, 2013 om 9:15 nm

    dink die skuur was seker maar gebruik om die arme kinders beter af te knou onder Ma se oe uit.:lol: Lekker naweek vir jou ook Sally. Bly warm

    Antwoord
  • 5. Toortsie  |  April 22, 2013 om 9:00 vm

    Genadiglik was dit ‘n koedoebul! Ek het die hele tyd gevrees dat dit dalk ‘n koei kon wees!

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: