Boeboes soos bossies

April 10, 2013 at 3:47 nm 7 Kommentaar

As dit nie so ernstig was nie, sou mens daaroor kon lag en vergeet. Ek het nou tot die gevolgtrekking gekom dat die mense in top poste in die land van ons net nie ‘n moer omgee wat hulle doen nie. Ek onthou byvoorbeeld sover terug as 1979/1980(????) dat die dra van veiligheidsgordels verpligtend gemaak was. Verbeel julle my verbasing toe Ben Martins Maandag die pas afgelope paasnaweek se padsterftes as gevolg van ongelukke bekend gemaak het. Hy blameer drank, soos altyd.

Dan kom die absolute uitklophou!!!!! Hy gaan die dra van veiligheidsgordels verpligtend maak. Askies oompie Ben, waar het ek dan van die bus afgeval, dit is al meer as dertig jaar verplig=tend. Wanneer was dit wet op die dra van veiligheidgordels dan afge. las? Net ‘n maand of wat voor die skok-aankondiging, het nog ‘n juweeltjie uit ‘n mond geval. Die ANC gaan hulle nou beywer om lyfstraf soos in geheel en al onwettig gemaak. Weer staan ek oopbek van verbasing voor ‘n radio en wens ek het die slimme mens se naam gekry. Het dieselfde ANC dit nie al jare geled saam met lyfstraf op skole afgeskaf nie?

Ek kan nou nie tyd of datum onthou nie, maar in die vroee 2000’s was daar ook ‘n wet ingestel. Ene wat vereis het dat alle motors op buitestedelike paaie se ligte moet aanwees om sigbaarheid beter te maak en dus ongelukke te verminder. Dag en nag. Onthou julle dit? Ek kan nie onthou hoeveel kere het verkeerspersoneel my nie al gewys dat my Fordjie se ligte aan is nie. Ek was al gestop en dan vertel, “Ma ám your headlights are on.” Elo? Are they not suppoised to be on? “No ma ám its daylight.”

Trevor Manual is in die dogbox want hy ‘het die ANC onomwonde vertel dat dit tyd is om op te hou om elke boeboe wat hulle maak op APARTHEID TE BLAMEER. dIE SLIM MNR Zuma het terug gekap en gese dat net ‘n towenaar die onregte van apartheid sou kon regstel in net twintig jaar. Julle sien, daar is nog infrastruktuue soos geskep en gebou deur die Apartheids regering oor. As dit ook in hulle moere is, sal die ANC seker eers reg kan laat geskiet.

Nee wat, laat ek maar my eie BOEBOE aankondig. Ek het alweer sleg aangejaag. Ek baklei mos al jare lank met Vodadom oor swak dienslewering. Die selfoon sein het darem in so ‘n mate verbeter dat ons soms vir ‘n paar ure sonder sein is pleks van dae lank op ‘n slag soos voorheen . Dit was alweer so gewees en die slim mens vra my om my rekenaar aan te sit want hy weet presies wat fout is. ek het toe so gemaak. /toe vertel die slim mens my om na “control panel”te gaan dan “Add or remove”julle ken die storie en dan moet ek “Vodafone Moblie Broadband delete. Ek is toe al moeg baklei en doen dit. Fok, Elke keer as ek die ou stokkie indruk, maak die ou rooi venster oop en vertel my “no device detected’ Toe gaan hy deur die stappe om die ding te verwyder. What do you know???? (Sien jy Sally Kameel sommige goed se net beter in Engels. Of frans. of 4ken Grieks) Dis so geod verwyder, ek kan dit nie weer install nie.

Met die gevolg dat ek met my skootrekenaar moet werrk wanneer daar sein is. As daar sein is, want die een oomblik is die liggie dood, dan weer rooi, dan blou, lig blou, dan donker blou, dan groen dan roii en ek druk “publiseer”en weg is alles. Op die een of ander manier het ek goed aangejaar. die skrif op Ölga se Okseltjies”is so klein, ek sit met mymultivokale bril bo oor my leesbril dan kan ek net net uitmaak wat op die skerm aangaan. AL DIE ANDER Blogs is normaal.

Gedagte van die dag: Amper vloek ek lank en lelik.

NS. Verskoon asb die foute wat in die post gemaak is. By brille help nie veel nie.

Advertisements

Entry filed under: Uncategorized.

Die swakker geslag? Twee rooies

7 Kommentaar Add your own

  • 1. gerdajansen1  |  April 11, 2013 om 3:38 nm

    dis van klip k..t onnooslikheid dat hulle sulke boe boes loop staan en aanvang. en skoon suiwer wraak, gierigheid en traak-my-nie-agtigheid dat hulle talle wette veronagsaam en dan wil wet maak wat lank al wet is. in som gevalle nog hulle wette ook. dit is seker hoekom alle Suid Afrlkaners, wittes en swartes, altyd die “hulle sin” en “ons sin” gaan leef.

    Antwoord
  • 2. maans  |  April 11, 2013 om 5:18 nm

    jy het vergeet van kinders wat mondig is as hulle 18 is maar die wettige drank ouderdom moet 21 wees. en die konsent ouderrom vir dieselfde geslag seks is 19.

    Antwoord
  • 3. Kameel  |  April 11, 2013 om 6:40 nm

    Olga ek weet dit is nou ten koste van jou, maar dankie vir die lekker lag. Daardie fynskrif, en die brille 😆 Daardie stukkie Engels laat reg aan homself geskied 😉

    Antwoord
  • 4. Olga  |  April 11, 2013 om 8:49 nm

    Hier sit ek alweer met die brille. Het gedink die verkyker kan help, maar helaas. Homer het dit saam geneem.

    Antwoord
    • 5. Kameel  |  April 12, 2013 om 8:49 vm

      Jammer ek het nou so lekker gelag vir jou, maar die mens en sy dinge!!! Op ‘n meer ernstige noot, ek hoop werklik jou probleem word gou opgelos; weet hoe verpes ek die gesukkel met seine ens.

      Antwoord
  • 6. Xena Phoenix  |  April 12, 2013 om 10:26 vm

    Die regering is ‘n boeboe. Klaar. Ek sien Zuma reken dat Apartheid tot die einde van dae blameer kan word.

    Antwoord
    • 7. Olga  |  April 12, 2013 om 8:49 nm

      Laat my wonder wie die volgende BLANKE president gaan blameer? Hy seker ‘n toestand blameer, ene wat bekend is vir geen genesing.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: