Die swakker geslag?

April 8, 2013 at 8:39 vm 13 Kommentaar

Vroue word so dikwels as die swakker geslag uitgebeeld. Ons mag dalk fisies swakker wees. Of som van ons het nie die krag om liggaamlik met ‘n man te kan kompeteer nie, tog is daar vroue wie kan doen, dra, lig of sleep met enige man.

Dis egter ook al waar vroue swakker is. Ek het so ‘n ruk gelede, ‘stuur aan”epos gekry. Gevra om aan te stuur sodat “stemme” gekry kan word om ‘n “Broadway” opvoering te stop waarin Jesus en die Dissipels as homoseksuele uitgebeeld word. ek het dit toe aangestuur na al wat in my adreslys was. Daar was onder andere ‘n homoseksuele man en twee dames ook. Die man het ‘n hele diskriminasie veldtog daarmee begin. Julle weet mos, die “Arme Is Oupa uil” paadjie daarmee geloop van hoe ek nou diskrimineer teen homoseksuele omdat ek gevoel het so ‘n leuenagtige opgevoering moet gestop word. die dames aan die ander kant het ‘n halfuur later toe ek gebel het om verskoning te vra al meer as tweeduisend stemme gehad en was nog sterk aan die gang.

So weet ek ook van ‘n dame wie se man, toe al veertig, elke naweek sy tas gepak het en soos ‘n wafferse koshuis seun na sy ma toe gedros het, sonder sblaps

sonder sy vrou en kinders. Die ma het dit baie trots toegelaat dat haar seun naweek vir naweek sy tassie daar kom bere da nweer Sondag aand kom haal het en huis toe gery het. Om ‘n lang storie kort te maak, sy kinders het toe onverwags ‘n sib bygekry wat hulle nie wou he nie, terwyl die ou koshuis seun nog met hulle ma getroud is.  Kan julle glo?  Hy is vreeslik beswaard want een van sy egtelike kinders weier om die klein aap te aanvaar as sy sib.  Hy, die pa voel die ma, het haar kind beinvloed om nie die nuwe sib te erken nie.

Hoe sterk tog.  Die dappere sterker geslag.

Gedagte van die dag:  pasop Olga, hier kom weer ‘n kakstorm.

Advertisements

Entry filed under: Bitch en Moan.

Gewoontes Boeboes soos bossies

13 Kommentaar Add your own

  • 1. maans  |  April 8, 2013 om 9:53 vm

    nou hoe wil jy nou n moffie met n nan vergekyk?

    Antwoord
    • 2. Olga  |  April 8, 2013 om 11:59 vm

      Man bly ‘n man. HUIL ALTYD.

      Antwoord
      • 3. maans  |  April 8, 2013 om 6:02 nm

        hoe kom jy tot die slotsom?

      • 4. Olga  |  April 8, 2013 om 10:19 nm

        is jy dan nie ‘n man nie?

  • 5. Kameel  |  April 8, 2013 om 12:27 nm

    Ek vra myself baie af “Waar is die mans,” en dan kom die gedig by my op.

    Trou
    Ek hou van ‘n man wat sy man kan staan,
    ek hou van ‘n arm wat ‘n slag kan slaan,
    ‘n oog wat nie wyk, wat ‘n bars kan kyk
    en ‘n wil wat so vas soos ‘n klipsteen staan!

    Ek hou van ‘n man wat sy moeder eer,
    in die taal uit haar vrome mond geleer,
    die verraaiersgeslag in sy siel verag
    wat, haar verstotend, homself kleineer.

    Die oog wil ek sien wat ‘n traan nog ween
    vir ‘n heldegeslag, in hul rus daarheen,
    maar ‘n blits van trou in die traan van rou,
    wat aan liefde weer gee wat haar bron is ontleen.

    Vir my d’Afrikaner van durf en daad,
    wat mammon’s eer en loon versmaad,
    sy hoof en sy hand vir sy volk en sy land
    en ‘n trap van sy voet vir laag verraad!

    O, ‘k hou van ‘n man wat sy man kan staan;
    ek hou van ‘n daad wat soos donder slaan,
    ‘n oog wat nie wyk, wat ‘n bars kan kyk
    en ‘n wil wat so vas soos ‘n klipsteen staan!

    Antwoord
  • 7. Olga  |  April 8, 2013 om 10:22 nm

    mooi gedig. alhoewel ek moet erken ek kon die “bars kan kyk”” nog nooit klein kry nie. Moet hy goed kan sien? Of is dit waar die man se gluur inkom?.

    Antwoord
  • 8. Kameel  |  April 9, 2013 om 1:21 nm

    Dink net hy het nie “shifty” oë nie. Ag Olga, hoe is dit wanneer ek met jou praat kan ek nie die Afrikaanse woorde van’n ding onthou nie; wetend jy hou van suiwer Afrikaans 😦

    Antwoord
    • 9. Olga  |  April 9, 2013 om 10:43 nm

      Nee man, Sally, jy het mis verstaan. Afrikaans sal mos nie Afrikaans wees sonder ten minste een Engelse woord nie, dit weet mens mos. Maar die sogenaamde “rol modelle”Afrikaanse “kunstenaars to boot, praat vyf woorde en kry ditreg dat drie woorde uit die vyf Engels is, dan noem hulle dit nog Afrikaans. Dit is wat my moer suur maak. My tot in my tone walg. Dis nou die mense na wie Afrikaans sprekende kinders luister en dan na-aap.

      Antwoord
      • 10. Kameel  |  April 10, 2013 om 10:35 vm

        Dankie tog, jy haal nou ‘n grote las van my skouers af 🙂 Ek is mos met ‘n Engelsman getroud; nou wil jy meer dat die man my gedurig reghelp met my Afrikaans. Ek praat definitief nie soos die nuutste geslag nie, maar wanneer ‘n Afrikaanse woord soos mis voor die son verdwyn, dan gryp ek na die Engels. 😦
        Mooi dag vir jou!!!

  • 11. kindvanafrika16  |  April 10, 2013 om 9:17 vm

    hallo daar olga

    ek sê ook altyd dit is net ‘n vrou wat haar man kan staan…. as jy dieper dink oor hierdie spreekwoord, dan is dit eintlik LETERLIK!!! want gin ander vrou verstaan haar man beter as sy nie, en dis ook gewoonlik net sy wat hom kan aanvaar!!!

    siestog die arme bloedjie, om so ‘n ma te he wat saam hom lieg en bedrieg is ook seker ‘n teken van sy voete van klei

    Antwoord
  • 12. Olga  |  April 17, 2013 om 9:27 vm

    Server not found

    Firefox can’t find the server at kindvanafrika16.

    Check the address for typing errors such as
    ww.example.com instead of
    http://www.example.com
    If you are unable to load any pages, check your computer’s network
    connection.
    If your computer or network is protected by a firewall or proxy, make sure
    that Firefox is permitted to access the Web.

    Antwoord
  • 13. Olga  |  April 17, 2013 om 9:29 vm

    As ek my sondes nie ontsien nie, sit ek en voda4kencom se chocolate genius nou nou weer vas.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: