Gewoontes

April 4, 2013 at 10:00 nm 7 Kommentaar

index

Eienaardig hoeveel gewoontes ‘n mens met die jare aanleer sonder dat jy daarvan bewus is.

Ons was die afgelope paasnaweek Pretoria toe. Ek het op ‘n stadium toilet toe gegaan. so met die ingaan het my oog op ‘n swart dame, deftig geklee geval waar sy aan haar dogters (neem ek aan) die belangrikheid van skoon hande verduidelik het. Soos my gewoonte is, is ek heel eerste kraan toe om my hande te was voordat ek op ‘n hokkie afgepyl het. Hulle het natuurlik stil geraak toe ek nader gestap het. Ewentwel, toe ek uit die hokkie gekom het, het hulle steeds voor die spieëls laer getrek. Ek het my hande gewas en uitgedraf. Met hulle kort op my hakke. Het seker aan haar dogters vertel dat ek die rangorde verkeerd gekry het. Het dalk vir my gewag om my op die dwaling te wys. Toe was ek te vinnig vir hulle gewees. As ek absoluut net een was toegelaat sal word, sal dit heelwaarskynlik wees voordat ek toilet gebruik. Mens kan mos nie met vuil hande gaan nie.

Ek sal ook nie op iemand anders se bed gaan sit nie. Dis net eenvoudig uit. My Wyse Moedertjie het ‘n broertjie dood gehad aan bed sittery. Ons het sommer gou raas gekry van op ‘n bed sit. Sy het ons vinnig vertel dat daar stoele is vir sit en beddens vir slaap. As jy enigsins op ‘n bed moes sit, sit diep op die bed, nie op die rand nie. As jy opgestaan het, moes jy dan die deken “regtrek.” Om op die kop-kussing te gaan sit, was net sowel jy het jou pakslae bespreek.

Tot vandag sal ons ‘n bottel oopmaak en oor die rand vee voordat ons daaruit sal drink. As ons iets uit ‘n blik gebruik, word die blik so gou as moontlik na die oopmaak leeg gemaak. Dit is nou nat goed soos groente, vleis, konfyt. Wanneer ek uitvee, sal ek altyd wat ek uitvee op die skoppie vee en in die asblik gooi. Nie in die kombuis vuilisblik nie. In elk geval, ek het nie ‘n kombuis-vuilisblik nie. Ek het toe Ousus klein was, laas ‘n kombuis-vuilisblik gehad. Ek het wel ‘n houer in die kombuis vir die afval wat komposgat toe gaan.

Ek skryf nie in ‘n “lees” boek nie. Nooit nie. Ek maak nie eers aantekeninge in die kant, bo of onderkant van ‘n bladsy nie. Dit is vir my net eenvoudig ondenkbaar om ‘n boek so te skend. Ek sal eerder ‘n aantekening op ‘n vel papier maak en in die boek sit as om daarin te skryf.

Gedagte van die dag: Gewoontes kan ‘n mens klaar maak.

Advertisements

Entry filed under: Waarhede.

Inkopies Die swakker geslag?

7 Kommentaar Add your own

  • 1. d1rki3  |  April 5, 2013 om 10:40 vm

    Verskil met jou Gedagte van die dag…glo dit word so ingeburger , voel halfklaar sonder die gewoontes. Klink in elkgeval vir my goed en reg…

    Antwoord
    • 2. Olga  |  April 5, 2013 om 11:44 vm

      sommige gewoontes vat darem regtig baie energie.

      Antwoord
  • 3. Kameel  |  April 6, 2013 om 1:44 nm

    Ons ma’s moes ‘n tweeling gewees het….. oor daardie bedsittery. Olga dit is moeilik genoeg om dit in ‘n kind se kop te prent dat handewas kom na toiletgebruik…. hoe op aarde het jy geleer van handewas voor die tyd? Ons almal sit maar met ons gewoontetjies wat ander met tye hulle koppe laat skud 😦

    Antwoord
    • 4. Olga  |  April 7, 2013 om 8:37 nm

      ek doen dit al sedert ek kan onthou, Sally. dus neem ek aan dis iets wat my Wyse Moedertjie ingedril het. Hande was wanneer jy inkom en wanneer jy klaar is.

      Antwoord
  • 5. Toortsie  |  April 7, 2013 om 7:42 nm

    Ek vee ook die koeldrankbotteltjie bo af. Maar ek sit op ‘n bed!! 😯 en dit gebeur dat ek skryf in ‘n boek…. daarom koop ek gewoonlik ‘n boek en leen dit nie. Nou met die E-reader is die skrywery ook op ‘n ent.

    Antwoord
    • 6. Olga  |  April 7, 2013 om 8:31 nm

      😉 iewers moe dit stop. die boek is mos reeds gesktyf. Deur iemand anders.

      Antwoord
      • 7. Toortsie  |  April 8, 2013 om 8:14 vm

        Sodra ek begin onderstreep en skryf, is dit of ek beter inneem. Ek raak deel van die boek.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: