Inkopies

April 3, 2013 at 12:03 vm 7 Kommentaar

braDaar kan baie gesΓͺ word oor inkopies doen. Inkopies is baie meer as net die daaglikse / weeklikse / maandelikse kruideniersware gaan koop. Ek weet meeste mans verpes om inkopies van enige aard te gaan doen.

Jare lank al, vind ek die inkopie-togte vir die kruideniersware is net nog ‘n huishoudelike taak. Ek dink nie eers meer daaraan as “Inkopies doen” nie. Dit het net “winkels toe gaan” geword. Een ding wat inkopies ‘n nagmerrie maak, is om klere te gaan koop. Vandat ek so groot soos ‘n huis geword het, is dit net nie meer pret nie. Kry ek iets wat in die lengte pas, is dit breedte ‘n probleem. Bedek dit die rondings en bulte, dan ry die goed weer aan die agterkant op omdat dit iewers tussen ‘n rol en ‘n duik vasgedruk word. As ek mos so ‘n kledingstuk moet dra, gaan ek ‘n kamoerse verkoue kry.

Die ergste is wanneer ek slingervelle moet gaan koop. As een van die dames haarself oor my ontferm en my kom meet en die regte grote voorstel, dan vind ek dit ‘n groot hulp. Maar ten spyte van die groot hulp. vind ek tog dat ek die nuwe dan moet “indra.” Dit is ‘n marteling. Mensig dit druk my koplampe dat hulle skoon skeel kyk. Om nie te praat van die bande oor die skouers wat so diep in my vlees sny, dat ek feitlik heeltyd loop en trek om die bande langer te kry. Dan is daar nog die “under wire” wat sulke diep groewe sny dat ek die dem goed weer van onderkant my ore moet teruk druk na die onderkant waar hulle veronderstel is om te wees. Ek dink ek gaan vir ‘n langtyd met skeel, kyk oorkruis koplampe loop want ek het meer as een slingervel wat ek moet indra.

Waar is die dae toe inkopies nog pret was? Toe nuwe klere my opgewonde gemaak het? Toe nuwe onderklere ‘n avontuur was? Om nie te vergeet van die hemel van nuwe skoene nie.

Gedagte van die dag: die ou wrede werklikheid.

Advertisements

Entry filed under: Askies????.

Die Pase Gewoontes

7 Kommentaar Add your own

  • 1. Kameel  |  April 3, 2013 om 11:57 vm

    Olga jy praat so uit my mond. Raak skoon benoud wanneer ‘n kledingstuk of ‘n skoen die gees gaf. Dit is “torture” om nuwes te gaan koop 😦 Sterkte met die indra van die slingervelle πŸ™‚ Jammer vir die Ingelse woord, kan sowaar nie nou dink wat is dit in Afrikaans nie.

    Antwoord
    • 2. Olga  |  April 3, 2013 om 9:10 nm

      Marteling? Torture klink net seerder.

      Antwoord
      • 3. Kameel  |  April 4, 2013 om 7:45 vm

        Dankie Olga. Ek dink mos so half in Engels. As torture seerder klink, dan bly dit “torture.” πŸ˜†

  • 4. brieweuitdievreemde  |  April 3, 2013 om 5:44 nm

    Ek voel al lankal so oor klere – ek haat dit om klere te gaan koop. Al die (onuitgesproke) druk om die “regte” ding te koop waarin jy sal “goed” lyk, en dit teen ‘n plaas se prys…..neeee!!!
    Gelukkig is ek wat hulle in Engels noem “flatchested” so dis sports-bra’s vir my – al die pad (one-size-fits-all). Daar was ‘n tyd in my lewe toe ek ongelukkig was hieroor, maar nie meer nie.
    Dankie tog vir my ma, wat vir my (mooi) klere aandra. Anders sou ek net in my jeans gebly het. Of in my pyjamas. (En dis min of meer dieselfde ding).

    Antwoord
  • 5. Olga  |  April 3, 2013 om 9:12 nm

    πŸ˜‰ Jeans is al jare lank my uniform.

    Antwoord
  • 6. d1rki3  |  April 4, 2013 om 7:37 vm

    Al wat ek deesdae geniet , is om die tiener te beluister in die aantrekhokkie langsmyne- als is so dem cool !!…ek hou maar ‘n snesie byderhand vir die sweetdruppels op die bo-lip tydens die liggaamsoefening van uit en aan en uit en aantrek.

    Antwoord
    • 7. Olga  |  April 4, 2013 om 9:03 nm

      Dit is pret, ja. veral as jou seun saam met jou is en hy is ‘n lang aantreklike swernoot en hulle skinder van die “hansum” ou en die ou teef saam met hom. Simpel jeukerige flerries. Dink seker nie “handsum” ouens het ook ma’s nie. πŸ˜‰ πŸ˜†

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: