Die Pase

Maart 26, 2013 at 10:49 nm 2 Kommentaar

Met die lydingstyd van Jesus wat nou vinnig einde se kant toe staan, maak ons reg vir Paasfees. Die blye wete dat Jesus ‘n verskriklike dood gesterf het om ons van sonde los te koop. Dit maak my klein, dit maak my nietig, dit maak my skaam. Vir hoe lank gaan die skaamte bly? Alreeds het ek nou agter my ou Sally (my rekenaar, nie die Kameel nie) ingeskuif om gal te braak. Dus, waar is die skaamte nou?

Ek moet dit agterlaat. Dit is ‘n saak vir gebed. Dalk vir ons 11:55 gebede more? Ek het vanaand oudergewoonte weer nuus gekyk op SABC2. Die slagoffer van die nuutste plaasmoord was vandag te ruste gelê in Ventersdorp. Die begrafnisgangers wie se mening gevra was, was dit almal eens. “Die vermoorde was ‘n goeie mens, het nie verdien wat met hom gebeur het nie. Wou altyd net ander help.” Een man het onomwonde verklaar As ons net kan saamstaan. As ons net ‘n leier gehad het.” Ek sê dit altyd. Ons, as ‘n nasie, is heeltemal te eersugtig. Ons wil almal lei. Ons wil nie in die span trek nie. Dit is dus geen wonder dat ons een na die ander val nie.

Almal kan nie leiers wees nie. Laat ons saamstaan. Laat ons spanspelers wees. Mense laat ons bid vir samehorigheid. laat ons ons hande uitreik na mekaar en saam staan. Dit gaan die enigste manier wees om weer wet en orde in ons land te bring.

Gedagte van die dag: Eendrag maak mag.

Advertisements

Entry filed under: Uncategorized.

Bid vir Suid Afrika Inkopies

2 Kommentaar Add your own

  • 1. Kameel  |  Maart 27, 2013 om 10:46 vm

    Dit is ‘n mooi skrywe Olga. Om weer saam te staan en hande te vat. Om weer ons hande in gebed na God toe uit te strek om vir mekaar, en ons mooi land te bid.

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Maart 27, 2013 om 5:26 nm

      Dis die gees. Hand aan hand maak ons ‘n kring, Been begin en geen einde. Les bes, geen LEIER>

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: