Opkomende boere

Maart 17, 2013 at 10:26 nm 5 Kommentaar

Grond eise. Grond hervorming. Grondonteiening. Vieslike vuil vloeke wat boere rooi laat sien. Die grond wat uitgewys was as gesteelde grond, m.a.w, grond wat wit mense van swart mense gesteel het teen vooraf ooreengekomde pryse. Pryse wat die swart mense gevra het? Wat die wit “diewe” aangebied het en die swart “slagoffers” aanvaar het? Wie sal ooit weet. Feit is, dit het in wit mense se besit gekom. Dit het floreer. Dit het Suid Afrika amper die land van melk en vleis gemaak. Om nie te praat van al die vars produkte wat na alle uithoeke van die aarde gestuur was nie. Na 1994 was grond uitgewys en die regering voel dat die grond die swart eisers toekom.

Great. Veral as jy in ag neem dat hulle die grond verniet gaan kry. Eendag in 2009 het ons op ‘n plaas op die Lydenburg – Ohrigstad pad gestop om reëlings vir ‘n kerkgeleentheid te tref. Be that as it may. Die waenhuis het vol duidelik nuwe implemente, onder andere trekkers wat nog nooit gewerk het nie, gestaan. Alles was oortrek met ‘n digte stoflaag. Nuuskierig soos wat ek is, wou ek weet hoekom die implemente nie gebruik word nie. Optrek van die skouers was al antwoord wat ek gekry het. Die trotse (swart) eienaar het ons vertel dat feitlik al die plase tussen die Pelgrimsrus afdraai en Lydenburg aan die gemeenskap behoort. Dalk het hulle gewag dat al die plase eers aan die gemeenskap moet behoort voordat hulle begin boer.

Dwaal ek alweer af van wat ek wil sê. Diegene wie al deur Graskop Ohrigstad toe gery het, sou verseker al die beeste in en om Graskop teegekom het. Hierdie beeste wei net waar hulle wil. Vanmore kom jy hulle dalk in die dorp teê en op jou pad uit die dorp uur of twee later, kry jy hulle dalk ses kilometer ver op die Ohrigstad pad. Versprei oor die pad. Bulkend. Traag om pad te gee. Dan kan jy dit dalk waag om tussen hulle deur te ry. Of jy sit maar jou noodligte aan en wag geduldig totdat die laaste ene oor die pad is voordat jy verder ry. Dit blyk dat niemand omgee nie. Dis nou natuurlik behalwe ek.

Al wat ek weet is dat hulle aan ‘n swart dame behoort wie sowat vyfkilometer op die Ohrigstadpad uit in ‘n kampong woon. Toe ons 2004 hier aangeland het, was die kuddetjie sowat twaalf sterk. Hulle het nou al aangeteel of is aangevul na sowat veertig, vyftig. Vrydag middag het die honde begin blaf. Ek was doenig in die tuin. Toe hoor ek die gebulk. Toe ek oor die heining gaan loer, was die beeste in die boonste pad oppad bos toe. Ons is ongeveer sewe kilometer van waar die “Opkomende boerin” woon. Onder die kudde was daar heelwat koeie. Met vol uiers. Vir my maak dit sin dat hulle teen laat middag of sal huiwaarts keer op hulle eie of hulle sal gesoek word.

Genade! Heel nag lank het die honde geblaf. Teen 20:00 het die ‘n buurman op sy skoetoet, al toetend tussen hulle deur gery. Toe kamp hulle tussen ons huise. Niemand het hulle kom soek nie. WTF? Word die koeie met die vol uiers dan nie gemelk nie? Ewentwel, aangesien Lapman histeries in stemme geblaf het, het ek maar my sweep gegryp en hom gehelp om die beeste te verjaag. Weer teen tien uur, weer teen twaalfuur. Dit was natuurlik nie net Lapman wie geblaf het nie. Bessie en Blaffer het oor die jare heen al gewoond geraak aan die kuiergaste wie ons heinings skeef druk en ons plante opvreet. Maar Lapman protesteer luid en aanhoudend elke keer as hulle kom kuier. Saterdag oggend vyfuur was die buurman weer terug met sy sweep. Weer teen sewe uur en teen nege uur het hy hulle tot by die Ohrigstad pad, drie kilometer verder, gejaag voordat hy na meer as ‘n uur teruggekeer het. Sederdien het hulle elders gaan kamp.

Die rede hoekom ek kla? As hierdie “opkomende boerin” nie ‘n saak het met waar haar kuddetjie beeste is nie, wat gaan gebeur wanneer drie uit elke vier plase aan swart mense behoort? Dan gaan daar rede wees om melk in te voer. Maar dan sal die ANC ‘n verbod op die invoer van melk sit want die Suid Afrikaanse (swart) boere produseer dan melk. Dis nou as hulle weet waar hulle beeste is. Ons gaan melk skaarstes hê, kaas, joghurt en botter gaan iets raak wat ons onthou. So geniet dit terwyl dit nog beskikbaar is. Room sal seker maar deur ongegeurde skeerroom vervang word. Niks te korte of skaarstes gaan saak maak nie want drie uit vier plase gaan in gulsige swart hande wees en fok die boerdery. Fok die verbouing van voedsel.

Dit verbaas my eerlik waar dat die rondlopende beeste nie ‘n ma se lot ongelukke veroorsaak nie. Die SAPD het nie ‘n saak met hulle nie. Die munisipaliteit het nie ‘n saak met hulle nie. Die bosbouers tussen hier en daar het geen saak met hulle nie. Ek kan nie verstaan dat die geleidelike verval van infrastuktuur, waardes en omstandighede ons tot so ‘n mate kan desensiteer dat ons bewus is daarvan en nie ‘n duiwel omgee nie.

Gedagte van die dag: Die goeie ou dae. Soweto? Soweto? Net waar hulle kan gryp.

Advertisements

Entry filed under: Bitch en Moan, Uncategorized.

Jitters Vir die boereslafoffers.

5 Kommentaar Add your own

  • 1. Kameel  |  Maart 19, 2013 om 11:55 vm

    Verval is vir my ‘n hartseer saak. Ek kuier op die oomblik by my dogter tussen die mielielande, en kan huil oor ons mooie dorp waar die bokke, en hoenders nou vrylik rondloop…. en alles besig is om te verval 😦

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Maart 19, 2013 om 10:38 nm

      Maar nou ja, Sally, wie gee om? Jy en ek en niemand anders nie. Maak en hoenderboere moet grond kry om op te fok. Om dubbel soveel bees te dra as wat die hoeveelheid regverdig. Sonder enig voer aanvullings. As die grond moer toe gewei is, en die bokke of beeste is opgevreet, dan skree hulle A4KENPARTHEID en kry nuwe grond, hoenders en beeste of bokke.

      Antwoord
  • 3. brieweuitdievreemde  |  April 1, 2013 om 5:57 nm

    Olga, dit is so ‘n ge-ykte ding om te se, maar kyk maar net na die res van Afrika om te weet hoe mense op hierdie kontinent “boerderye” bedryf. En wat die grond “stelery” aanbetref, ek moet eerder nie daaroor begin nie want dit maak my woedend. Oral in die wereld en regdeur die eeue is battles ge-fight oor grond en daar was verloorders en wenners. Net hier – NET hier – moet ons om verskoning vra daarvoor. Laat ek eers ophou….

    Antwoord
    • 4. Olga  |  April 2, 2013 om 11:46 nm

      Snaakste van alles is, as hulle grond kry, doen hulle niks daarmee nie. Tula Olga.

      Antwoord
  • 5. Sparkle  |  November 3, 2014 om 6:32 nm

    Olga, die beeste wat so die pad volstaan het my nou aan iets anders laat dink: in die Oos Kaap jaag die ouens glo beeste in die pad om karre te hijack.

    (En bewaar jou siel as jy een van daai boerin se beeste raakry)

    Ek se as jy “n plaas wil he, wys jy’s ernstig en kry eers ‘n graad daarvoor.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: