Jitters

Maart 14, 2013 at 7:57 vm 2 Kommentaar

Ek was die afgelope tyd so bietjie senuweeagtig. Sekere lappe bome word geoes wat daarop neerkom dat ons deesdae heelwat verkeer en dus vreemdelinge teëkom. Saans nog voordat dit donker is, begin Lapman blaf. Mensig, hy blaf nie net nie, hy word, tipies man, blerrie histeries.

Ek sal gewoonlik eers gaan loer in watter rigting hy skree, dan loop ek gewoonlik heining toe en gaan loer en sien natuurlik niks nie. Geen beweging, geen mens, niks. Ewentwel, die buurvrou en ek het vanjaar besluit dat ons nie gaan dorp toe ry vir aerobiese oefening nie. Ons doen sommer ons eie ding. Met petrol wat nou so duur is en na donker tuiskom, maak dit net sin dat ons op ons eie oefen en voor donker terug by die huis is. Woensdae, egter, stap ons ‘n vinnige 6km.

Gisteraand het ons weer so gemaak. Toe ons teruggekom het, het ons eers gaan staan om ons asem terug te kry sodat ons kon groet en in ons afsonderlike huis kon verdwyn. Maar soos die spreekwoord mos sê, waar die hart van vol is, loop die mond van oor. Ons het nog gestaan en gesels, toe Lapman begin samaria. Van bas na tenoor, toe skakel hy oor na baritoon en volg gou op met suiwer sopraan. Sy giggel toe omdat hy in stemme kan blaf. Toe verstil sy en staar en vra “wie se hond is dit?” Hond? Watwou. Was bosbok wat stilletjies wei wei oppad was bos toe, mens, sommer twee, dalk drie meter van ons af. Min gespin met Lapman se jeremiade.

Toe kry dit snuf in die neus. Waar is ‘n kamera as mens dit wil hê? Met ‘n sierlike boog het die bok die lugleer geklim en sommer so luglangs is sy weg met Lapman se klaagliedere wat in ons ore crescendo.

Hoekom moet mansgoed tog so dramaties wees? Maar noudat ek weet waaroor hy so kerm, kan ek weer my breinaald in die kamer langs my bed, in die potjie op die bedkassie los.

Gedagte van die dag: Leef en laat lewe.

Advertisements

Entry filed under: Huis en Haard.

Losprys Opkomende boere

2 Kommentaar Add your own

  • 1. Dirkie  |  Maart 17, 2013 om 6:24 vm

    Daardie breinaald!! Baie geniet.

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Maart 17, 2013 om 11:34 vm

      Dit begin alweer winter se kant toe staan. Dus sal die breinaald weer in gebruik kom. 😉

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: