Gods window

Februarie 26, 2013 at 7:54 vm 6 Kommentaar

venster

Hopelik sal ek vandag gelukkiger wees. Gister het my fotos die eerste keer verdwyn, toe het my teks weer verdwyn. ‘n Derde keer was die teks daar maar net een foto. Uiteindelik was ek te kwaad om verder te sukkel.

Homer het in 2006 een dag van die werk af tuis gekom en my ‘n foto op sy foon gewys. Hy wou weet of ek die toneel herken. ‘n Rots is ‘n rots het ek gesê. Hy het toe gevra wat sien ek. “n Gesig natuurlik. Toe vertel hy my dis by Gods window geneem. Vroeer die dag deur ‘n verteenwoordiger wie hulle by die myn kom sien het. “Strooi!” het ek geantwoord. Ons het op daardie stadium talle fotos van God’s Window geneem. Hoekom het ons nie die gesig gesien nie?

God se venster

fok
Moeilik om te glo dat dit dieselfde foto is. Weliswaar sewe jaar uitmekaar geneem. Eerste foto met ‘n kamera, tweede met ‘n selfoon.

“Goed kom ons gaan soek dit.” Het Homer gesê. Ons is toe daar weg. Eerste na die uitkykpunte. Al opper tot heel bo. Niks gesien nie. Dit kon natuurlik nie heelbo gewees het nie. Toe gaan ons weer af. Van uitkyk punt na uitkykpunt. Die keer was ek met die kamera in die hand en hy met sy selfoon. “What do you know?” Daar kry hy dit toe en ek klik! Klik! Klik! Uit elke moontlike hoek maar kry dit nie. Toe gryp ek sy foon. Hy probeer my belieg. Dis natuurlik die foto wat hy reeds op het, het ek gemeen. Ek het toe later die selfoon heeltemal af gesit en my eie uitgehaal en jou wrinties waar, daar sien ek dit toe ook. Toe ek eers weet waar en hoe om te kyk, kon ek dit heel goed uitmaak op my kamera se skerm ook. Dog vertoon dit net beter deur ‘n selfoon se skerm.

Sedertdien hou Homer daarvan om besoekers wie ons daar raakloop, te wys. Saterdag was dit weer so. Die mense se reaksies is eintlik heel interessant. Meeste wit mense sal kyk, dan weer op die foon se skerm kyk, dan sal hulle hulle kameras of fone gryp en soek. Een lot swart mense wie hy die eendag gewys het, het omgedraai en voet in die wind geslaan. Saterdag se lotjie was ‘n vyftal swart mense. Eers het hulle gehardloop. Toe het een teruggekom en gesê “Oom ek wil weer kyk.” Weer het Homer hom gewys. Toe het hy my foon probeer neem. Ek het hom toegelaat. Hy het die kamera oopgemaak en gekyk. toe het hy sy kamera geneem. Maar dit was nie mooi duidelik nie. Toe het ek hom gesê hy moet eerder met sy selfoon kyk. So gemaak toe het hy die ander geroep.

Hulle was nog kwetterend ek klikkend met hulle selfone besig toe ons verder geloop het.

Gedagte van die dag. Kyk en kyk weer. Dikwels is daar meer as wat jy dink jy sien.

Advertisements

Entry filed under: Moeder Natuur.

Wat sien jy? Ai tog!

6 Kommentaar Add your own

  • 1. pieter posman  |  Februarie 26, 2013 om 1:47 nm

    ek kan dit amper nie glo nie. Ek het interesantheidshalwe deur my selfoon se view finder na jou kamerafoto gekyk. Toe was die gesig ook mooi duidelik.

    Antwoord
  • 2. gerdajansen1  |  Februarie 26, 2013 om 2:59 nm

    sein suig alles werk net saam om n mens die moer in te maak. nice fotos. ek wil ook weer gaan kyk.

    Antwoord
  • 3. Kameel  |  Februarie 27, 2013 om 7:46 vm

    Sê al lankal vir my man die selfoon se ligmeter is beter as ‘n kamera s’n. As ‘n mens weet waar om te kyk is jou foto se “ou man” ook sigbaar…. maar hy kort definisie 😦

    Antwoord
    • 4. Olga  |  Februarie 27, 2013 om 12:48 nm

      Ek dink ook so. Daar is net iets wat dinge in perspektief plaas.

      Antwoord
  • 5. Toortsie  |  Februarie 27, 2013 om 10:21 vm

    Ongelooflik! Nou wonder ek hoekom daar so ‘n groot verskil is tussen die kamerafoto en die selfoonfoto? Op die kamerafoto is dit net nie so duidelik nie.
    Ek dink julle het ‘n nuwe ontdekking!

    Antwoord
    • 6. Olga  |  Februarie 27, 2013 om 12:50 nm

      😉 Ek wil die mense by Lisbon-waterval gaan soek. Maar wanneer daar minder water is, vergeet ek daarvan.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: