Bielie van die Bosveld

Februarie 12, 2013 at 7:51 vm 1 comment

Jan 4

Ek was die naweek weereens na my gunsteling “vuil” dorp in Suid Afrika. Steelpoort. Ek moet toegee,dit is darem al effens skoner as sowat twee jaar gelede. Maar nog ver van ideaal af. Dan weer, watter dorp of plek in Suid Afrika is?

Jan 3

Sondag oggend besluit ons om gou eers dorp toe te ry vir die een en ander voordat ek vir Bessie in die Fordjie sou laai en huiswaarts keer. Die kinders het in die straat gespeel om elke keer dat ‘n kar aankom soos kwik uitmekaar te spat voordat hulle weer jillend bymekaar kom en verder speel sodra die kar verby is.

Jan

So ‘n entjie in die pad af sien ek toe die skulp. ‘n Ongewone groot skulp. Ry toe maar stadig maar die pad is ook maar redelik vrot. Toe besluit ek maar om stil te hou en die skulp uit die pad te haal. Een van die kinders stel beslis die skulp hoog op prys. Toe ek afbuk om die skulp op te tel, sien ek die skurwe voet onder die dop uitsteek. Dit was toe mooitjies ‘n lewendige slak nie een van die kinders se “treasure” nie.

Jan 2

Wel, soos afgelei van die kraak in sy dop wat beslis nie vars was nie, het hy sy deel skermutselinge gehad en goed daarvan afgekom. Van die ander mense wie die kinders se manewales uit die skadu’s dopgehou het, het nader gestaan om te kom kyk wat my laat stop het en gehol het om my foon te gryp terwyl my kameratjie vergete in my handsak gelê het.

Jan 1

Vol bewondering het ek “Jan” wat dalk San is, in alle waarskynlikheid JanSan, Gods heil toegewens en aan die ander volwassenes oorgelaat om gom veilig tussen die bosse te gaan neersit. Ek het eers seker gemaak dat hy wel veilig neergesit was voordat ek aangery het.

Gedagte van die dag: Ek hoop jy maak dit sommer ver Ou Grote.

Advertisements

Entry filed under: Moeder Natuur.

Onverskillige ongeletterdheid Hiers ek weer, hiers ek weer.

1 Kommentaar Add your own

  • 1. Kameel  |  Februarie 12, 2013 om 9:41 vm

    Liewe 😯

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: